Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Snyberg en Welgedaght Angora Ramveiling
Op bostaande foto verskyn – staande saam met die duurste ram van R11 000. Thakane Lekena, Bulane Lenkoane (koper) en Leon Eybers (verkoper).
Voor van links: Corné Nel en JJ van der Watt (afslaer).
‘n 100% verkope is op die veiling behaal.
Snyberg en Welgedaght
Angoraramveiling
OP Donderdag 29 November 2013 het Leon Eybers van Rietbron sy eerste produksieveiling gehou te Graaff-Reinet Skougronde onder die vaandel, Snyberg en Welgedaght Angora’s. Die genetika is bekend onder alle Angora telers en was 2012 geen uitsondering oor al die toekennings wat die ramme behaal het nie. BKB Cradock het n baie suksesvolle veiling aangebied en kopers het van ver gekom om die gesogte ramme te koop en is dit geen verassing dat 100% verkope behaal is nie.
Die duurste ram, R11 000 is deur mnr Bulane Lenkoane van Qacha’s Nek, Lesotho gekoop. Lesotho Livestock het ook die meeste ramme op veiling gekoop. Die tweede duurste ram is deur Boeta Grobbelaar van Brakfontein, Murraysburg vir R10 500 gekoop. Die gemiddelde prys van die ramme het R4032 beloop. Leon gaan volgende jaar die veiling op sy plaas Welgedaght, Rietbron distrik, onder die naam Welgedaght Angora Stoet aanbied. Leon wil van die geleentheid gebruik maak om die kopers asook die borge, BKB, Bayer, Voermol en J&B Boeredienste te bedank vir die ondersteuning .

O.K.O.D versuur Fort Beaufort
Matrikulante se soetste dag
FORT BEAUFORT
Vir onderwysers en leerlinge van een van die toppresterende skole in die Fort Beaufortdistrik is 4 Januarie, die dag waarop matriekuitslae vir 2012 landwyd in die media bekend gemaak is een wat hulle nooit weer wil beleef nie. Toe matriekkandidate van die Hoër Landbouskool Winterberg die afgelope Donderdag vol opgewondenheid hul koerante oopslaan moes ‘n volle 24 van hulle se moed tot in hul skoene sak.
Luidens die koerant het slegs 23 van die skool se 48 matriekkandidate die paal gehaal. “Ek kon net nie glo dat ons skool wat jarelank ‘n 100% matriekslaagsyfer handhaaf ewe skielik tot 50% gedaal het nie” , het ‘n ontstoke ouer by navraag gesê.
‘n Senutergende oor-en-weer bellery tussen kandidate het uiteindelik aan die lig gebring dat al die leerlinge wat biologie in hul matriekjaar geneem het se name nie in die uitslae gelys was nie. Hoër Landbouskool Winterberg handhaaf jarelank al ‘n 100% matriekslaagsyfer en is een van die topskole in die Fort Beaufort-distrik wat vanjaar weer die swakste van al die distrikte in die Oos-Kaap gevaar het.
‘n Opvallend ontstelde mnr. André Jansen van Vuuren, skoolhoof van Winterberg, het bevestig dat die leerlinge wat nie in die koerant gelys was nie, almal Biologie as vak in hul matriekjaar gehad het. “Ek het die leerlinge se Biologie Skoolgebaseerde Assesseringspunte (SBA) by die distrikkantoor ingehandig. Met die bekendstelling van die voorlopige uitslae het dit my opgeval dat die kandidate se SBA punte nie bygereken is nie en ek het dit toe weer deurgestuur. ‘n Probleem moes met die invoer van die punte by die Departement se databasis op Zwelitsha ingetree het” , het Van Vuuren gesê. Luidens Jansen van Vuuren is dit onregverdig van die Departement om nou ewe skielik die skuld op skoolhoofde se skouers te wil plak. Die Departement het belowe om die 24 kandidate wat almal geslaag het se uitslae eerskomende Maandag vry te stel.
“Alhoewel ek in ekstase is dat ek my matriekeindeksamen deurgekom het was ek nogal teleurgesteld en bekommerd toe ek nie my naam in die koerant sien nie. Gelukkig beskik ek oor ‘n sterk geloof en volle vertroue in myself”, het ‘n verligte Vanetia Whitecross, een van die geaffekteerde kandidate in ‘n onderhoud gesê.
– Anthony Venter


