Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Efficient-Group-7-11-2013-(10)
BKB EN DIE EFFICIENT GROUP
SNOER KRAGTE SAAM
28 Maart 2014
Dit is vir ons ‘n voorreg om u mee te deel dat BKB en die Efficient Group onlangs kragte saamgesnoer het om aan BKB kliënte ‘n wyer finansiële dienste-oplossing te bied deur Efficient Advise, wat boere en agri-besighede se veranderende behoeftes, vereistes en verwagtinge aanspreek.
BKB as ‘n landbou organisasie gee al 90 jaar vir boere en agri-sakemanne advies, hetsy vir genetika met skape, die tipe bulle wat gekoop moet word in hulle beesboerdery, aanbevelings oor graan of die tipe voer wat boere kan gebruik. In die onlangse verlede het die maatskappy meer van ‘n fokus begin plaas op finansiering en finansieringsprodukte om ook na boere se finansiële behoeftes om te sien.
“BKB is trots op sy verbintenis met ‘n finansiële instelling soos die Efficient Group en is verseker dat die beskik-baarheid van die Efficient Group se finansiële dienste en –produkte ‘n betekenisvolle rol sal speel om landbouprodu-sente te ondersteun om risiko’s verwant aan landbouproduksie te bestuur en sodoende hul boerderybedrywighede te groei. Die aard van landbouproduksie sisteme het ‘n definitiewe impak op vlakke van risiko’s verwant aan landbou produksie. Om hierdie risiko’s te bestuur benodig landboupro-dusente toegang tot ‘n reeks van pasgemaakte finansiële dienste en –produkte. Ten einde toegang tot genoegsame leningskapitaal en risiko bestuursgeoriënteerde finansiële dienste en -produkte aan ons kliënte te kan bied het BKB in 2013 ‘n ooreenkoms met die Efficient Group gesluit.” sê Wolf Edmayr, Besturende Direkteur van BKB.
Die Efficient Group se belange in die finansiële dienstebedryf dateer uit
(Volg op bl 7)

CRADOCK RUGBY NOK Reunie
Rugby op Cradock
WILNA DE KLERK
CRADOCK
Cradock het verlede naweek sy beste voet voorgesit met ‘n fees van rugby soos dit nie in twee dekades op die dorp gesien is nie. Hierdie rugbyfees op 29 Maart was die hoogtepunt van Cradock se 200ste verjaarsdagvierings.
Die eerste rugbyfluitjies het verlede Saterdag al om 08:00 geblaas toe die program aan die gang gesit is met verskeie wedstryde tussen die pienkvoete van Michausdal Primêr, Cradock Voorbereidende skool en Carinus Primêr. ‘n Gekombineerde span van JA Calata en Matthew Goniwe skole teen Michausdal senior Sekondêr se 0/19-spanne het gevolg voordat onder groot belangstelling twee vroue sewes spanne van Queenstown op die veld gedraf het. Hoërskool Cradock het teen DF Malan van Port Elizabeth gespeel voordat die groot voorwedstryd, diè tussen Cradock Barbarians teen die Middelburg Harlequins, albei saamgestelde spanne uit die twee dorpe se skole, mekaar die stryd aangesê het.
Die hoofwedstryd, wat die Oostelike Provinsie Kings onder aanvoering van Paul Schoeman, ‘n oud-Cradocker, ongelukkig met 31-3 teen die Vrystaat verloor het, het onder groot belangstelling plaasgevind. Die wedstryd is, in regte groot toetsrugby formaat, vooraf gegaan deur die sing van die Volkslied deur die Inxuba Yethemba koor, en bekendstelling van die spelers. Xhosa dansers het ook opgetree om nog luister aan die verrigtinge te verleen. (Volg op bl 12)

Lees binne:
  • Educators from Cradock District visit Somerset Educational
  • Walking Expedition to Trace Literal Path of The Great Commission

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now