Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Josef en Maria
Laaste Uitgawe
vir 2012!!!
Die sand van die uurglas het uitgeloop en die tyd het aangebreek vir ons om tot siens te sê met hierdie ons laaste uitgawe vir 2012. Mag dit ‘n besonderse Kerstyd wees vir al ons lesers.
Mag die vreugde van die kersseisoen en die ware betekenis daarvan ervaar word en voorspoed vir 2013. Dankie vir u ondersteuning deur die jaar. Sonder u kan ons nie ‘n bestaan voer nie. ‘n Baie groot dankie ook aan ons adverteerders en die korrespondente, van die verskillende dorpe in ons verspreidingsgebied, wat ons lesers weekliks op hoogte hou van gebeure in hul gemeenskappe en aan ‘n ieder en ‘n elk wat op welke wyse ook ‘n bydrae tot hierdie koerant maak.
Thank you
With this our last issue for 2012 we sincerely want to thank you for your support during the year. Without you, we would not have been able to exist.
A blessed Christmas and a wonderful New Year to you all.


Veediefstal stroop SA Ekonomie van Miljoene Rande
Deur Lourens Schoeman
Veediefstal het die Suid-Afrikaanse ekonomie van R430-miljoen gestroop in die 2011/12 periode wat ‘n verlammende effek het op beide die kommersiële- en die opkomende boerderybedrywe van Suid-Afrika.
Hierdie skokkende feit is deur die voorsitter van die Rooivleisbestuursforum, Dave Ford, onthul en alle rolspelers is versoek om dringend ‘n aktiewe rol te speel in veediefstal bekamping. In die betrokke tydperk is bokke ter waarde van R42 miljoen, skape ter waarde van R92 miljoen en beeste ter waarde van R295 miljoen gesteel.
Dit, terwyl die Rooivleisbestuursforum en die polisie se Veediefstaleenheid glo dat die grootste deel van die veehandel nie gehoor gee aan die bepalings van die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) en die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) wat onderskeidelik voorsiening maak vir die verpligte merk van vee en die beweging van vee nie.
Beide hierdie wette is daargestel om die bedryf en die SAPD te ondersteun om veediefstal te bestry en om gesteelde vee makliker te kan terugvind.
Volgens Ford kan die toename in veediefstal kan nie slegs voor die deur gelê word van die Veediefstaleenhede en hul werksaamhede nie, maar ook die nie-nakoming van wetgewing van toepassing op die bedryf deur rolspelers wat nie toesien dat vee behoorlik gemerk is nie.
“Lewendehawe kopers, soos voerkrale, boere, spekulante, veeveilings en abattoirs kan willens of wetens ontvangers wees van gesteelde vee waardeur hulle die wet oortree en daarvolgens swaar beboet of vervolg kan word,” sê Ford.
“Dit blyk dat die grootste gedeelte van die veehandel nie gehoor gee aan die bepalings van die betrokke wetgewing nie en dus nie voldoen aan die basiese vereistes om veediefstal te bekamp nie. Die Rooivleisbedryfsforum moedig sy lede aan om streng aan hierdie wette gehoor te gee,” het hy bygevoeg.
Brigadier Vinesh Sing van die Veediefstaleenheid se hoofkantoor sê baie veediefstalhofsake gaan verlore as gevolg van geskille met betrekking tot die positiewe identifikasie van gesteelde vee en die vermoë om eienaarskap te bewys.
“As ‘n dier gemerk is met ‘n geregistreerde merk of getatoeëer is, kan geskille vermy word.” Het hy bygevoeg.
Volgens Ford moet alle vee-eienaars dringend ‘n unieke brandmerk regi-streer, en die geregi-streerde merk op alle betrokke vee aan te bring soos omskryf in die wet, en dat die “Dokument van Identifikasie” en “Veeverwyderingsertifikate” voltooi en verskaf word met alle transaksies.
“Alle veekopers, abattoirs, voerkrale en afslaers moet vee-eienaarskap bevestig en weier om lewende hawe in besit te neem wat nie gemerk is nie of waar die nodige dokumente die besending nie vergesel nie. Alle betrokke dokumente moet vir 12 maande op rekord gehou word.
“Die Rooivleisbedryfsforum doen ‘n beroep op sy lede organisasies om dringend ‘n aktiewe rol te speel in veediefstalbekamping en vra van die Veediefstaleenhede om die betrokke wetgewing met geen uitsonderings streng toe te pas op alle veekopers vanaf 1 Januarie 2013.
“As alle belanghebbendes betrokke staatsdepartemente op nasionale en plaaslike vlak aktief betrokke raak in die toepassing van hierdie wette, sal meer veediewe aan die pen ry en die negatiewe ekonomiese impak van veediefstal op die Suid Afrikaanse Landbou verlig word,” aldus Ford.
Volgens dr Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse RPO, is baie vee-eienaars laks om aandag te gee aan brand- en tattoeëermerke, maar die organisasie en die veediefstaforums in alle provinsies werk al ‘n geruime tyd saam om hulle bewus te maak van die wetgewing wat van toepassing is op die handel met vee.
“Ons is ook tans besig met n literatuurnavorsingsstudie om te kyk of daar nie alternatiewe metodes oorweeg kan word vir die behoorlike identifikasie van vee nie,” het hy gesê.

LEES BINNE/READ INSIDE
  • Cops nab Shoplifters – Somerset East
  • Voldoen u aan die Veediefstalwetgewing
  • Wolpryse skiet die hoogte in
  • EC Roads Department is robbing people of their basic right to mobility
  • A humbling story of Philip Jonker, owner of Weltevrede Wine Estate

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now