Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Pad word opgradeer tussen

Baviaans- tot Rietrivier
Padwerke
Die Suid Afrikaanse Padagentskap het die opgradering van die N10/3 goedgekeur en Haw en Inglis Siviele Ingenieurs (Pty) Ltd is as kontrakteur aangestel om die opgradering te doen. Die kontrakperiode is vanaf Desember 2012 tot Maart 2015. Padgebruikers van die Cookhouse na Cradock roete moet hiervan kennisneem sowel as die feit dat die pad op Dinsdae en Donderdae moontlik vir ‘n periode gesluit kan word as gevolg van die skiet van dinamiet. Lesers sal onthou dat Haw en Inglis ook so ‘n paar jaar terug die pad netjies opgradeer het vanaf Cookhouse tot en met die Baviaansrivier. Hulle gradeer nou die stuk verder oor Daggaboersnek tot by Rietrivier op.

VEEDIEFSTALSYFERS NEEM

SKRIKWEKKEND TOE

Deur Lourens Schoeman
Veediefstal het verlede jaar tot verliese van honderde miljoene rand vir Suid-Afrikaanse veeboere gelei en etlike Oos-Kaapse boere is bevrees dat hulle besig is om die stryd teen veediewe te verloor.
Hoewel die veediefstalsyfers eers later vanjaar amptelik bekendgemaak gaan word, toon ‘n veediefstal nuusbrief van die SAPD wat in Desember 2012 versprei is, ‘n skerp toename in vergelyking met dié van die vorige jaar.
Volgens die nuusbrief is meer as 69 000 beeste ter waarde van meer as R552-miljoen, bykans 94 500 skape teen ‘n verlies van R122,79-miljoen, en 40 078 boerbokke ter waarde van R60,12 miljoen gedurende 2012 gesteel. Hierbewens is bykans 2 500 varke (R2,98-miljoen) en 110 volstruise (R330 000) ook in hierdie tyd deur veediewe buitgemaak.
Hierdie syfers is deur die voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (OKRPO) , Dr Pieter Prinsloo, as skokkend en ongelooflik beskryf. “Ek en baie Oos-Kaapse boere vrees dat ons besig is om die stryd teen veediewe te verloor, want daar is nie genoeg maatreëls in plek om as afskrikmiddel te dien nie.
”Veediefstal bestaan alreeds vanaf die tyd toe die mensdom diere begin mak maak het en as hulle eiendom aangehou het. Ons sal dit nie heeltemal kan stopsit nie, maar daar is wel baie wat ons kan doen om dit te beheer en te bekamp sodat dit nie verder handuit ruk nie,” aldus dr Prinsloo.
Volgens hom kan die toename in veediefstal toegeskryf word aan toenemende werkloosheid, sosiale en maatskaplike verval, en gebrek aan ‘n behoorike onderwysstelsel wat mense bemagtig om self entrepreneurs te word en na hulle self om te sien.
“Veediefstal is ‘n relatief maklike manier om inkomste te genereer en dit raak toenemend ‘n bedryf waaarby sindikate betrokke raak, gevolglik behoort ‘n bewustheid by politici gekweek word om daarteen op te tree en maatreels te ondersteun wat daar is om dit te bekamp. Op die oomblik word dit nie ernstig genoeg deur politici bejeen nie,” het dr Prinsloo gesê.
“Ons in die Oos-Kaap het ‘n baie goeie verhouding opgebou met SAPD owerhede wat te doen het met veediefstal. ‘n Probleem tans is die laat vrystelling van statistieke wat eers deur die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit kondoneer moet word voordat dit aan die media en produsente vrygestel word.
“Ons is tans besig om die moontlikheid van ‘n tolvrye nommer te ondersoek wat deur die kommoditeite finansier sal word om die SAPD te help met die invorder van inligting aangaande veediefstalsake. Hulle het te kenne gegee dat hulle sukkel met die informantestelsel en dit nie meer doeltreffend is nie. Produsente moet ook besef dat daar sekere vereistes is wat hulle moet nakom om veediefstal te bekamp.
‘Die toepassing van wetgewing ten opsigte van die identifisering en vervoer van vee moét nagekom word. Ons het die SAPD gevra om dit streng toe te pas en te vervolg as dit nie nagekom word nie. Die hele kwessie van die bekamping van veediefstal is ‘n veelparty verantwoordelikheid en rolspelers moet oortuig en herinner word aan hulle verantwoordelikheid,” aldus dr Pinsloo.
Die koördineerder van die Oos-Kaapse veefdiefstaleenhede, Kaptein Z Rute, het gesê dat die veediefstalsyfers vir 2012 eers deur die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit verifieer moet word alvorens dit aan die bedryf bekendgemaak kan word, wat na verwagting in Junie vanjaar sal wees.

