Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
koerantfotos 007

Man stap met ‘n kruis

MIDDELBURG
De Wet Swanepoel is ‘n man met ‘n missie en ‘n visie. Hy wil sy opdrag uitvoer deur te stap.

Op 6 Januarie 2012 het hy vir die eerste keer begin stap vanaf die Jesusberg op die Long Tom Pas.

Soos hy dit stel, het hy en Jesus al 7800 km gestap. In die proses het hy al 5 paar stapskoene klaargemaak.

Hy bid dat die Here die land weer gesond sal maak en daarom stap hy. Net Jesus kan heel en elke vloek breek en omdraai in ‘n seën vir sy kinders.

Hy was al vantevore in Bethulie toe hy na Kaapstad gestap het. Hy het hierdie keer op pad na die Karoo Mighty Men, Middelburg weer deur Bethulie gestap en toe oor Colesberg en Noupoort na sy bestemming. Die KMMC het plaasgevind vanaf 25 – 27 April.

Jare gelede het hy ‘n man met ‘n kruis sien stap en het geweet dat dit ook was wat hy moes doen om die herlewingsbood-skap uit te dra.

Hy het verskeie fabrieke wat houtkruise vir kerke maak genader, maar almal was te besig. Toe hy by vriende in Richardsbaai kuier, vertel hy hulle van sy poging om ‘n kruis te kry. Hulle deel hom mee dat hulle betrokke was by ‘n Passiespel en dat hulle oor ‘n kruis beskik wat 14 jaar tevore gemaak is. Hulle sou nie verder voortgaan met die projek nie en dat hy die kruis kon kry.

Alhoewel hy ‘n tent en slaapsak het, was ‘n bed nog altyd beskikbaar. Hy het nooit honger gaan slaap nie. Hy verkies stiller paaie en dikwels stop mense en knoop ‘n geselsie aan. Aanvanklik was daar ‘n opblaas-wieletjie aan die onder-punt van die kruis, maar dis later vervang met ‘n beter een. Oor die volgende bestemming het hy hom nie uitgelaat nie.


Lees binne:
  • Verdere styging in wolprys
  • Campbells neem Adelaide op horings
  • Cradock Animal Shelter (CAS) staff reduced to using private vehicles
  • Cradock – Swemkampioen

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now