Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

 

Bonny en Clyde beter 20130609_123524
Bonny en Clyde sowat ‘n week gelede
Bonny en Clyde beter
Deur Lourens Schoeman
Bonny, die renosterkoei wat onlangs in ‘n Oos-Kaapse wildreservaat deur stropers met verdowingsmiddels verdoof is wat volgens wet slegs aan gekwalisifeerde veeartse beskikbaar is, was dragtig ten tyde van die voorval en het intussen haar kalfie verloor.
Beide Bonny en haar maat, Clyde, is deur die stropers vir dood agtergelaat nadat hulle wreedaardig van hulle horings gestroop is, waarna vrese uitgespreek is dat ‘n professionele en gesofistikeerde sindikaat stropers na die Oos-Kaap uitgewyk het.
Die mede-eienaar van die Schotia wildreservaat naby Port Elizabeth, Jenny Bean, het gister gesê die sewejarige Bonny en die negejarige Clyde het vir ‘n lang ruk na die voorval aan erge stres gely, nie net as gevolg van die verlies van hulle horings nie, maar ook weens die sterk verdowingsmiddel wat hulle toegedien was.
Die twee diere is op 30 Mei in digte bos gevind nadat hulle vir etlike dae vermis was. Hulle het egter baie goed herstel en is nou gesond en volg weer hulle normale leefwyse, aldus Bean.
“Dis egter baie jammer en hartseer dat Bonny wat in ‘n vroeë stadium van dragtigheid was ten tye van die wrede aanval, haar kalfie intussen verloor het,” het Bean gesê. ‘n Jong renosterversie is sowat R150 000 werd, en jong renosterbulletjies sowat R80 000.
“Ons was egter gelukkig dat ons veearts, dr Will Fowlds, so vinnig opge-tree het, nie net die dag toe hulle deur die stropers aangeval is nie, maar deur die kommerwekkende weke wat daarop gevolg het.
“Hy was werklik wonderlik en ons is hom baie dank verskuldig vir die manier waarop hy die situasie hanteer het, sy liefde en toewyding aan hulle gedurende hierdie weke was uitsonderlik,” aldus Bean.
Dr Fowlds het gesê die gebruik van die betrokke verdowingsmiddel en metodes wat tydens die stroping gevolg is, het gedui op professionele voorafbeplanning en organisering van hierdie insident.
“Die fisiese trauma waaraan hierdie twee renosters onderwerp is en vir dood agtergelaat is, het gely tot weke van groot kommer,” aldus Dr Fowlds.
Verlede jaar is sewe renosters in die Oos-Kaap gestroop, terwyl hierdie insident sover die enigste is vanjaar.
 

SOMERSET-OOS HOU
LANDBOU SKOU
OP 6-7 SEPTEMBER
Vol program word beplan…
Na die afgelope Biltongfees en Oud-Gilliane naweek, is die volgende groot byeenkoms in die dorp, die jaarlikse Skou wat hierdie jaar oor die naweek van 6 en 7 September plaasvind.
Met ‘n nuwe hardwerkende Uitvoerende Bestuur onder Presidentskap van Charl Wilke en onderpresident Hannes Botha met die ywerige Salomé Saayman as sekretaresse, is hulle vol nuwe planne om almal te betrek.
Perseel
Die stalle en geboue word opgeknap en reggemaak en die belangstelling in die Perde-afdeling, blyk groot te wees, volgens Salomé.
‘n “Playland” word ook beoog as vermaak.
Die verskeie Boereverenigings gaan genader word om toutrekspanne in the skryf. Dan sal ons mos sien watter deel is die beste!
Om ‘n gees van deelname aan te wakker gaan daar ook ‘n Jeugskou wees soos in die verlede, waar jongmense diere sal ten toonstel.
Dames kan gerus ook daaraan dink om aan ‘n “bande omruil kompetisie” deel te neem vir verskeie ouderdomsgroepe.
Dames kan dan hul vaardigheid ten toonstel, want om ‘n band om te ruil, is ‘n allerdaagse taak vir meeste van die dames wat in die landelike gebiede woon.
Op die program is daar ook ‘n Wynproe, Boerbok-en Kleinveeskou, Beefmaster Inligtingsessie, Dillon Lerm vermaak, Troeteldierkompetisie, Tafeldekkompetisie, Spitbraai en dans, ens.
Dit beloof ‘n heerlike naweek vol aktiwiteite by die Landbougenootskap se terreine te wees.
Vir meer besonderhede kan die volgende gekontak word:
Charl Wilke 082 568 3602
Hannes Botha 072 567 5705
Salomé Saayman 042 243 0825 of 083 306 5570
Jacques Jordaan 073 856 7179

Gill-Kollege INTERSCHOOLS 2013
SOMERSET EAST
FRIDAY 9 AUGUST, NATIONAL WOMEN’S DAY, saw the annual derby inter-schools rugby clash between Gill College and Cradock High School taking place on the C.A. Coppens field. In the above picture the packed pavilion and rugbyfield can be witnessed with the beautiful campus of Gill College and the picturesque Boschberg serving as the quiet backdrop to the action filled and nail biting affair happening on and alongside the pitch. Read about all the action and happenings inside this issue.

LEES BINNE/READ INSIDE

  • All about the inter-schools action between the relevant schools in our area
  • Krag bring verligting vir plaasskool
  • Eastern Cape Health MEC visited Cradock
  • Just four blood donations can save up to 12 lives
  • Obligatory irrigation water measurement on the cards



The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now