Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

April 9, 2015

IMG_0486

AfriForum loods veldtog vir 

Behoud van Beelde

AfriForum het ‘n veldtog geloods teen die ondeur-dagte verskuiwing en verwydering van stand-beelde op openbare terreine. Dié stap volg in reaksie op die vlaag betogings teen verskeie standbeelde van historiese figure uit alle gemeenskappe regoor Suid-Afrika deur protesteerders met uit-eenlopende ideologiese agendas.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verant-woordelik vir erfenis-kwessies, staan Afri-Forum die beskerming van Suid-Afrika se totale kultuurhistoriese erfenis voor, asook dat ‘n gebalanseerde beeld van die verlede op alle terreine voorgehou moet word.

“Tans is protes ten gunste van die verwydering van stand-beelde ‘n maklike manier om publisiteit vir ‘n ideologiese standpunt te kry, gemoedere op te sweep en gemeen-skappe in Suid-Afrika al meer te polariseer. Niemand baat by die proses nie en die verskuiwings bied geen werklike oplossings nie,” het Bailey gesê.

Om dié rede vra AfriForum, en lede van die publiek wat dié organisasie se petisie steun, vir ‘n moratorium op die verskuiwing van alle standbeelde en monumente op openbare terreine. AfriForum stel voor dat ‘n nasionale erfenisberaad gehou word waar daar oor die toekoms van monumente en standbeelde besin moet word, asook oor name van onder meer dorpe, strate en skole.

“Tans word oorhaastige besluite onder politieke- en media-druk geneem oor beelde en ander gedenkwaardighede,” het Bailey verduidelik. “Dit is nodig dat alle belanghebbendes rustig en ewewigtig moet besin hieroor, voor pogings om ontslae te raak van alle spore van die verlede wat enigeen mag ontstig, tot onomkeerbare skade aan die Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese erfenis lei.”

“Alle gemeenskappe in die land se nalatenskap moet gerespekteer en bewaar word – nie net eenkant in beeldetuine nie, maar sigbaar as deel van die openbare landskap. Sodoende kan standbeelde en monumente deel bly van ‘n diskoers oor ons onderskeie en gedeelde verlede in die land. Openbare figure kan beoordeel word in die konteks van hulle eie tyd, plus hulle nalatenskap. Ons moet ook onthou dat die beelde nie ons geslag se eiendom is nie – ons hou die land se erfenis bloot in bewaring vir geslagte na ons. As ons weens eietydse ideologiese druk besluite neem en die geskiedenis verskraal tot ‘n eensydige beeld, is dit ‘n wandaad wat teen die nageslag gepleeg word,” het Bailey bygevoeg.

Lede van die publiek wat die veldtog wil steun, kan die petisie op AfriForum se webwerf of Face-book-blad onderteken, of hulle name SMS na 42315. SMS’e kos R1.50.

PEARSTON

Vooruitgang teenoor agteruitgang, daar is n hemelsbreë verskil tussen hierdie twee terme.

Bostaande foto is al wat oorgebly het van die eens netjiese plaaswoning op Molenhof, ‘n plaas aan die westelike buitewyke van Pearston. Hierdie plaas is ‘n paar jaar gelede aan n groep opkomende boere oorhandig, aangekoop en ondersteun uit Staatskoffers. Nadat die mentor die plaas en projek verlaat het, is die huis totaal verwoes en geplunder, die swart teëldak lê op die vloer en daar is nie enkele waterpyp, bad, wasbak of geyser oor nie. ‘n Hartseer gesig om die minste te sê.

Weldoener volstruisboere van Oudtshoorn het altesame meer as 800 volstruiskuikens aan die bemagtigingsprojek geskenk. Volgens hul woordvoerder het hulle n verbete stryd gevoer om te probeer help om n volstruisgrootmaakprojek van die grond af te probeer kry. Volstruiskampe is op hul onkoste aangebring aangesien die Staat nie meer die projek wou befonds nie. Nadat die eerste besending van 150 volstruise onder leiding van die mentor grootgemaak en betaling ontvang is, het die betrokkenes verdwyn en het die volstruise begin vrek. Nodeloos om te sê het die projek doodgeloop.

Met ons besoek aan Molenhof om meer duidelikheid te kry oor wat op die plaas tans gebeur en watter projekte hul mee besig is en hoe dit met die Boerdery gaan, het op niks uitgeloop nie. Niemand was êrens te bespeur. Verskeie oproepe om van die betrokkenes op te spoor het ook niks opgelewer nie.

Dit bring ons weer terug na die twee terme, vooruitgang en agteruitgang. Dinge het duidelik op die plaas Molenhof nie vooruitgegaan nie. Hoekom nie, wat het fout gegaan, hoekom het niemand in die plaashuis gaan bly nie, hoekom moet alles verwoes en geplunder word? Daar is so baie vrae!

SAFETY FOR 

CHILDREN UNDER THREE

According to the Government Gazette of October last year it will be compulsory for all children under the age of three to be seated in a safety chair in the back of vehicles. This regulation will take effect at the end of April 2015.

Currently the wearing of seat belts is only compulsory for grown-ups and older children.

The national department of transport has not made public what the fines for violating this regulation will be as the courts are still to make this decision.

Present fines are:

• R250 if seat belt of a passenger or driver is not fastened

• R500 if taxis or minibuses (more than 2 500 kg) are not fitted with safety belts for front seats

• R250 if a child older than three does not wear a safety belt

• R250 if a seat belt is faulty

Reën was baie welkom

MIDDELBURG

Die afgelope week het mooi reën in Middelburg en distrik geval. Op sekere plekke is 25 mm gemeet.

Grasperke vertoon tans mooi groen en op sommige plekke is selfs paddastoele opgemerk.

Lees binne:

  • Somerset East – First Solar Energy Installation By Jabama Communication
  • Cradock – SANBS maak toekennings
  • Waarskuwing facebook gebruikers – rassistiese woorde
The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now