Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

April 19, 2012

 

Enigste in die wêreld

SOMERSET-OOS
Enigste in die wêreld. 5-40 K Mercedes van Clive de Bruyn van Swellendam. Hierdie “Custom-built” motor is self opgebou deur ene J.R. van Rhyn in Swellendam. Die motor was deel van ‘n groep veteraan motors van die W.P. Veterane Motors wat hierdie week oornag het by die Royal Hotel in Somerset-Oos. Hulle het deur die Karoo gekom en vanaf hier is hulle na Hogsback in Fort Beaufort. Daarna na Grahamstad via Hankey terug Kaap toe. Regs op die foto staan die eienaar van die Royal Hotel, Eugene Loftie-Eaton. Dit is die tweede keer dat hulle hier aandoen by die Royal Hotel.
SOMERSET-OOSTrots staan André Fourie, Bredasdorp, by sy Tweede Wêreldoorlogse CJ 750 motorfiets wat verwant is aan ‘n BMW. Rustig ry hy teen 70 tot 80km per uur saam met die res van die toergroep wat hier aangedoen het. Mooi bly maar mooi. Oral wek die veteraanmotors aandag. Ook met reg so. Dinge van die verlede bly nostalgies vir almal wat daardeur is. Laat ons die jongmense wys hoe ons jare se motors gelyk het.

Elke Druppel Water is

 

Belangrik

 

Skaliegasdebat woed voort

Deur Jan Willem Eggink
Vir die mense van die Karoo is water lewe en dikwels is toegang tot vars water in hierdie droë area ’n uitdaging. Verlede jaar het Shell twee belangrike ondernemings gemaak met betrekking tot die skaliegasdebat in die Karoo. Eerstens het ons onsself daartoe verbind om nie met die inwoners van die Karoo te kompeteer vir hulle vars water nie (nie in die ontginningsfase nie en ook nie tydens enige verdere ontwikkelingsaktiwiteite nie) en tweedens het ons belowe om ’n onafhanklike studie van die Karoo se grondwaterbronne deur kundiges te doen om meer inligting en bykomende data in te samel oor skaliegas ontwikkeling en beskerming van die streek se vars water.
Fase Een van die “Grondwater-atlas” vir die Karoo is voltooi deur van Suid-Afrika se top hidrogeoloë, wat gesamentlik meer as 250 jaar se ondervinding het van die Karoo se grondwater.
Databasis
Die Atlas identifiseer die eienskappe van die Karoo se grondwaterbronne deur verskillende stelle data in ’n enkele databasis te kombineer. Die gevolg is dat daar nou deeglike kennis bestaan oor grondwaterstelsels van tot 300 meter diep. Die studie beklemtoon ook dat grondwater ’n hernubare hulpbron is wat vir alle watervereistes oorweeg moet word. Die hidrogeoloë glo dat verdere ondersoek kan bevestig dat daar wel diepliggende brakwater in die streek teenwoordig sal wees. Die water sal dus nie vir menslike, dier of vir landbou gebruik geskik wees nie, maar sal waarskynlik vir ons skaliegasbedrywighede gebruik kan word. Die kundiges het ook vorige navorsing bevestig dat metaangas natuurlik in bestaande vlak boorgate in die Karoo voorkom (vlakker as 150 meter diep).
Skaars
Water in die Karoo is skaars, maar ook noodsaaklik is vir ons bedrywighede. Ons weet reeds dat die boorgate wat ons beplan, die ekwivalent van twee tot drie munisipale swembaddens water per boorgat vereis. Met ander woorde, die hele ontginningsprojek van 24 boorgate, soos deur die Omgewingsbestuursplan gedefinieer, vereis in totaal ongeveer 60 swembaddens water.
Herwinningsprosesse tans in gebruik, beteken dat ons ons omgewingsvoetspoor kan verminder deur die opvangs en hergebruik van die water wat ná die hidroliese brekingsproses uitsypel.
Spoor
So waar sal die water vir ons bedrywigehede in die Karoo vandaan kom? Aanvanklike beoog ons om water vir die ontginningsgate met trokke of per spoor aan te ry, totdat die span hidrogeoloë alternatiewe bronne van dieper brak- nie-drinkwater kan identifiseer.
Ons bedrywighede is nie alleen uiters sensitief vir die watersituasie nie, maar ook ten opsigte van veiligheid en verantwoordelike praktyke in die algemeen. Wêreldwyd ontwerp ons boor-, voltooiings- en produksie-aktiwiteite sodat daar verskeie fisiese skanse tussen die gas- en skalieformasies en enige water is wat deur die gemeenskap of omliggende nywerhede gebruik word.
Verseker
Ek kan u verseker dat indien die ontginningsregte vir skaliegas in die Karoo aan ons toegestaan word, ons die water versigtig sal bestuur, enige afvalwater verantwoordelik hanteer en verwyder en sorg at elke druppel tel. Dit is my belofte.

Vir meer inligting oor Shell se verbintenis tot water in die Karoo, besoek asseblief www.shell.co.za



1STE BORAN VEILING TE CRADOCK
CRADOCK
Die Oos-Kaap Midlands Boran Klub wat pas afgestig het van die Oos-, Suid- en Wes-Kaap Klub onder leiding van Johannes van Rensburg as Voorsitter bied Vrydag op 20 April 2012 hul 1ste veiling te Cradock aan met behulp van Chris Troskie se CMW span. 15 Oos- Kaap-telers bied 25 bulle, bykans 200 vroulike diere asook 60 Boran kruis oskalwers aan.
Die Boran-ras met sy slagspreuk “God’s gift to Cattlemen” het sy ontstaan +/-1300 jaar gelede in Kenia en ander Oos-Afrika lande gehad. Die wonderlike ras met sy buitengewone eienskappe het met sy intrapslag in die vroeë 90’s in Suid-Afrika stadig begin vermeerder en vanaf die mid-2000’s tot huidiglik ‘n blomtydperk beleef. In die afgelope 10 jaar vanaf stigting van die Genootskap deur 8 lede het die ledetal gegroei tot meer as 300.
Die telers wat diere aanbied is Trevor Biggs, Owen Charles, Willie de Jager, Gary Donian, Jean Gilmer, Steven Johnson, Norman Kroon, Johannes Norval, Keith Peinke, Robert Rubidge, Rynheath, Jaco van Rensburg, Rian van Rensburg, Ben Schoeman en Pierre Vienings. Johnson het tydens die 2011 Nasionale Veiling ook die rekordboeke herskryf met sy prys van R1miljoen vir ‘n 5-jaar oud bul. Op dieselfde veiling het Peinke R250 000 vir ‘n koei en kalf behaal en Norval R170 000 vir ‘n dragtige vers, hy het ook so pas op die afgelope 2 veilings onder beskerming van die Genootskap die hoogste prys bul op beide veilings aangebied.
Na verwagting sal die Cradock skougronde Vrydag ‘n toeloop van belangstellendes in die wonder-ras beleef.

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Dapper Josef hunker na gesonde Hartjie
  • Health Portfolio Committee must investigate Overcrowding at Hospitals
  • Adelaide word Wilde Afrika met eie Seekoei
  • Bedford proposed Annual Arts and Crafts Ramble
  • There is light in the Dark Tunnel at Nxuba Municipality
  • Nkonkobe Municipality Fails again

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days