Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Piet Prok by sy geel Buick
Piet Prok oorlede
CRADOCK
Een van Cradock se bekendste inwoners, die prokureur Piet Coetzee, is Woensdagaand onverwags in ‘n hospitaal in Port Elizabeth oorlede waar hy Maandag ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het.
Coetzee, algemeen bekend as Piet Prok (om hom van twee ander Piet Coetzees te onderskei) sou in Januarie sy 83ste verjaarsdag herdenk het.
Piet Prok was sy lewe lank ‘n inwoner van Cradock. Hy het sy skoolloopbaan by Rondebosch Boys High voltooi, in 1951 ‘n BA-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, sy kandidaatprokureurskap in Grahamstad gedoen en is op 21 November 1955 toegelaat as prokureur. Hy het by sy pa, Willem Coetzee, se prokureursfirma, Coetzee en Coetzee, op Cradock aangesluit en vir 58 jaar gepraktiseer.. Volgens die regstydskrif, De Rebus was Coetzee een van Kaapland se langsdienende prokureurs.
Coetzee was vir ‘n aantal termyne president van die Cradock Klub, lid van Tafelronde en in sy jonger dae ‘n baie kranige stoeier en ondersteuner van die destydse boksklub op die dorp. Hy het ook graag muurbal gespeel.
Sy groot liefde was egter sy veteraanmotors waarvan daar tans veertig in die verskillende motorhuise op sy erf in Dundasstraat staan – van die 1927 Model T Ford tot die 1984 745BMW Special waarvan daar destyds net 250 gemaak is. Hy het vroeër vanjaar aan die 44ste Milligan tydren deelgeneem en was die enigste persoon wat aan al die Milligans – elke keer met ‘n ander motor – deelgeneem het. Hy het ook in 1965 met ‘n 1921 Silver Ghost Rolls Royce aan die destydse Rhodesiese nasionale tydren vir veteraanmotors deelgeneem en later ook met sy Chevrolet Convertible Landau waarvan daar glo net sestien in die wêreld is, in Lorenço Marques gaan meeding.
Nog een van die staaltjies waarvoor Coetzee bekend was, is dat hy, ‘n skoolseun in Kaapstad, genooi is om met die koninklike besoek in 1948 vir die prinsesse Elizabeth en Margaret na ‘n tuinparty te vergesel.
Coetzee word oorleef deur sy vrou, Poppie en twee seuns, Mike en Willem, van Kaapstad.

Helder oordag
in huis oorval
MIDDELBURG
Nadat die Viljoen-egpaar Saterdag van die dorp af teruggekom het, het Kosie besluit om die gras te sny. Lenie was met haar takies in die huis besig.
‘n Man het by haar gekom en gesê dat die Oubaas ‘n swartsak soek. Toe sy in die spens kom, was hy agter haar en met ‘n pistool teen haar kop, het hy haar beveel om kamer toe te gaan en die geld aan hom te gee.
Hy het haar gewurg, haar bene en arms vasgebind en ‘n sokkie in haar mond gestop. Terwyl sy op die bed gelê het, het hy rondgekrap om geld te kry.
In die tussentyd het Kosie in die huis gekom om ‘n sker te kry. Toe hy kreungeluide hoor het hy ondersoek ingestel en op die booswig afgekom wat toe op die vlug geslaan het.
Lenie se ringe is ook gesteel. By nadere ondersoek, het geblyk dat hy oor die muur gespring het.
Al die deure was gesluit, behalwe die agterdeur.
Behalwe dat sy aan skok ly, is sy vol kneusplekke waar die toue haar geskaaf het.
Ironies dat die voorval juis g1edurende die tyd van 16 Dae van geweld teen Vroue en Kinders plaasgevind het.

Hierdie is ons Kersuitgawe.
Lees die Kersgroetes van al die besighede en
ondersteun hulle gerus! Dankie aan al ons
adverteerders wat die uitgawe moontlik gemaak het.
*************
This is our Christmas Edition. Read all the
Christmas greetings of the various businesses.
Thank you to all our advertisers who made this
edition possible. Please support them!

Volgende week se koerant
Woensdag 11 Desember 2013 is ons laaste uitgawe vir die jaar. Neem dit asseblief in ag indien u foto’s, berigte, advertensies, ens wil instuur. Ons spertyd is Maandag 9 Desember 2013 om 17:00. Ons heropen op 6 Januarie 2014.
Newspaper next week
Wednesday 11th of December 2013 will be our last issue for this year. Please be adviced to send in all your articles, photos, advertisements, etc before Monday 9th December 2013 at 17:00
We re-open on 6 January 2014

Lees binne:
  • Onmoontlik! Na 67 jaar wee rte ontmoet? Tog moontlik!
  • Witwarm prestasie deur Montessori Skool
  • Middelburg Rolbal Besigheidsliga eindig op hoë noot

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now