Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

April 12, 2012

MIDDELBURG FOTOGRAAF WENNER

MIDDELBURG
Landbouweekblad het 2012 begin met ’n hoogs suksesvolle fotokompetisie. Amper 5000 inskrywings is ontvang en lesers was gaande oor die fantastiese foto’s wat ontvang is.Die wenners van die kompetisie is Maandag by die KKNK aangekondig.Robert Southey van Middelburg, was 2de onder die Algehele wenners en ook 2de in die Natuurlike omgewing en landskappe kategorie. (Sien foto)

Hierdie kategorie was verreweg die gewildste met amper 2 000 inskrywings en 46 finaliste. Asemrowende sonsondergange is afgewissel met oomblikke van weerligspel en donderstorms.




Vroegoggend Lynnatmaak

lewer knewel Kabeljou

SOMERSET-OOS
Só doen ons dinge oor Paasnaweek! See se kant toe! Op foto spog Stefan Raubenheimer (links) en Schalk Vermaak (regs) met ‘n mooi 36kg kabeljou wat Schalk by Boknes gevang het. ‘n Vangs van ‘n leeftyd. Schalk en sy seun, Schalk jnr, is vroegoggend af see toe om te kyk of hulle nie ietsie kan vang nie. ‘n Stuk tjokka vir aas. Toe sing die katrol. Eers gedink dit is ‘n haai wat so sterk trek en spook, maar toe die vis na ‘n lang baklei van byna ‘n uur in die vlakker water lyf wys, merk hulle opgewonde op dat dit ‘n tamaai kabeljou is. Gelukkig is daar teen daardie tyd, wat baie omstanders gelok het, ‘n O.P. hengelaar naby wat hand bysit en raad gee sodat die bielie van by die 1,64 meter aan wal gebring kan word. Groot opwinding vir die hele gesin en omstanders. Paasnaweek gemaak! Die grote wat toe nie weggekom het nie!

VROU STERF, TWEE BESEER IN

ONGELUK BY ADELAIDE


‘n Vrou is op slag dood en haar broer en skoonsuster ernstig beseer in ‘n motorongeluk drie kilometer buite Adelaide. Die ongeluk het by Apiesdraai op die R63, omstreeks 14:10 aan die Bedfordkant van die dorp plaasgevind. Luidens ao Cynthia Nkamba van die polisiediens op Cradock het die bestuurder van die voertuig op ‘n draai beheer oor die voertuig verloor waarna dit van die pad geloop en omgeslaan het. Die 56-jarige Marjorie Pooven is uit die voertuig geslinger en op die toneel dood verklaar.Die familie was na hul onderskeie tuistes op Oos-Londen onderweg nadat hulle vir die naweek by familie op Cradock gekuier het.Personeel van die hospi-taal op Adelaide moes bontstaan om die twee beseerdes te stabiliseer. Mnr. Charlie Cockran wat die voertuig bestuur het en sy eggenote, Hilda het veelvoudige beserings opgedoen en is Maandag na ‘n hospitaal op Oos- Londen oorgeplaas. Die oorledene se eggenoot het haar drie jaar gelede ontval. Sy laat drie seuns en een dogter agter.A.N. Venter

JAAGDUIWELS NOOP MUNISIPALITEIT

OM VERKEERSSIRKELS EN SPOEDBULTE
AAN TE BRING
FORT BEAUFORT

Die munisipaliteit hier het sy hande vol met motoriste wat absoluut geen respek vir die spoedgrens het nie en gevolglik die lewens van skoolkinders en ander voetgangers in gevaar stel. Dit het die munisipaliteit genoop om spoedhobbels in die probleemstrate aan te bring.

‘n Verkeerssirkel wat daarop gemik is om verkeer te kalmeer, is die afgelope week by die kruising van Ordinance- en Somersetstraat aangebring. Luidens mnr Jannie Randall van die plaaslike munisipaliteit, is daar besluit om die sirkel aan te bring nadat ‘n motoris met sy Fiat Uno teen ‘n hoë spoed vanuit die Magaleni-woonbuurt op ‘n hoek in Somersetstraat in die woning van mnr B. Tsomo vasgery het. Die bestuurder van die voertuig is op slag dood. Groot skade is aan mnr Tsomo, ‘n onderwysontwikkelingsbeampte van Fort Beaufort, se huis aangerig. Nog maatreëls word beplan om verkeer in die dorp te reguleer.

A.N. Venter

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Wolmark verloor stoom
  • Afrobot Suid-Afrikaanse Amateur Robotika Toernooi Trofee in Somerset-Oos
  • Comment on EC Rural Development Budget and Policy Speech – allocations must be monitored
  • Another house on Fire in Adelaide
  • Spar trok slaan om naby Fort Beaufort
  • Mnr en Mej Winterberg gekies
  • De Freitas Spar Bruintjieshoogtemarathon eersdaags

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days