Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Hansa Visrivier
Kanomarathon Eersdaags
Corné Krige, oud Springbokrugby kaptein,
kom roei vir liefdadigheid
CRADOCK
Die Hansa Groot Visrivier kanomarathon vind vanjaar op 5 en 6 Oktober plaas en alles dui daarop dat ‘n rekord aantal van 1800 roeiers gaan deelneem.
Die wedvaart oor 81,8km vanaf Grasrugdam tot by Cradock word oor twee dae beslis en deelnemers maak van vroeg af kennis met stroomversnellings soos die berugte Keith’s Flyover wat gewoonlik ‘n dramatiese skouspel vir toeskouers oplewer, maar hoë tol aan beskadigde bote eis. Op die eerste skof moet daar ook rekening gehou word met die laagwaterbrug by Soutpansdrift, Katkop keerwal en die brug by Glen Alpha. Op die tweede skof, wat deelnemers tot by die sportvelde op Cradock neem, moet roeiers die gevaarlike Cradock keerwal onder die knie kry.
Volgens Pieter Marais, wat vanjaar die leisels as voorsitter van Louis Copeman oorgeneem het, is hy en sy span gereed vir die groot uitdaging wat aan die begin van Oktober op hulle wag. Inskrywings sluit op 31 Augustus en aangesien die Suid Afrikaanse K-1 kampioenskappe beslis word, word groot belangstelling verwag.
Hy sê een van hulle groot take is om die veiligheid van roeiers te verseker en vir hierdie doel is die rivier reeds ‘skoon-gemaak’ en is alle boomstompe, opdrifsels onder brue, oorhangende wilgerbome en ander gevaarlike hindernisse met behulp van toerusting wat deur die Stihl-maatskappy geskenk is, verwyder.
Die Suid Afrikaanse K-1 kampioenskappe wat vanjaar saam met die 31ste Visrivier Marathon plaasvind, is ‘n groot geleentheid vir die dorp. Mededingers kan egter ‘n sug van verligting slaak aangesien Len Jenkins, wat in 2009 ‘n rekord in ‘n K-1 op die rivier opgestel het en sedert 2001 nog nie een keer in ‘n K-1 op die rivier geklop kon word nie, aangedui het dat hy vanjaar in ‘n K-2 saam met sy broer, Jay, gaan deelneem. Jenkins is die enigste roeier wat al die Vis se eerste skof van 46km in minder as twee uur kon voltooi.
Onder die lywige K-3 bote wat vanjaar vir die derde jaar amptelik deelneem, gaan vanjaar ‘n verrassing op toeskouers wag. Cornè Krige, Suid- Afrika se 46ste Springbokrugbykaptein, gaan die Vis saam met twee plaaslike roeiers, Billy van Zyl en Pieter Marais, aandurf. Hierdie driemanskap gaan fondse vir plaaslike liefdadigheid insamel. Van Zyl voorspel dat hulle onder die eerste tien in die afdeling vir K-3’s gaan eindig.
‘n Dokumentêre avontuurprogram wat internasionaal gebeeldsaai gaan word, gaan vanjaar tydens die marathon opgeneem word. Die waaghalse wat aan hierdie program, bekend as “Boundless,” gaan deelneem gaan hulle staal tussen al die ander deelnemers aan die Hansa Vis Marathon wys. Die span, wat van Kanada af kom, het al soortgelyke programme in onder meer Libië, Antartika en in die woude van Brazilië opgeneem.
Die Hansa Groot Visrivier kanomarathon gaan na verwagting vanjaar weer sy gewone kwota buitelandse roeiers uit verskillende lande lok.
Vermaak vir Vrydag- en Saterdagaand sluit in orkeste soos “Astray Electric”, “Lonehill Estate”, “Pascal & Pearce” en “Goodluck” wat gaan optree. Radio Algoa gaan ook oor twee dae van die walle van die Groot Visrivier af uitsaai.
CRADOCK
Lede van Visrivier Kanoklub werk hard om die rivier vir die marathon gereed te kry.

Lack of Regular Performance Management

Reviews is a Major cause of Service Delivery Failures

Issued by : Dacre Haddon (MPL)
Shadow MEC for Local Government
The continued under expenditure and non-compliance of basic fiduciary responsibilities by Local Government and other provincial departments begs the question whether performance target setting and evaluation of officials is being done properly in accordance with the requirements of the Systems Act.I have on behalf of the Democratic Alliance, submitted a question for written reply to the MEC for Local Government, Mlibo Qoboshiyane, asking whether regular, quarterly Performance Management Evaluation in his department and in all municipalities are being undertaken as per section 57 and chapter 3 of the Systems Act.The Scopa report presented to the Legislature last week highlights how the Accounting Officer of the Department of Local Government presented statements for audit that were not in accordance with general accounting practices.In the same report it is repeated across many departments how there has been non-compliance with supply chain- and procurement issues.In the report requests are made for certain compliance issues to be part of the performance evaluation of officials.Of concern is why these non-compliance issues, as stated in the report, are to be part of future performance management evaluations only now?The question we need to ask is whether performance management contracts and targets are being correctly set so that the performance of officials can be accurately evaluated.

