Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

 22 GROENTES IN EEN

GROENTETUIN

ADELAIDE

Chris de Wit het die afgelope twee maande dit reg gekry om 22 verskillende groentesoorte gelyktydig te produseer op sy erf in Stockenstroomstraat, Adelaide. Die grote van die tuin is maar slegs 22 meter by 35 meter. Danksy ‘n boorgat kon die groente die afgelope twee maande se hitte oorleef. Dit is vir ons elkeen ‘n aansporing om selfvoorsienend te wees ten opsigte van ons eie verbouing van groentes vir persoonlike gebruik. Daar is niks so lekker soos eie groente uit jou eie tuin nie.

Hubbard-squash-van-13

Foto byskrif:ADELAIDE

‘n “Hubbard squash” van 13,3 kg en ‘n beet van 1,2 kg uit Chris de Wit se tuin.


 

Somerset-Oos-span-Marathon

Friendly City Marathon uitslae

SOMERSET-OOS

Op Saterdag, 30 Januarie 2015, het ‘n paar atlete van die Somerset-Oos Atletiekklub, onderskeidelik aan die marathon (42km), 10km en 5km wedlope deelgeneem. Dit was ‘n warm dag sonder ‘n wind om die atlete af te koel, maar nogtans het ons atlete goed gevaar.

Nadine Schoeman het haar stempel weer afgedruk tydens die 5km wedloop en derde geëindig. Carlin Janse van Rensburg het ‘n algehele 2de plek by die vrouens behaal tydens die 10km wedloop (tyd 0:44:43).

Tydens die marathon het Patrick Peta ‘n algehele 10de plek verower en sy goue medalje met ‘n tyd van 3:02:03 verdien. Hy was ook 6de in sy ouderdomskategorie geëindig. Dafre Troskie het met ‘n tyd van 4:15:30 ‘n 3de plek in haar ouderdomskategorie behaal. Henrico Marais het ook gekwalifiseer vir Comrades in ‘n tyd van 3:54:13. Dis net Thys van Tonder wat ‘n marathon sal aanpak sonder enige oefening, nadat hy vir maande buite aksie was weens ‘n besering, en dan nog steeds die wedloop binne die afsnytyd voltooi. Sy tyd was 5:05:50. Welgedaan julle!

Die 39ste Bruintjieshoogte Marathon vind hierdie jaar plaas op 16 April 2015 en wil ons almal uitnooi en aanmoedig om daaraan deel te neem. Verdere inligting rakende die wedloop sal binnekort bekendgemaak word, maar intussen kan julle solank begin oefen.

Indien enige persoon navrae het om by die Somerset-Oos Atletiekklub aan te sluit, kan hulle gerus vir Ronette Marais kontak by:  083-505 7700.

Van voet tot voet

Somerset Oos Atletiekklub

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now