Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
PATRYSHOOGE/POSEIDON
HIDRO WINDPLAAS VORDER GOED
Windplaas site
KOOKHUIS
Hoog op die plato van Patryshoogte is dinge besig om te gebeur. 66 Enorme turbines sal stuk-stuk opgerig word naby die Poseidon Sub-kragstasie. Die windplaas, grootste in Afrika, sal vir 20 jaar skoon hernude krag lewer aan die Poseidon Substasie, waar dit direk by die Nasionale netwerk ingeskakel sal word.
Die aanvoorwerk, papierwerk, is reeds in plek om al die nodige toestemming en werkregulasies af te handel.
‘n Kantoor, wat geleë is in die destydse “Bird in a Barley” langs die Caltex vulstasie op Kookhuis is ingerig vir al die administratiewe werke. Die firma Suzlon is aangestel om die projek van die grond af te kry. Hierdie firma is een van die Top 5 wêreldwye verskaffers en het 14,000 turbines onder hulle beheer. Hul installasies strek oor 32 lande en die Patryshoogte-projek word beskou as een van die beste liggings vir hul turbines.
Die konstruksie is hoogs gespesialiseerd en sal ‘n jaar-en-en-’n-half duur om te voltooi.
Die eerste fase van die projek is goed op dreef om alles in plek te kry vir konstruksie om te begin.
Intussen het 1,700 persone al aansoek gedoen vir werk. Aan die begin sal net 195 werkers geakkommodeer word. Die databasis het meer as 70 besighede op die lys.
Net ‘n klein aantal sal tans gebruik word tydens die eerste fase.
Construction facts:
Project area: 35km²
Turbine type: S88-2.1MW
Turbine Hub height: 79m
Turbine Rotor Diameter: 88m
Turbine Tip Height: 125m
Number of Turbines: 66
Voltage connection: 132kV
Internal Roads Distance: 36km
Concrete per turbine: 800tons
Reinforcing steel: 1500tons
Gravel required: 200000tons
Overhead line distance: 2.75km
Trucks from port per turbine: 12
Cement truck loads per foundation: 50

 

Die erg beseerde mnr. Marais van der Merwe
Marais vdM (Small)

MIDDELBURG-BOER

OP SY PLAAS AANGEVAL

Die Middelburg polisie ondersoek tans ‘n geval van huisroof nadat ‘n boer, die 31-jarige mnr. Marais van der Merwe, Vrydagaand, 19 April 2013 omstreeks 20:00 op sy plaas Dunblane aangeval is.
Volgens inligting, het hy daardie tyd van die dorp na sy plaas teruggekeer. Toe hy met sy voertuig in die oop motorhuis stilgehou het, is hy deur twee onbekende mans wat klapmusse opgehad het, oorrompel.
Mnr. Van der Merwe is met vuiste en ‘n panga toegetakel. In die aanval het hy hoofbeserings en snywonde aan sy arms en lyf opgedoen. In die proses het die verdagtes ‘n selfoon, sy beursie en kontant uit sy kantoor, wat hy met sy skrootbesigheid op die plaas gemaak het, gevat.
Die verdagtes het hom daarna veld toe gevat en hom ongeveer 2km van die huis in die veld gelos Hy kon darem daarin slaag om tot by die huis te kom waarna hy met sy voertuig na ‘n naburige plaas is om hulp te kry. Hy is na die hospitaal in Middelburg geneem waar hy mediese behandeling ontvang het.
Tot dusver is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Op die foto verskyn van links na regs: Jacques Loubser (BKB), Acton van Aardt (verkoper), Pyp Lombard (koper), Richard Haupt en J.J. vd Watt (BKB). Hans Thomas is die hanteerder wat die ram vas hou.
Smaldeel Veldramveiling Adelaide 3 300
Smaldeel Veldramveiling
Tydens die 24ste jaarlikse Smaldeel Veldramveiling te Adelaide het die Fairworld Merinostoet van mnr. W.P. van Aardt en Seun van Cookhouse weereens uitstekend gevaar. Die hoogste prys van R19,000 was betaal deur mnr. A.C. (Pyp) Lombard en Seun van Retreat, Adelaide vir ‘n besondere Silver Merieteram.
Mnr. C.J. Greyling van Wakkerstroom het die 2de hoogste prys van R10,000 en Morgan Farms van Tarkastad die 3de hoogste prys van R8,500 vir Fairworld se ander ramme betaal.

LEES BINNE/READ INSIDE
  • OKOD knou weer arm skool, maar Afrikaans bly
  • Kerk hou bazaar en konsert
  • Cradock Dansonderwyseres beste in land
  • 3898 Firearms destructed in PE Eastern Cape
  • Wolmark herstel effens
  • OP Seniors wen Gholftoernooi

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now