Performance management evaluations and the consequences thereof (both positive and negative) need to be acted upon seriously if we are to lift this province out of the service delivery quagmire we are currently experiencing.

At the next meeting of the Portfolio Committee on Local Government in the Legislature I will be requesting a report on all cases of poor performance evaluation in the department and in all municipalities in the province with respect to Section 56 and 57 Managers and corrective or disciplinary steps taken in each case to solve under-performance.

In addition I will, in conjunction with my DA-colleagues in the Legislature, be requesting that all provincial departments be investigated as to the thoroughness of compliance of performance management requirements.

With the ongoing failure of financial discipline and service delivery in the province it is clear that performance management is not being undertaken as regularly as it ought to be done.

The citizens of this province are entitled to an efficient, accountable public service.

On a daily basis the public through own experience and media observe inept officialdom and bad service delivery in the province.

However, little is ever mentioned of appropriate action being taken against officials to rectify the problems observed.

Businesses and investors must have the confidence and peace of mind to know that slack officialdom will be dealt with and rectified in departments on a regular basis.


GROOTFONTEIN OUERNAWEEK 2012
MIDDELBURG
Op 24 en 25 Augustus 2012 bederf die Landboukollege Grootfontein die ouers van studente met tipiese Grootfontein gasvryheid.Die ouernaweek gee die ouers die geleentheid om eersterhands te ervaar waarmee die studente besig is, om na kenners in verskeie vakgebiede te luister en om op ‘n sosiale manier met die Kollegepersoneel te verkeer. Die Vrydagprogram sluit lesings deur: Charl Saunderson, “Skaapboer van die Jaar – 2011”, wat sy suksesresep met ons kom deel met die komplimente van die Dorperskaaptelersgenootskap. Martie du Plessis lewer daarna ‘n motiveringspraatjie met die tema “Do we tolerate each other in the family or do we celebrate each other?”. Sy is ‘n remidiërende terapeut en opvoedkundige konsultant. Die laaste lesing van Vrydag word aangebied deur dr. Chris van Dijk van Pfizer wat oor die baie belangrike aspek van “Biosekuriteit”praat. Die aand word lekker gekuier tydens die braai van nege skape op die spit wat deur Pfizer geborg word.Saterdagoggend begin die program reeds vroeg met ‘n Ekspo van die studente produksie-eenhede se vee. Dit word gevolg deur voorleggings deur die derdejaars oor die bedryf van die produksie-eenhede. Daar is ook ‘n damesprogram waar die ma’s bederf gaan word met geskenkies en toesprake deur die bekende TV persoonlikheid, Chante Hinds-Moller, asook Nettie Kock van Leana Bloemiste. Die formele deel van die program word afgesluit met ‘n lesing deur Rice Irrigation oor besproeiing in die Karoo. Die middag is daar ‘n mini-boere rally waar gesinne mekaar die stryd aansê op ‘n roete vol uitdagings. Die naweek word afgesluit met die GWK Biefstukete en dans. BKB en CMW, twee van Grootfontein se getrouste ondersteuners borg verskeie aspekte van die naweek.Die Kollege, beleef steeds ‘n groeifase en het in die begin van die jaar die 200 kerf met studentegetalle oorgesteek. Die Kollege is ook bevoorreg om twee groot onderhouds- en instandhoudingsprojekte te bedryf. Infrastruktuur en geboue word in die proses verbeter. Grootfontein geniet baie ondersteuning uit die bedryf en organisasies en maatskappye het reeds groot bedrae geld in die Kollege geïnvesteer. Dit weerspieël die vertroue van die industrie in die Kollege. Die Kollege is ook aan die ontvangkant van kapitale inspuitings vanaf die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en ‘n Nederlandse konsortium. Dit gaan die Kollege in staat stel om onder andere nuwe tegnologie aan te koop vir gebruik in die kursus. Die personeelsituasie van die Kollege is ook stabiel en studente word deur ervare en toegewyde dosente opgelei.Die positiewe energie van die Kollegepersoneel en studente gaan hierdie ouernaweek dit vir die ouers duidelik maak waarom Grootfontein van krag tot krag gaan.

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • EC Capital Expenditure lowest in the Country
  • Laerskool Cradock sê dankie
  • Campaign Launched to get SA talking about Anxiety and Depression
  • Is your pest man a rogue?
  • Frontier Bonsmaras Breaks new Frontier – R155 000

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.