Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
mnr en mej CHS
GLAMOUR EVENING OF THE THERON
& DU PLESSIS
MR & MISS CHS 2014
CRADOCK

On Friday 7 February 2014 the annual crowning of the Theron du Plessis Mr and Miss Cradock High School was held in the AB du Toit Hall.
The theme, “Under construction” was a tongue-in-cheek reference to the strikes and industrial unrest which leave many a project incomplete. However, there was absolutely nothing incomplete about the performance of the finalists. Under tutorage of the very accomplished Melina Smit each finalist was immaculate. With excellent make-up and careful styling by the local artists the young people looked like professional models.
This year saw a very tough competition and each finalist stepped out as a winner. The judges were Mrs. Louisa Pretorius, Mrs. Sandra Adami and Mr Tertius McLoughlin. No-one in the audience envied them their task.
Mr. and Miss Personality are, according to tradition determined by the contestants themselves. The winners were Adri Burger and Bongani Matika. The latter has acquired the nickname Boer on account of his flawless Afrikaans. He had the crowd baying with his choice of “De La Rey” as an accompanying song on the ramp..
Mr. Ryno Ferreira of Sky Photography offered two photo sessions to Yana Piek and Amor Truman respectively. The Second Prince was Albert Labuschagne, with Jason Lord as First Prince and Donavan Tam as Mr. CHS. The Second Princess was Asleigh Stander, with Elmien Roux as First Princess and Annelu le Roux as Miss CHS.
Despite the heat the audience thoroughly enjoyed the evening as well as the tasty meal offered to them.
CHS once again wishes to thank all the sponsors who, as in the past, opened their hearts and purses to the school.

RUGBYFEES IN CRADOCK
WILNA DE KLERK

CRADOCK :
Cradock 200 herdenkings-komitee is druk besig met die reëling van verskeie byeenkomste om 2014 ‘n verjaarsdagjaar vir Cradock te maak wat nie maklik vergeet gaan word nie.
Een van die grootste van hierdie gebeurtenisse is die Vodacom kragmeting tussen O P Kings en die Vrystaat wat op 29 Maart hier plaasvind. Kaartjies gaan binnekort by Computicket beskikbaar wees en dit blyk of alle moontlike oornagplekke in die dorp reeds vol bespreek is.
Op Saterdag, 29 Maart gaan nòg groot geskiedenis op Cradock gemaak word met ‘n reuse saamtrek van oud NOK spelers wat uit alle oorde op die dorp gaan saamtrek. Volgens Hendrik Opperman, die organiseerder, het hy reeds positiewe reaksie van meer as 150 oud NOK spelers ontvang. Hulle sluit ondermeer in Willem Looch van Colesberg, een van die eerste NOK kapteins en Koos Marais, broer van die Springbok Hannes Marais, wat ook ‘n NOK kaptein was. Johan Langner wat meer as veertig wedstryde vir NOK in die voorry gespeel, Deon Vermaak, lank kaptein van NOK, Baba Botha en die legendariese Droes van Vuuren wat eers ‘n speler en later afrigter van die span was, beplan om almal teenwoordig te wees.
‘n Blokbespreking op die pawiljoen word vir hierdie oud NOK spelers beplan en alle belangstellendes word aangeraai om so gou as moontlik met Hendrik Opperman (tel. 048 881 1943 / 0823255748) in verbinding te tree.
Hoërskool Cradock se klubhuis gaan Saterdag, voor die wedstryd vir die NOK manne oopgestel word en ‘n baie interessante uitstalling van NOK memorabilia word beplan.
Cradock was vir baie jare die hoofkwartier van NOK rugby. Rugbyspelers uit hierdie omgewing het voorheen vir OP Platteland uitgedraf en sover vasgestel kon word was diè unie se eerste wedstryd as NOK ‘n kragmeting teen Grens terwyl NOK in hul laaste interprovinsiale wedstryd vir SWD met 11-9 geklop het in die Platteland finaal in 1995.
Welsynsorganisasies en privaat instansies gaan op 29 Maart geleentheid kry om stalletjies op te rig en met verkope fondse vir hulself in te samel. Elmarie Barkhuizen (0746031407) het al die inligting.
Belangstellendes word versoek om die verjaarsdag almanak wat elders in die koerant verskyn, uit te knip sodat hulle nie een van al die baie spog geleenthede van 2014 sal misloop nie.


AfriForum koop
“moedertaalonderrig” vir
alle Suid-Afrikaners
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die woord “moedertaal-onderrig” eksklusief aangekoop as deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se fondswerwingsprojek, “Borg ‘n Woord”. Die WAT – kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke – dokumenteer die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang en is die grootste projek ooit rondom Afrikaans. Fondse word benodig om hierdie groot taak voort te sit en AfriForum ondersteun dit graag op hierdie wyse.
Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, koop AfriForum “moedertaal-onderrig” aan om alle Suid-Afrikaners bewus te maak van die voordele wat hierdie inter-nasionaal erkende reg vir mense inhou. In lande waar moedertaalonderrig geredelik beskikbaar is, is daar oor die algemeen meer politieke stabiliteit, minder werkloosheid en hoër vlakke van geletterdheid. Leerders is meer geneig om hulle skoolloopbane en studies te voltooi wanneer hulle onderrig in hulle moedertaal ontvang. Hulle vaar beter in vakke soos wiskunde en wetenskap omdat hulle abstrakte konsepte assimileer in hulle moedertaal, en nie net memoriseer in ‘n tweede taal nie.
AfriForum se ideaal is dat elke Suid-Afrikaner uiteindelik toegang tot hoëgehalteonderrig in sy of haar moedertaal moet kry.
Suid-Afrikaners is volgens Bailey nog veels te onbewus van hulle taalregte. Hulle besef nie dat die erkenning daarvan deel vorm van die erkenning van hulle menswaardigheid, soos gewaarborg in die Grondwet nie. “Taal is nie bloot net ‘n kommunikasie-medium nie – dit is ‘n onlosmaaklike deel van elke mens se identiteit. Ons moet die toepassing van moeder-taalonderrig in Suid-Afrika aktief bevorder. Dit is ook noodsaaklik om projekte soos die WAT te ondersteun en ons moedertale so uit te bou,” het sy gesê.
• AfriForum borg die woord “moedertaal-onderrig” met R5 000, maar enigeen kan ‘n woord vir so min as R100 borg.

Lees binne:
  • Dedication – NJ Viljoen
  • Middelburg: Sakekamer verwelkom studente
  • Die misterieuse storie van Cradock se DBV

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now