Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

SA span in JHB voor vertrek

Drie-Nasie Skaapskeer- en

Wolhanteringskompetisie,

Australië, November 2014

Deur Hendrik Botha, Voorsitter, SA Skaapskeer Federasie

Die SA Skaapskeer Federasie het ‘n uitnodiging ontvang vanaf “Sport Shear Australia”, om deel te neem aan ‘n Drie-Nasie skeer- en wolhanteringsbyeenkoms, bykomend tot hul jaarlikse AU (Australië) kampioenskappe. Dit sou saamval met ‘n byeenkoms by “The old Errowanbang Woolshed”, ‘n geskiedkundige skuur wat geleë is in NSW naby die dorp Blaney (180 km noord van Canberra).
‘n Nasionale span bestaande uit Hendrik Botha, spanbestuurder, Abel Notsi en DG Snyman, masjienskeerders, Mayenzeke Shweni en Zweliwile Hans, handskeerders, Elna Kitching en Tommie Caldo, wolhanteerders, Flip Cronje, skeerbeoordelaar, Herman Maartens, wolhanteringbeoordelaar sowel as Jan Louis Venter NWKV produksie- adviseur wie getaak was om kennis in te win oor die opleiding van wolklassers in AU, is deur die Federasie aangewys.
Met die span se aankoms by Canberra, het hulle ongeveer 2 dae spandeer om te oefen op 7 000 merino’s in ‘n skaapskuur naby Gouldburn. Hulle was baie beïndruk met die kwaliteit skape en die uitstaande gehalte van die 11-maande merinowol. SA se twee wolhanteer-ders het gebaat by die advies van ‘n senior wolhanteringinstrukteur in NSW, Penny Clout van die AWI (Australian Wool Innovation). Kennis is opgedoen oor die praktiese en sinvolle klasmetodes van Australië wat deur ‘n afgetrede wolkoper aan die span oorgedra is.
Die jaarlikse AU nasionale skeer- en wolhantering-kampioenskappe is aangebied by “The old Errowanbang Wool-shed”. Dié vierverdieping skuur wat 130 jaar oud is, kan 2 000 skape op ‘n hortjiesvloer huisves; het ‘n onderdak dompeldip fasiliteit sowel as skeergeriewe vir 40 handskeerders. Wol word vanaf die boonste vloerhoogte na onder in verskillende glybane gegooi, direk in die wolperse. Volgens ‘n inligtingsbron, het die laaste handskeerders voor die oorlog daar geskeer. (Sedert die 1940’s, hanteer ‘n Listerenjin met 8 masjienskeerders die skeerproses).
(vervolg op bl 3)


 

Ernstige kommer oor onbetroubare voorraad entstowwe vir diere

Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) is uiters bekommerd oor die onbetroubare voorraad entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) beskikbaar gestel word en die nadelige uitwerking wat dit op die lewendehawebedryf en op plattelandse gemeenskappe kan hê.
Vanjaar is die tweede agtereenvolgende jaar dat OBP probleme ondervind om noodsaaklike entstowwe, soos vir bloutong, te voorsien as gevolg van die opgradering van sy geriewe.
Die entstof teen bloutong word normaalweg bemark in eenhede wat drie aparte bottels (A, B en C) bevat. OBP het verlede week net een bottel, C, beskikbaar gestel. Die ander twee (A en B) moet nog vervaardig word en sal moontlik eers oor 4 – 6 weke beskikbaar wees. Daarná moet dit eers getoets word en daar is geen waarborg dat dit wel aan die voorgeskrewe standaarde sal voldoen nie.
Indien bottels A en B nie beskikbaar gestel word nie, sal skape wat net met bottel C geënt is slegs beskerming teen ’n derde van die bloutongstamme hê, wat die land se hele kleinveekudde in ernstige gevaar kan stel. REV 1, wat teen Brucellosis beskerm, is ’n ander entstof wat vroeër vanjaar nie geredelik beskikbaar was nie, en dit is onseker hoeveel daarvan in 2015 beskikbaar gaan wees.
Die lewendehawebedryf staar ernstige risiko’s in die gesig indien enstowwe nie doeltreffend vervaardig kan word en betyds beskikbaar gestel kan word nie. Dit hou ook gevare in vir voedselveiligheid, voedselsekerheid en werksgeleenthede. Daarbenewens is mense ook vatbaar vir sommige van dié siektes.
Die lewendehawebedryf vra dat ernstige aandag onmiddellik aan die situasie gegee word en dat daar dringend ’n strategie geformuleer word, selfs al beteken dit dat alternatiewe vervaardigingsgeriewe daargestel word, mits sulke aanlegte voldoen aan die voorwaardes van die wet wat die vervaardiging van entstowwe vir diere reguleer.
Die WOLKWEKERS het ’n dringende vergadering met die Minister en die Portfoliokomitee oor Landbou, Bosbou en Visserye verkry vir Maandag 15 Desember om die probleme wat met OBP ondervind word, te bespreek. Die WOLKWEKERS gaan ook die Nasionale Dieregesondheidsforum, wat die lewendehawebedryf en private veeartse wat in landelike gebiede werk verteenwoordig, nader om met dié krisis te help.

Lees binne:

  • Middelburg – Dux Student 2014 of the Grootfontein College of Agriculture
  • Fort Beaufort – Skoolhoof roep onderwysberoep vaarwel toe.

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now