Inspirational Quote
A person who has a cat by the tail knows a whole lot more about cats than someone who has just read about them.
Mark Twain
Powered By: Inspirational Quotes
September 2017
M T W T F S S
« Dec    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koerant-Header

gussie-en-baba

Geliefde egpaar sterf kort

na mekaar

CRADOCK

‘n Geliefde egpaar van Cradock wat hul lewens gewy het aan opvoeding en versorging van minder bevoorregtes en op die oog af blakend gesond was, is die afgelope maand, 18 dae uitmekaar, aan verskillende oorsake oorlede.

Baba (74) en Gussie (73) Botha was die dryfveer agter Cradock se bekende Vukasebenza Skuiling waar tussen 50 en 80 werkloses die afgelope tien jaar daagliks van ‘n bord kos voorsieen is en waar oornag slaapplek aan haweloses verskaf is. Die Skuiling het deur die jare ook verskillende projekte bedryf om mense gereed te maak vir die arbeidsmark.

Baba, in sy jong dae ‘n kranige rugbyspeler was ‘n groot gees in die Noordoos-Kaap rugbyunie en het selfs met diè span vier keer na die buiteland getoer. Hy het ook Springbokproewe gespeel en was kaptein van die span wat die gesogte Pauletta wisseltrofee drie keer gewen het.

Na sy rugbydae verby was, het hy veteraantennis begin speel, toernooie dwarsdeur die land bygewoon en was op ‘n stadium nommer drie speler in die land in die afdeling vir spelers 70+.

Gussie, wat in Preto-ria gebore is maar in die Transkei grootge-word het, kon vlot Xhosa praat was ‘n groot aanwins by die Skuiling. Sy het voor dit onder meer by die Fanie Theron prepri-mêre skool op die dorp, waar sy Xhosa-sprekende kindertjies leer Engels praat het, skoolgehou. Sy was ook fasiliteerder en opleier om vroue vir SANTS op tien omlig-gende dorpe op te lei om na ‘n kursus van drie jaar, kinders van Graad R tot graad 3 te onderrig.

Gussie het ook sen-dingwerk in Bulgarye en Transkei gedoen en was ‘n ywerige brugspeler en lid van die ATKV.

Baba het op 5 November in Cradock hospi-taal gesterf terwyl Gussie op 3 November na Bloemfontein vervoer is vir ver-skeie noodoperasies. Sy is op 23 November oorlede en was nooit bewus daarvan dat haar man reeds gesterf het nie.

Die Botha egpaar word oorleef deur ‘n seun, Jacques, sy vrou Lizette, en twee dogters van Bloem-fontein, Renè en Francois Oosthuizen en drie dogters van Graaff-Reinet, Riaan en Juanita Botha en twee dogters van Cradock en Liezel en Rynand Joubert en ‘n seun en dogter van Kimberley. Baba het ook ‘n broer Boet van Uitenhage terwyl Gussie ‘n suster, Marina Kleinhans van Cradock en ‘n broer Pierre Durant van Pretoria agterlaat.

Gussie se roudiens vind Saterdag (3 Desember) om 11:00 in die NG Kerk Cradock Oos plaas. Baba se troosdiens was op 12 November uit dieselfde kerk.

Click Here To Read More

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now