Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
SWART ROOKWOLKE trek in die lug op by Rolfe Laboratories.
Middelburg brand 4
Die uitgebrande gebou by Rolfe Laboratories
Middelburg brand 5
Middelburg brand 6
BRAND BY ROLFE
LABORATORIES RUK
MIDDELBURG
Maandagoggend was die gemeenskap van Middelburg geskok toe daar skote gehoor en onmiddellik daarna ‘n dik rookwolk in die lug opgegaan het.
Dit het baie gou duidelik geword dat Rolfe Laboratories aan die brand is.
Van die werkers het ernstige brandwonde opgedoen en twee helikopters was op bystand om van die erg beseerdes na ‘n hospitaal in Port Elizabeth te vervoer.
Ander beseerdes word in die Wilhelm Stahl Hospitaal behandel.
 

Op foto verskyn Matthew Fox (CMW Afslaer); Theronnie van der Merwe (verkoper); Francis van der Merwe (verkoper) en Pierre van der Vyver (CMW Hoofbestuurder: Sybokhaar)
194
EGT (Every Goat Tested)
SYBOKHAAR-SKEERSEL MAAK
SKOONSKIP
‘’N UITSOEKSKEERSEL, sorgsaam voorberei en met perfekte tydsberekening bemark’ So som Pierre van der Vyver, Hoofbestuurder: Sybokhaar van Cape Mohair & Wool die skeersel van Theronnie van der Merwe van Murraysburg op wat pas alle rekords wêreldwyd in die stof laat byt het.
Van der Merwe skryf sy sukses verder toe aan die EGT-stelsel wat deur CMW ontwikkel en vervolmaak is. Met die stelsel word elke angorabok individueel, voordat hy geskeer word, reeds getoets en volgens mikron(fynheid) geselekteer ten einde die fynste baal moontlik met lengte, goeie styl en karakter voor te berei. Die 24 mikron baal het teen R400.10 per kilogram die wêreldrekord boeke vir winter kleinbokkiehaar herskryf. Die baal is aangekoop deur Gerrit Fourie van die Stuckengroep. Van der Merwe se beste baal winter jongbokhaar het ook teen ‘n nuwe rekordprys van R265.00/kg verkoop. (Die 28 mikron baal is as jongbokhaar aangebied.) Om alles te kroon is die skeersel in die geheel verkoop teen die hoogste gemiddeld ooit van R219.75/kg!
“My verwagtinge was hoog, maar my stoutste verwagtinge is oortref!” aldus Van der Merwe na afloop van die veiling. Volgens Van der Vyver kom nog etlike topgehalte EGT getoetste skeersels onder die hamer by CMW in die aanloop tot die einde van die seisoen en met die huidige mode-aanvraag na Suid-Afrikaanse sybokhaar wêreldwyd, is verdere rekordpryse nie uitgesluit nie. 

LEES BINNE/READ INSIDE

  • Somerset-Oos hou biddag vir reën
  • Elna Kitching, Grootfontein oudstudent, drie keer na mekaar SA wolhanteringskampioen
  • Black Footed Cat Female, Diva, arriving at her new home, Clifton
  • International Mohair Summit
  • Blue Crane Route Munisipaliteit in nog ‘n hofgeding






The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now