Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Springbokke
Die ram in die middel is die oorspronklike ram met die besondere kleurafwyking
Unieke Springboktrop geteel
‘n Boer van Phillipstown in die Noord-Kaap was op die punt om ‘n springbokrammetjie met ‘n vreemde kleurafwyking vankant te maak omdat hy gedink het die dier gaan sy swart trop opmors, toe hy skielik besef hy het iets unieks beet.
Pieter de Jager, van die plaas Brummersdam, sê hierdie rammetjie met ‘n swart voorlyf en wit agterlyf het sowat sewe jaar gelede uit die bloute aangekom tussen sy swart springbokke en hy het dit later gevang en saam met ‘n paar swart en gewone ooie in ‘n kamp gesit om te sien of hy die kleurafwyking aan sy lammers sou oordra.
“Toe die bokke begin lam was ‘n bietjie minder as die helfte van die lammers bont. Ek is nou al daar waar omtrent 75% van die lammers wat aankom hierdie kleurafwyking het. Aanvanklik het ek al die gewone ramme uitgeskiet sodat net die bont ram dek om sodoende hierdie gene vinniger vas te teel,” aldus De Jager.
“Twee lamseisoene gelede was daar net twee gewone ramme terwyl die res die afwyking het. Swart ooie los ek, want hulle dra hierdie gene en daar is ‘n goeie kans dat hulle lammers die kleurafwyking sal hê. Die kleurpatrone wissel, maar die agterste helfte is altyd wit en die voorste helfte swart,” het hy gesê en bygevoeg dat hy, volgens sy kennis, die enigste teler in die land is van hierdie unieke spring-bokke.
Volgens De Jager mik hy nou na 100% lammers met hierdie kleurafwyking, maar glo dit sal nog ‘n tydjie neem om daarby uit te kom. Hy is van plan om een of twee van hierdie ramme te vang en saam met ‘n paar onverwante (swart, gewoon en miskien koper) ooie te sit, hoewel hy glo die koper sal waarskynlik terugslaan na swart.
“Ek het die projek aanvanklik begin net om te sien wat die resultate daarvan sou wees en met geen spesifieke mark in gedagte nie, maar met die pryse wat deesdae betaal word vir diere met kleurafwykings, dink ek dat daar dalk tog groot belangstelling onder ander telers behoort te wees.
“Ek het foto’s van hierdie bokke aan ‘n vriend gestuur en op ‘n manier het die foto’s op ‘n internetveiling beland en my bokke is so amper verkoop sonder my wete! Daar was redelike belangstelling in die bokke en ek het al ‘n paar telefoniese aanbiedinge gekry.
“Die doelwit is maar net, sou ander telers belangstel in die bokke, om die mark elke jaar van ‘n teeltroppie te voorsien vir nuwe kopers. ‘n Ander doelwit is om die gehalte van die bokke in terme van die horings en lyf nog verder te verbeter. Die bokke is andersins maar net soos gewone springbokke, net die kleurpatroon wat hulle uniek maak,” aldus De Jager.
Sy teeltrop is nou 80 bokke sterk, waarvan 40 die kleurafwyking het.
Deur Lourens Schoeman

Vier in die Hof

CRADOCK
Vier mans het verlede Vrydag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en sewe klagtes van huisbraak en diefstal.
Hulle inhegtenisname spruit uit die dood van Hettie Philps (51) wat verlede Dinsdag in die vroeë oggendure in haar huis in Aalwynstraat op die dorp vermoor is. Sy is na bewering in die oog geskiet en daarna versmoor. Sy was die verpleegsuster by die plaaslike tehuis vir bejaardes en haar liggaam is deur lede van die tehuis se personeel ontdek nadat sy nie vir werk opgedaag het nie. Die beskuldigdes, Malibongwe Dywili (19), Sinethemba Mzimkulu (23), Athemkosi Davids (19) en Aseko Malambile (26) is almal van die plaaslike Lingelihle woonbuurt en is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van ‘n lid van die gemeenskap ontvang het. Die saak is uitgestel tot 22 Februarie vir verdere ondersoek en daar is gelas dat die beskuldigdes in hegtenis moet bly.
Inwoners van die dorp het hul vertroue uitgespreek dat die inhegtenisneming van hierdie beskuldigdes ‘n einde sal bring aan die geweldige vlaag van veertien inbrake wat die afgelope twee weke inwoners van die dorp geteister het. Plakkaatdraende vroue het Vrydagoggend voor die plaaslike landdroskantoor saamgedrom en geëis dat borgtog nie aan die beskuldigdes toegestaan moet word nie.
Hettie Philps, wat oorleef word deur haar man, Fred, en drie seuns uit ‘n vorige huwelik, is Saterdagmiddag om 15:00 vanuit die Cradock-Oos Kerk begrawe.

Militêre begrafnis in Middelburg


Soos reeds bekend is, is die Springbokrugbyspeler, Elton Jantjies se pa oorlede. Mnr Jantjies ontvang ‘n volle millitêre begrafnis, wat op DV Saterdag, 9 Februarie 2013 in Middelburg sal plaasvind.
Vanaf Vrydag sal ‘n hele aantal weermag personeellede in die dorp wees, en verblyf sal aan meer as 100 lede verskaf word.
Die begrafnis sal plaasvind om 10:00 vanuit die Midros Gemeenskapsaal. Vanaf die saal, sal weermaglede marsjeer tot by die begraafplaas. Die betrokke strate sal ook afgesper word.
Die stoet sal gelei word deur ‘n volle Millitêre orkes. Daar sal heelwat Verkeersbeamptes asook Millitêre Polisie teenwoordig wees.


LEES BINNE/READ INSIDE
  • Altus van die Laan opgemerk by Ramveiling-Cradock
  • Lofosgemeente op Kookhuis groet sy Leraarspaar
  • De Freitas Spar Bruintjieshoogte Marathon eersdaags
  • Wolpryse styg tot rekordvlak

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now