Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
PLAASVEILIGHEID
WILNA DE KLERK
CRADOCK :
Agri Oos Kaap het onlangs ‘n “roadshow” op Burgersdorp gehou waar indringende aangeleenthede insake boerdery in 2014 onder die loep gekom het.
Volgens Paul Collett, wat die vergadering namens Cradock Distriks Landbou-unie bygewoon het, was plaasveiligheid, kort na die plaasmoord naby Barkley Oos, een van die onderwerpe wat die meeste aandag geniet het. Hy sê alhoewel die betrokke plaas glo met hoë veiligheidsheinings beskerm was, was sekere hekke oop en was die aanvallers glo ook bewus van groot bedrae kontant op die perseel
Uit die bespreking wat gevolg het, is ‘n beroep op boere gedoen om nie groot bedrae kontant tuis aan te hou nie en is hulle gewaarsku teen die verspreiding van stories soos die verkoop van ‘n stoetbul vir derduisende rande, aangesien dit ‘n vals persepsie van baie geld wat beskikbaar is, skep. Indien sulke stories die rondte doen stel dit die hele gemeenskap in gevaar, is gesê.
In antwoord op ‘n vraag het ‘n woordvoerder van Agri Oos Kaap gesê daar is geen bewys dat plaasaanvalle wraakneming is nadat boere aanklagte van veediefstal by die polisie aangemeld het nie.
Boere is aangeraai om vuurwapens in ‘n kluis se slotte uit te haal sodat die wapens in geval van ‘n aanval, nie teen hulle gebruik kan word nie. Toestelle wat beskikbaar is en wat aan ‘n gewone geweerkluis pas, kan ‘n boodskap na bure of ‘n veiligheidsmaatskappy uitstuur wanneer daar met die kluis gepeuter word.
Plaaswinkels word ook as gevaarlik beskou en ‘n waarskuwing dat enige iemand wat tabak of kos na ure kom vra, moontlik net ‘n inkomkans soek, is gegee.
Boere is ook gewaarsku om nie nuwe werkers sonder voldoende verwysings in diens te neem nie.
“Wanneer ‘n boer van die plaas af weg was, is dit ‘n goeie plan om eers by die werkershuise aan te ry aangesien hy vining tekens van probleme sal kan optel. Honde wat nie hul mense by die hek ontmoet nie, moet ook waarskuwing van moontlik probleme dien,” is gesê
Boere is ook aangemoedig om die polisie met padpatrollies by te staan en om tweerigting radio’s in gevalle van veediefstal en plaasaanvalle te gebruik. Dit is ook belangrik dat bure gereeld na ander in die omtrek se welstand moet verneem, is gesê.

HOOGSTEDE MERINO’S
HOU SUKSESVOLLE VEILING
HOOGSTEDEMERINOS
HOOGSTEDE MERINO’S HET VRYDAG 25 JANUARIE 2014 HULLE PRODUKSIEVEILING GEHAD DIE RAMME IS VERKOOP TEEN ‘N GEMIDDELDE PRYS VAN R5 982. DIE HOOGSTE PRYS RAM HET R36 000 BEHAAL. BKB CRADOCK HET DIE VEILING WAARGENEEM.
V.L.N.R – Sakkie van Heerden (verkoper), Phillie Schoombee (Afslaer), Zirk Jordaan (Koper van Somerset-Oos), Jacques Loubser (BKB)



GELUK AAN DEPARTEMENT VAN
LANDOU, BOSBOU EN VISSERY
Suid-Afrika het weer die Bek-en-Klouseer vrye sone status waar inenting nie toegepas word nie, met ingang van 14 Februarie 2014 herwin. Volgens ‘n amptelike brief van die Internasionale Dieregesondheids-organisasie (OIE).
Die OIE sal ‘n verklaring publiseer op die OIE webwerf oor die herinstelling van die sone van Suid-Afrika.
Die Wetenskaplike Kommissie van die OIE sal ‘n afvaardiging van kundiges teen die einde van 2014 na Suid-Afrika stuur om sekere regstellende maatreëls te verifieer.
“Van die bedryf se kant van die RPO wil ons die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met hierdie baie positiewe prestasie en ons sal nou saamwerk met ander instansies in die bedryf. Ons sal nou saamwerk met die Departement en ander rolspelers in die bedryf om te voldoen aan hierdie maatreëls”, sê meneer Lardus van Zyl, Voorsitter Nasionale RPO.
“Dit is baie goeie nuus vir Suid-Afrikaanse Landbou, dit word beraam dat die jaarlikse verlies sedert Suid-Afrika sy status verloor het omtrent R4 miljard per jaar was,” Aldus mnr van Zyl.
Dit is nie net goeie nuus vir rooivleisuitvoer nie, maar ook die huide, velle en leerindustrie sowel as die stoet en ander industrieë soos suiwel en wol sal ook voordeel trek.
Die RPO wil graag die topbestuur van die Departement Landbou bedank vir die konstruktiewe samewerking oor die dieregesondheid-kwessies wat veral sedert 2013 momentum gekry het.
Enige navrae kan gerig word aan mnr Lardus van Zyl – Voorsitter, Nasionale RPO, sel 082 944 7099 of mnr Gerhard Schutte – HUB, Nasionale RPO, sel 082 556 7296.

Lees binne:
  • Kragtoevoer op Cradock
  • Pioneering fuel company welcomes pioneering entrepreneur on board
  • Transnet Phelophepha – Hoop van die armes

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now