Inspirational Quote
A person who has a cat by the tail knows a whole lot more about cats than someone who has just read about them.
Mark Twain
Powered By: Inspirational Quotes
September 2017
M T W T F S S
« Dec    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koerant-Header

1966 GROOTFONTEIN

STUDENTE hou hul

VYFTIGJARIGE reünie

(deur Dolf Botha)

MIDDELBURG

Ongeveer 28 van die Oud-Grootfontein studente wat die heel eerste 1-jaar Diplomakursus in 1966 deurloop het, het 14 & 15 Oktober 2016 hulle 4de suksesvolle reünie bygewoon. Hul eerste reünie is in 1986 waargeneem en sedertdien is dit elke tien jaar agtereenvolgens aangebied.

Hoekom ‘n reünie en hoekom spandeer sommige van ons oud student so baie energie en kostes om dit te reël en aan te bied? Elke reünie herinner ‘n oud-student aan ‘n tyd in sy lewe toe ‘n w?reld van moontlikhede voor hom oopgel? het. Tog was daar ook baie wat nie geweet het wat hulle wou doen nadat hulle hul studies voltooi het nie!!

Ons as oud Grootfonteiners is vandag terdeë bewus dat opleiding nie net deure vir ons oopgemaak het nie, maar dit is ook die baie ander dinge wat jy as student langs die pad geleer het wat jou karakter gevorm het, jou gemaak het wat jy vandag is en jou ‘n voordeel bo die volgende persoon gegee het.

Tydens elke reünie het word ‘n boom geplant. Ons glo onwrikbaar dat die boom soos ‘n premie is wat eendag aan ons uitbetaal sal word wanneer sommige van ons (as ons baie sterk is) en ons kinders en kleinkinders in sy skaduwee sal vertoef en terugdink aan hulle wat die boom geplant het.

Die boom is ook met ‘n groot dankbaarheld teenoor ons Hemelse Vader geplant vir die krag en genade wat Hy ons gegee het – en steeds gee – om die lewe sinvol en mooi te maak. Daarom kan ons as oud-studente ook onder die bome wat ons geplant het, se skaduwee vertoef om ons lewe steeds te geniet en dankbaar te wees dat ons nog ‘n reünie kon bygewoon het!

“Seize every opportunity to meet up with old class mates – such opportunities will become rare as times go by – and remember friendship ends when you stop sharing” (skrywer onbekend)

grootfonteingrootfontein

Inwoners van Huis Karoo in 1966 (Eerste eenjaar kursus)

Vlnr : Matium Hoffman, Jan Cilliers, Abrie Aucamp, Hendrik van Zyl, Gideon de Klerk

Vlnr agter : André de Beer, Kobus du Toit, Paul Pienaar, Gert Bosch, Jan Blom, Dolf Botha, Piet Viviers Foto (verskaf)

Click Here To Read More

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now