Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Sybokhaarprobuksie-veiling

Top sybokhaarprodusente. Van links is Irene en Billy Colborne (FE Colborne en Seuns) van Willowmore, wenner van die gesogte Ermenegeldo Zegna trofee, Aletta en Piet Viljoen van Kleinpoort, tweede en Amy en Gary Hobson (Thorn Park Angoras) Steytlerville, derde. In die middel agter is Paolo Zegna, voorsitter van die Ermenegildo Zegna Groep van Italië. Foto: Robyn Rutters

 

SA Sybokhaar Tops

Sybokhaarproduksie het die afgelope 45 jaar tot so ‘n hoë vlak ontwikkel dat Suid-Afrika met trots kan s? dat dit die beste sybokhaar in die w?reld produseer, s? Deon Saayman, besturende direkteur van Sybokhaar SA.

Saayman was aan die woord tydens ‘n tweedaagse viering van die 45ste bestaansjaar van die gesogte Ermenegildo Zegna sybokhaartrofee in Johannesburg verlede week, ‘n jaarlikse kompetisie wat die beste gehalte sybokhaar beoordeel en bekroon.

Die Zegna-groep en Sybokhaar SA borg die kompetisie.

FE (Billy) Colborne en seuns van Willowmore het die trofee for the negende keer sedert die instelling daarvan verower, terwyl die tweede en derde plekke onderskeidelik deur PH (Piet) Viljoen and AR (Gary) Hobson seun, beide van die Steytlerville distrik, ingepalm is.

Paolo Zegna, voorsitter van die Ermenegildo Zegna Groep het ges? maatskappy maak sedert 1970 gebruik van die beste sybokhaar en dat dit altyd wonderlik is om die pogings en prestasies van die produsente te beloon.

“Die kompetisie getuig van die belangrikheid van die sybokhaarbedryf, asook die verbondenheid van ons groep tot die behoud van die hoë standaard van die roumateriaal, soos bokhaar, wol en satyn wat ons vir ons waardevolle materiale gebruik ,” aldus Zegna.

Saayman het die maatskappy gelukgewens met die opening van ‘n tak van hulle internasionaal-bekende winkelgroep in Suid-Afrika.

Die vieringe het afgesluit met ‘n funksie in die nuut-geopende winkel in die Diamond Walk in Sandton City, waar ‘n Su Misura reeks van slegs 15 genommerde pakke klere gemaak uit vesel van die wen bale van verlede jaar se kompetisie, bekendgestel is.


 

Con-Kerkie---gebou

Kerk vier 163-jarige bestaan

CRADOCK

Die geskiedkundige Kongregationalistiese kerkie in Hoogstraat word vanjaar 163 jaar oud en indien herstelwerk nie dringend aan die kleisteen en moddergepleisterde gebou gedoen word nie, sal hierdie stukkie geskiedenis vir die nageslag verlore wees.

Die kerkie is ‘n nasionale gedenkwaardigheid en die eiendom van SAHRA wat glo g??n fondse vir onderhoud of reparasiewerk het nie.

Plaaslike sakelui, Keith en Nan Tam het aangebied om ‘n reddingsboei vir hierdie belangrike skakel met die dorp se geskiedenis uit te gooi. Die Tam gesin, eienaars van ‘n aangrensende supermark, het aangebied om die gebou op eie koste te restoureer en in die toekoms te onderhou. Volgens argiteksplanne wat hulle reeds laat optrek het, sal die kerkie die middelpunt van ‘n skaduryke, geplaveide parkeerruimte, deel van grootskaalse uitbreidings aan die winkelsentrum, vorm. Die gebou sal dan deur die winkelkompleks se omheining- en sekuriteitstelsels beskerm word.

Die kerk is in 1853 in gebruik geneem. Die vooraansig van die gebou is enkele jare na voltooiing in ‘n storm en aardskudding beskadig maar dit is herstel en die huidige elegante voorportaal en kloktoring is toe opgerig. Die sieraad van die kerkie was twee pragtige roosvensters en sewe spitsboogvensters wat almal gekleurde ruite in gehad het.

Soos so baie van Cradock se geskiedkundige geboue het di? een ook gedurende die 1974 vloed deurgeloop. Na opruiming kon die gemeente dit nog vir ‘n tydjie gebruik maar na die toepassing van die Groeps-gebiedewet is hulle verplig om ‘n nuwe kerk in Michausdal te bou.

Die Kongregationalistiese kerk is in 1982 onder aanvoering van Sandra Antrobus en prof. Dennis Radford van Wits met fondse van die Raad vir Nasionale Gedenkwaar-dighede gerestoureer. Tydens di? restourasie-werk is geskiedkundige skilderwerk aan die mure en agter die preekstoel ontdek asook dat die houtwerk van stink- en geelhout in die mode van die tyd, beskilder is om soos ingevoerde knoets-hout te lyk.

In 2003 is geld weereens vir opknappingswerk bewillig maar sedertdien is die kerkie aan die genade van vandale en die elemente oorgelewer.

Volgens Abe van Wyk, voorsitter van die ge-meente in Michausdal se kerkraad, speel die kerkie ‘n belangrike rol in hul kerkgeskiedenis en wil hulle graag sien dat die gebou opgeknap en as een van die dorp se besienswaardighede onderhou word. Hulle voorsien dat dit gedeelte-lik as museum ingerig moet word en dat dienste – veral met spesiale geleenthede – weer daar gehou word.

Volgens van Wyk is hulle bereid om sekere memorabilia, soos die ou orrel, 37 van die ou kerk-banke waarvan sommige uit 1853 dateer, foto’s, nagmaalsbekers, tafels, stoele en vele meer te skenk op voorwaarde dat dit veiig en goed versorg word.

Alhoewel SARHA geen geld het om die kerkie te restoureer nie, is hulle nog glad nie oortuig daarvan dat hulle die Tam gesin se projek moet ondersteun nie.

Belangstellendes wat insette daaroor wil lewer, word versoek om met Abe van Wyk (072 3566 497) in verbinding te tree.

 

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now