Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

20150412_104510

Gill College at

#Imagine 2015

SOMERSET EAST

This year we were so lucky because the #Imagine Movement came to Jeffreys Bay and from 10-12 April we spent time together with 800 teenagers from across the Eastern Cape, praising God’s name and learning that He has a dream and a plan for our lives. 60 teenagers from Gill College departed at 07:30 on Friday morning and the energy and excitement were tangible! On arrival at Mentor’s Country Estate we took the venue by storm, pitching tents and just experiencing the overall excitement of a promising weekend spent in God’s presence.

The energy and creativity of teenagers are amazing! We spent time talking about God’s love for us, how #Imagine is a chance for us to let go of all our insecurities and rely on God’s grace that is bigger than anything we can dream or #Imagine. We praised God’s name in song and dance, spent time in quiet prayer and also had a lot of fun just hanging around and getting to know God and each other better! (continues on p 11)


 

Bruintjieshoogte Marathon is hier

SOMERSET-OOS

Die jaarlikse Bruintjieshoogte marathon is hier. Die wedloop vind eerskomende Saterdag 18 April hier plaas. Die organisering is in ‘n gevorderde stadium en die wiele is behoorlik aan die rol vir die aanbied van die 38ste Bruintjieshoogte Marathon.

Borg

Die wedloop word vanjaar sonder ‘n hoofborg aangebied. Ons dank die besighede wat Somerset-Oos en sy gemeenskap se belange op die hart dra en bydraes gemaak het om hierdie gewilde wedloop in die Oostelike Provinsie vir die dorp behoue te laat bly. Jul goedhartigheid word opreg waardeer. Sonder ‘n hoofborg en ander borge kan ‘n wedloop soos die Bruintjies nie suksesvol aangebied word nie. Die bestuur van die Somerset-Oos Atletiekklub moet dus geprys word vir hul deursettingsvermoë om sonder ‘n hoofborg kans te sien om nogtans die wedloop te laat realiseer. Die Bruintjies is die Provinsie se oudste ultrawedloop en ons kan nie bekostig dat dit doodloop of nie plaasvind nie.

Baie dankie ook aan die volgende besighede wat skoolspanne van 10 atlete borg om aan die Bruintjies se 5km wedloop deel te neem:

McCaughey Apteek – 1 skool – W G OLIVIER

GBG – 2 skole – Nojoli Jnr Prim School en Johnson Nqonqoza High School

Billy Jackson – 1 skool – Aeroville Sec School

African Wildlife Artistry – 2 skole St Theresa en William Oates

Op hierdie manier word daar geleentheid gegee aan minder bevoorregte atlete om ook aan die wedloop deel te neem. Wie weet, miskien is daar ‘n toekomstige Olimpiese kampioen onder hulle, geleenthede moet gebied word om hierde atlete te laat ontluik.

Baie dankie ook aan BG Sekuriteit wat sekuriteit gaan verskaf. Nogmaals baie dankie aan die bogenoemde borge, julle harte sit op die regte plek, julle bydraes word opreg waardeer.

 

Afdelings 

Afdelings waaraan daar vanjaar deelgeneem kan word, sluit in die moordende 50km hardloop vanaf Pearston, die gewilde 25km wedloop, die 15km stap/hardloop vanaf Swaershoek en die 5km “fun run/stap” vir die minder ernstige atlete en skoliere. Laasgenoemde is spesiaal ingebring om meer plaaslike inwoners en leerders betrokke te kry by die wedloop en die geleentheid te gee om aan die Bruintjies deel te neem. Die 25km begin om 07h00 bo-op Bruintjieshoogte waarna die atlete tot in die dorp hardloop tot by die eindpunt wat hierdie jaar weer by Laerskool Gill is. Die 15km begin ook om 07h00. Die “fun run/stap” begin om 08h00 by Laerskool Gill waar daar ‘n baie mooi roete deur die dorp gevolg sal word en al drie die ander afstande dan ook eindig. Die 50km begin om 06h00 in Pearston.

Elke deelnemer wat klaarmaak, ontvang ‘n spesiale medalje.

Ons hoop van harte dat die publiek sal meedoen aan die aktiwiteite en dit sal ondersteun. Kom maak dit ‘n onvergeetlike naweek vir ons besoekers. Daar word ook Vrydagaand ‘n pasta-party by die Laerskool se klubhuis gehou. As u wil meedoen of deelneem, kontak Henrico Marais by 072 1308 258 of Benice Putter by 083 4483 037. Onthou ook die waterpunte langs die roete en kom help asseblief. Kom ons doen dit vir die dorp en sy mense.

Inskrywings

Inskrywingsvorms is alreeds beskikbaar. Vir meer besonderhede kan u ook vir Henrico of Benice skakel.

Jagseisoen open

30 Mei  in Oos-Kaap Middellande

Die jagseisoen open in die Oos-Kaap Middellande en ons publiseer graag wat gejag mag word. Jagters moet hulself ook vergewis van al die reëls en regulasies. Wat die Middellande betref is die volgende van toepassing:

Koedoe

In die distrikte van:

  • Aberdeen
  • Adelaide
  • Alexandria
  • Bedford
  • Cradock
  • Fort Beaufort
  • Graaff-Reinet
  • Grahamstad
  • Hofmeyr
  • Jansenville
  • Joubertina
  • Kirkwood
  • Paterson
  • Pearston
  • Somerset-Oos
  • Tarkastad
  • Willowmore

Koedoe mag gejag word vanaf 1 Junie tot 31 Augustus 2014 teen een per jagter per dag.

Beperkings: Slegs die jag van bulle vir JUNIE alleenlik – geen beperkings vir Julie en Augustus.

Middelburg

In die distrikte van Middelburg, kan koedoe gejag word vanaf 30 Mei tot  31 Augustus 2015 teen 1 koedoe per jagter per dag

Beperkings vir die jag van bulle alleenlik vir JUNIE  – geen beperkings vir Julie en Augustus.

Soos reeds genoem, moet jagters hulle vergewis van die nuwe jagproklamasie, maar bostaande word gepubliseer vir algemene inligting alleenlik en geld net vir ons dorpe in die Oos-Kaap Middellande.

U kan op aanvraag afskrifte by ons laat maak van die 2015 Jagproklamasie wat ons ontvang het.


 

Lees binne:

  • Eastern Province Vintage Tractor and Engine Club
  • Cradock – It’s all system go at J.A. Ncaca P.S
  • Bedford – Fine music returns to Bedford
The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now