Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Theresa se foto

SOEKTOG HET NOG

NIKS OPGELEWER NIE

WILMA DE KLERK
CRADOCK
‘n Intensiewe soektog deur spesialiste van die polisie en hul reddingshonde het nog geen teken van Theresa Buys (46) die onderwyseres van Cradock wat die aand van 4 Augustus na bewering vermoor en wie se liggaam in die Groot Visrivier gegooi is, opgelewer nie.
Buys, wat alleen op die plaas Zeekoeigat buite Cradock gewoon het, is na bewering verlede Maandagaand in haar huis vermoor waarna haar liggaam van ‘n laagwaterbruggie oor die rivier gegooi is. Daar was aanvanklik vermoed dat Buys ontvoer is, maar ‘n klag van moord is aangelê nadat haar voertuig in die plaaslike Michausdal woonbuurt opgespoor is.
‘n Plaaswerker, Marius Isaacs (25), is kort daarna in hegtenis geneem en het Vrydag op voorlopige aanklagte van moord, verkragting, diefstal van ‘n motorvoertuig, huisbraak, diefstal en menseroof in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 18 Augustus wanneer die beskuldigde glo ‘n aansoek om borgtog gaan indien.
Buys was ‘n onder-wyseres by die plaaslike Voorbereidende skool waar sy kunsklasse aangebied het.
Volgens kapt. Stefanie Smith, polisie woord-voerder, het ‘n span van vyf polisiemanne met hul honde van Port Elizabeth, Oos Londen en Uitenhage van Woensdag af die rivier gefynkam op soek na Buys se oorskot. Hulle het aanvanklik op die eerste veertien kilometer onderkant die laagwater-bruggie gekonsentreer maar die soektog is nou uitgebrei tot 30 km rivieraf. Die soektog gaan steeds voort maar geen teken van die oorledene is nog gevind nie.
Kenners glo omdat die water so koud is, sal die liggaam nie gou vanself verskyn nie. Die moontlikheid bestaan ook dat dit onder ‘n keerwal of tussen plantegroei vasgedruk word.
Sluise van Grasrugdam is verlede week toegemaak om die soektog te vergemaklik, maar moes teen die naweek weer oopgemaak word om leiwater aan boere in die besproeiingsgebied te voorsien. Die stroom is egter nie baie sterk nie.
Geen uitslae van enige forensiese toetse aangaande die moord is nog beskikbaar nie.


DSCN0018

Agri Oos-Kaap Jaarkongres

Lourens Schoeman
Die grootste uitdaging vir elke Suid-Afrikaner is om die land te verander van een waarin die meerderheid met weinig hoop geleef het tot een waarin hulle met waardigheid en vertroue in die toekoms kan bly.
So het ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe een van die gassprekers by die jaarkongres van Agri Oos-Kaap aan afgevaardigdes by die jaarkongres van die organisasie in Port Elizabeth gesê.
Mantashe het gesê dit sal nooit toereikend wees om die belange van sowat 35 000 kommersiële boere wat 82 miljoen hektaar van die land se bewerkbare grond besit onder die voorwendsel dat dit is om voedselsekerheid te verseker, te beskerm nie, terwyl die res van die bevolking moet oorleef op sowat agt mijoen hektaar.
“Dié wat die 82 miljoen hektaar bewoon moet daarna streef om ‘n oplossing te vind vir die situasie, eerder as om die slagoffers van verandering te wees. Die ANC is besig om te worstel met ‘n ingewikkelde probleem, en in stede daarvan om te help soek na ‘n oplossing bevind ons onsself in die rol van opposisie. Ons behoort aan mekaar en het mekaar nodig,” het hy gesê.
“Toegang tot grond is die begin en kan nie vervang word nie. Die akademiese debat dat groot plase die enigste roete is om te volg is ‘n mite. Dit sal maak dat ons begin glo klein sleg is en nie dat klein ‘n stadium van ontwikkeling is en nie die einde daarvan nie.
“Opkomende boere sal klein begin, maar diegene wat suksesvol is sal groei en ook groot wees in die toekoms,” aldus Mantashe.
Die Oos-Kaap is die provinsie met die meeste landboupotensiaal, en is reeds die grootste produsent van beeste, skape en bokkke, maar ten spyte hiervan is dit die vierde grootste produsent van beesvleis, het hy gesê.
“Ons stem saam dat landbou ‘n leidende ekonomiese sektor saam met toerisme en nywerheidsontwikkeling kan wees. ‘n Bevredigende aantal jong studente met B.Agric in Voorligting en Bestuur gradueer jaarliks aan die Fort Hare Universiteit. Baie van hulle beland in ander provinsies, of sluit aan by die werkloses, dit terwyl voorligtingsdienste in die Oos-Kaap pateties is,” het Mantashe beklemtoon.

Lees binne:

  • Die klein dorpie Hofmeyr, vier hierdie jaar hul 140ste bestaansjaar
  • Cradock: Hansa Fish Scoops SA K3

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now