Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
REKORD VIR PAUL WEBBER   BROEKSMA S1404 001
SYBOKHAAR PRYSOORLOG!

Die pasafgelope sybokhaarveiling in Port Elizabeth het omtrent ‘n prysoorlog ontketen tussen die groot verwerkers in die bedryf! Pierre van der Vyver, CMW Hoofbestuurder: Sybokhaar, berig dat pryse tans gedryf word deur die mode-aanvraag – vanoor die hele wêreld, maar veral deur vervaardigers uit Italië en Sjina.

R632.00 per kilogram – die hoogste prys ooit – is vir ‘n baal super, 24 mikron kleinbokkiehaar van Paul Webber van Grahamstad betaal. Dié prys was ‘n aansienlike verbetering op die vorige wêreldrekordprys van R601.00/kg. Die tweede hoogste prys van R600.00/kg is betaal vir ‘n baal van George Stegmann vanaf Rietbron. Beide die bale is aangekoop deur Ken Reed van die kopershuis New England vir ‘n Italiaanse kliënt, Vitale Barberis Canonico. Die kliënt is bekend daarvoor dat hy slegs die beste sybokhaar aankoop. Die tweede hoogste bieër was Wool & Mohair Traders, wat ook vir kliënte uit Italië aankoop. Beide hierdie bale is die eerste van die kwalifiseerders vir die gesogte Ermenegildo Zegna kompetisie. Die kompetisie word deur die Italiaanse modereus geborg om die beste baal kleinbokkie sybokhaar ter wêreld te identifiseer – vandaar die geskarrel om die gesogte bale van Suid-Afrika te bekom. Suid-Afrika word algemeen erken as die wêreldleier.

Paul Broeksma, wat boer in die Aberdeen-distrik, het eweneens vir nog drie wêreldrekordpryse – vir jongbokhaar en grootbokhaar – gesorg op die veiling in Port Elizabeth, wat aangebied is deur Cape Mohair & Wool (CMW).


Lees binne:
  • Wear your tekkies for a good cause
  • James Gardiner Cowie-Shaw passed away on 13 April 2014-04-23
  • How to prevent colds and flu

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now