Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

RIOOLPROBLEEM

AL OPGELOS?

WILNA DE KLERK

CRADOCK :
Die probleem van lekkende pype en oorstromende mangate in die dorp se rioolstelsel en die gepaardgaande gesondheidsrisiko waaroor inwoners vir die afgelope maande baie bekommerd was, is blykbaar uiteindelik opgelos nadat Chris Hani distriksmunisipaliteit ingetree het.
Watervoorsiening en riooldienste is van 1 Julie af in die hande van die distriksmunisipaliteit wat hierdie diens by die plaaslike Inxuba Yethemba munisipaliteit oorgeneem het en herstelwerk en onder-houd van die stelsel is nou in die owerhede op Queenstown se hande.
Volgens Thobeka Mqamelo, kommunikasie en media skakelpersoon van Chris Hani, is die distriksmunisipaliteit bewus van die riool-probleme in Cradock. Sy sê hierdie stortings is hoofsaaklik te wyte aan ‘n verouderde infrastruk-tuur wat nie die pas kan volhou met die druk wat nuwe woongebiede op die stelsel plaas nie. Die distriksmunisipaliteit is egter besig om die saak aan te spreek en ‘n langtermyn oplossing te probeer vind.

“Tot en met Julie 2014 was dienslewering en onderhoud ‘n funksie van Inxuba Yethemba munisipaliteit en dit is jammer dat probleme soos diè in Cradock, tot so ‘n punt moes eskaleer,” het sy gesê.
Mqamelo het verwys na die verstopte riool pyplyding wat ‘n paar weke gelede skoonge-suig is en gesê dat hulle die problem fyn dophou om ‘n herhaling te verhoed. Toe daar verlede week ‘n storting uit die rioolsisteem by die plaaslike gevangenis was, is onmiddellike aandag daaraan gegee en is die probleem stiptelik opgelos.
“Dit is egter nodig om die gemeenskap op te voed aangesien bykans alle verstopte pype vreemde artikels soos rommel, tuinafval en selfs dooie diere bevat. Ek kan egter bevestig dat ‘n inspeksie uitgevoer is en dat alle mangatdeksels huidiglik op hul plek is,” het sy gesê.
Sy het ook bevestig dat Chris Hani distriksmuni-sipaliteit die dringendheid van die probleem verstaan en dat amptenare van die departemente omge-wings- en waterdienste-lewering besig is met ‘n ondersoek om die omvang van moontlike besoedeling wat deur stortings veroorsaak kan word, fyn dop te hou. Verskeie plekke gaan aangewys word waar watermonsters gereeld geneem en die water getoets sal word.
Mqamelo het ‘n beroep op verbruikers gedoen om die 24-uur tolvry nommer (0800100100) of enige van die onderstaande nommers te skakel met ènige water of sanitasie-probleem wat hulle mag ondervind.

Area Bestuurder – L D Mashiya 076 078 3803
Noodnommers (Cradock)

R Miners – 083 652 2900 / 073 30004341
J Damoui – 083 652 2900 / 073 289 7463
H Nakie – 083 652 2900 / 073 370 4264
K Mazungula – 083 652 2900 / 073 783 7589
S Sinyeko – 073 332 9856

Noodnommers (Middelburg)
G Ratcliff – 083 461 5658 /076 376 9162
B Rafferty – 083 461 5658 / 072 098 0426

 


Tammy 1

SOMERSET-OOS

LAND-BOUSKOU

DOEN DIT WEER OP

12, 13 SEPTEMBER

SOMERSET-OOS
Die Somerset-Oos Landbouskou het presteer en is deur die OP Saalperd Sub-Unie aangewys as die Skou van die Jaar vir 2013.
Volgens alle aanduidings lyk die vooruitsigte vir hierdie jaar nog beter.
Die perde-inskrywings kan ‘n rekordgetal bereik met vertoners ook uit OVS en NC
Die Ooskaap Boerbok-kampioenskappe gaan ook hier plaasvind.

BEESVEILING

Die eerste GWK beesveiling word ook beplan saam met die skou. Hierdie veilings gaan dan op ‘n gereelde basis plaasvind. Die beesveiling geriewe word tans opgeknap.

SKOUDANS

Die skoudans word vir Vrydagaand gereël. Baie goeie vermaak is gereël en die skoukoningin word ook tydens hierdie spoggeleentheid aangewys. Kaartjies is vooraf beskikbaar teen R120.00 per persoon.
Die Pink Trees reël vir aktiwiteite. Moenie die toutrek mis nie. (vervolg op bl 11)

 


 

Lees binne:

  • Cradock – Gevind!
  • Middelburg – Parent weekend at Grootfontein
  • Adelaide – 127ste Ringsitting van ring van Albanie op Bedford gehou

 


The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now