Inspirational Quote

A person who has a cat by the tail knows a whole lot more about cats than someone who has just read about them.
Mark Twain
Powered By: Inspirational Quotes
September 2017
M T W T F S S
« Dec    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koerant se Geskiedenis


In hierdie 126ste bestaansjaar van die ‘Somerset Budget’ gee ons ‘n kort geskiedenis van die Koerant.

1886

Die eerste eienaar en redakteur van die koerant was ene mnr. W. S. Duxbury. Hy het ‘n redelike groot personeel vir daardie dae gehad. (Sien foto op bl2) Die ‘Budget’ van ouds het redelik baie opposisie van ander koerante gehad waar almal in min of meer politieke stryd met mekaar gewikkel was.

Vanaf mnr. Duxbury se dae en die begin van die koerant is daar ‘n leemte wat die geskiedenis betref maar ons weet dat ‘n sekere dr. F. M. McIntyre ook on 1897 aan ene mnr. Edward Charles Sellick verkoop het. Die koerant was soos reeds genoem baie polities met ‘n sterk Koloniale sentiment.

Die ‘Budget was gedurende die 1914-1918 oorlog deur ‘n sindikaat gekoop onder voorsitterskap van mnr. J.S.B. Holden. Die redakteur was toe Advokaat Borchenhagen van Bloemfontein, maar hy was nie juis lus vir die betrekking nie en in 1920 word mnr. Fred Knoetze die redakteur.

Vanaf mnr. Knoetze se aanstelling het daar ‘n geweldige oplewing gekom. Min in-gesetenes het juis soveel vir die gemeenskap gedoen as hy nie. Hy was ‘n groot Verenigde Party man en die legende is dat hy telkemale aan Generaal Smuts geskryf het na beweerde afwyking van die SAP pad. In daardie ontstuimige jare was die koerant op ‘n heel politieke basis gepubliseer en harde woorde is heen en weer geslinger.

Vir meer as 20 jaar het mnr. Knoetze die stryd hier gevoer en namate hy ouer geword het, moes daar aan iemand gedink word wat hom kon opvolg en ‘n vennoot word.

Hy het toe in verbinding getree met mnr. Phillipus Jacobus van der Walt, wat as jong getroude man te Humansdorp ‘n koerant- eienaar was.

In 1945 koop mnr. Knoetze en mnr. van der Walt die bates oor van Somerset Budget Limited vir ‘n bedrag van £1260 en die twee vorm ‘n vennootskap.

Hiermee begin ‘n nuwe era, maar nog steeds onder die Sap-vaandel.

Mnr. Knoetze se gesondheid het egter nie langer dit toegelaat dat hy met die besigheid kon voortgaan nie, en in 1951 koop mnr. P.J. van der Walt die bates oor deur mnr. Knoetze uit te betaal vir sy deel van die vennootskap.

Na die uittrede van mnr. Knoetze het die Somerset Budget van politiek weg beweeg en ‘n onpartydige koerant, hoewel met ‘n sterk Verenigde Party sentiment.

In 1960 na hy matrikuleer het, betree die huidige eienaar, mnr. Albert van der Walt, die toneel, toe hy by sy vader aansluit.

Saam het hulle toe ‘n vennootskap gevorm, wat sou dien tot mnr. P.J. van der Walt in 1981 oorlede is, na sy gesondheid die vorige drie jare nie na wense was nie.

Mnr. Albert van der Walt het ‘n vakleerlingskap onder sy vader afgelê en na sy vader se ongesteldheid meer van die verantwoordelikheid op sy skouers geneem. Na sy vader se dood in 1981 neem hy die leisels oor en bou die koerant verder uit na ‘n streekskoerant.

Reeds van die beginjare was die Smaldeel dorpe baie nou aan mekaar geskoei en toe die “Winterberg Nuus”, ‘n koerant van Adelaide, met sy sirkulasie in daardie dorp staak, het mnr. van der Walt die bates van die maatskappy oorgekoop en ook daardie koerant gepubliseer.

Die Winterberg Nuus was ‘n koerant wat in die Bedford, Adelaide en Fort Beaufort gebied gesirkuleer het en na die bates oorgeneem is, is die Fort Beaufort koerant ook weer in die lewe gebring.

Die Smaldeel dorpe is toe verenig met een koerant wat in drie name verdeel is, Somerset Budget, Winterberg Nuus en Fort Beaufort Advocate.

Dit bedien dus al die dorpe in die Smaldeel vanaf Pearston, Somerset-Oos, Cookhouse, Bedford, Adelaide en Fort Beaufort.

‘n Takkantoor is in Adelaide geopen, terwyl ‘n takkantoor te Fort Beaufort beoog was.

Toe die Cradock Courant wat destyds begin is deur mnr. Tinus Strydom en  oorgeneem is deur mnr Quartus Janse van Rensburg en sy seun Quentin later nie meer daarmee wou voortgaan nie, is die van der Walts genader met die opsie om daarmee voort te gaan.

Die Cradock Courant is toe ingelyf by die Smaldeel dorpe se koerante, soos reeds genoem.

Einde 2004 het die Middelburg gemeenskapsleiers en Sakekamer die van der Walts genader om ook ‘n koerant daar uit te gee. Die geleentheid is met albei hande aangegryp en sodoende het die Middelburg Courant tot stand gekom. Al bogenoemde dorpe word bedien deur korrespondente wat met hart en siel ‘n ongelooflike gemeenskapsdiens vir hul dorpe en gemeenskap verrig.

Met drie seuns in die Van der Walt familie en sewe kleinseuns, word daar na die toekoms gekyk en hopelik sal hierdie koerant bly voortbestaan om hierdie dorpe en moontlik nog ander van nuus-dekking te voorsien. ‘n Eg plattelandse koerant wat veg vir die voortbestaan van ons plattelandse dorpe en landelike gebiede