Cradock stig Belastingsbetalers-

vereniging-Gaan Tande Wys

CRADOCK

n Belastingbetalersvereniging om munisipale aangeleenthede te ondersoek en dringende aandag aan die dorp se fininansiële sake te gee, is gestig. ‘n Bekendstellingsvergadering is gehou en daar gaan binnekort met die werwing van lede begin word.
Volgens Kosie de Klerk, wat as voorsitter verkies is, is dit belangrik dat inwoners van die dorp betrokke moet raak by munisipale sake en dat die dorp se finansies dringende aandag moet kry. “As ons nie vinnig genoeg aandag daaraan gee nie, gaan ons almal ten gronde gaan,” het hy gesê en bygevoeg dat die munisipale organogram aandag nodig het aangesien ‘n klomp onbenullige munisipale poste groot salarisse trek.
Volgens de Klerk wil die vereniging nie hul onderhandelinge met die munisipaliteit met dreigemente begin nie, maar is hulle gereed om streng stappe te neem as hul vriendskaplike benadering nie werk nie. Hy het gesê dit lyk of munisipale dienslewering van die tafel af is, terwyl munisipaliteite in werklilkheid kontraktueel verbind is om belastinggeld vir dienslewering aan te wend.
Hy het die vergadering verseker dat die belastingbetalersvereniging die stadsraad punt vir punt gaan aanvat en dat hulle sal aandring dat elke probleem opgelos moet word voordat hulle na die volgende probleem aan-beweeg.
Belastingbetalers moet egter daarop let dat die vereniging aanvanklik nie aandag kan skenk aan tydrowende persoonlike probleempies soos ‘n slaggat in die pad of ‘n donker straatlig nie, aangesien hulle eers groter en dringender probleme gaan aanpak.
Die vereniging is van plan om die munisipaliteit te nader en ‘n program van gereelde maandelikse vergaderings met senior beamptes in plek te stel. Hulle gaan ook poog om ‘n proses van gedissiplineerde munisipale finansiële bestuur in plek te kry.
‘n Konstitusie vir die belastingbetalersvereniging is reeds saamgestel en ‘n proses om lede te werf is aan die gang. Ledegeld bedra R40 per jaar waarvan ‘n klein persentasie aan die nasionale belastingbetalersverening oorbetaal moet word. Bestuurslede het onderneem om enige moontlike reiskoste vir die vereniging op eie koste te doen. Hulle gaan ook gratis uit hul eie kantore werk.
Brian Wilmott is as ondervoorsitter verkies met David Ker as sekretaris/tesourier.

LEES BINNE/READ INSIDE
  • Karoo Food Festival Cradock
  • De Freitas Spar Bruintjieshoogte Marathon hierdie naweek
  • DOL Eastern Cape takes Services to the People
  • Technology bridges gap in SA education crisis
  • Rape the new Genocide
  • Eastern Cape Agricultural Confederation speaks out on minimum wages
  • Local Cheesemaker is honoured

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now