DONKER KERSFEES OP ADELAIDE
ADELAIDE
Kersfees 2012 sal onthou word op Adelaide as een van die slegste Kersfeestye in baie jare. Nie alleen het die hele dorpgedeelte sonder krag gesit nie, maar ook sekere dele van Lingelethu het geen watervoorsiening gehad nie.
Die kragonderbreking word toegeskryf aan weerlig wat ‘n ondergrondse kragkabel raakgeslaan het. Die kragonderbreking het geduur van Sondag, 23 Desember om 05h00 tot Donderdagaand, 27 Desember 2012 om 19h00. Dit was ‘n onderbreking van bykans 5 dae. Dit was in alle opsigte ‘n ramp. Inwoners kon nie geld trek by die bank of die outotellers nie. Besighede het swaar verliese gehad op die besigste dag van die jaar. Winkels moes duisende rande se roomys en ander bederfbare goed weggooi. Alle vrieskaste in die dorp het ontvries en die inwoners moes gou van hul vleis ontslae raak. Inwoners wat op vakansie was het al hul vleis verloor. Kerse en kragopwekkers het tydelike verligting gebied – maar die ongerief was groot. Selfs kommunikasie het in die slag gebly, as gevolg van die kragonderbreking. Gedurende Desembermaand was Lingelethu ook sporadies sonder water, dit terwyl die Koonap onlangs weer oor sy walle geloop het.
Baie vrae word gevra, onder andere hoekom Nxuba so lank gesloer het om die ondergrondse kragkabel te herstel ? Waarom ervaar gedeeltes van die dorp ‘n watertekort, tenspyte van vol riviere? Adelaide se dam is feitlik leeg! Wanneer word die R5 000 000,00 gespandeer wat toegestaan is om die dam se inloop oop te skraap? Amathola het beloftes gemaak, dat dit dadelik gedoen gaan word en daar is nog geen teken van enige werk nie.
In volgende week se uitgawe van die koerant sal probeer word om antwoorde te kry op van die vrae wat deur die gemeenskap gevra word. Persone is al genader by Nxuba, wat binnekort gereed sal wees om betroubare antwoorde te gee op die gemeenskap se vrae.

2013 Karoo Mighty Men
Conference costs to be
covered by donations
The Karoo Mighty Men Conference Committee has taken a huge step of faith and decided to invite men to attend the KMMC 2013 on a voluntary donation basis.Having hosted thousands of men at the inaugural KMMC in 2011 and at last year’s event, the committee members are well aware of the high cost of staging the event. They are, however, unanimous in their conviction that the KMMC 2013 from 26 to 28 April must be offered in the spirit of the Biblical festivals of Israel where people from all over the nation came together for a time of joyful celebration and to encounter God. All men are invited to participate in the festival and to freely contribute whatever they are led to give.

Once again the KMMC will be held on the farm Renosterfontein, near Middelburg and the line-up of speakers will include Mighty Men founder, Angus Buchan.

Explaining its decision to offer the KMMC 2013 on a donation basis, the committee says: “As a committee we have always been inspired by Angus’s faith. In 2007 we arranged a free, weekend family event in Middelburg. We hired 3 000 chairs from Bloemfontein and set them out in a big hall. We were amazed as people came from all over the place to attend the event in our small town. There were just enough chairs for everyone! That is what is on our heart for the KMMC 2013. We just want to extend an invitation to everyone to come along and enjoy a Jesus festival in the same way that the people of Israel enjoyed their special feast days. Those who cannot afford to pay can attend for free. Others can contribute as much as they are led to.

“For 2013 we want to build on the foundation of Angus’s faith: believing without seeing, exercising ‘potato faith’ that trusts that God will provide miraculously in the hour of need. After two years we know the cost of hosting a Mighty Men, but we are all of one mind that we must walk this road. We must present the Karoo Mighty Men 2013 without a set entry fee.”

The committee says it has great expectations for the KMMC 2013. It believes that people will catch the vision and flock to the event; that all costs will be covered and that God’s kingdom will be poured out as never before.

“It will not be just any festival. It will be a festival of joy and celebration where Christ will be honoured. It is inspiring that when Angus spoke at the Feast of Tabernacles in Israel in September the Holy Spirit appeared as a mighty rushing wind as in Acts chapter 2. “

Men attending the KMMC 2013 will have an opportunity to contribute to the upfront costs of the event by making a donation on the KMMC website, once registration opens. There will also be barrels at the event where men will be able to place their contributions.


LEES BINNE/READ INSIDE
  • SAICA pleased at the improvement in mathematics results
  • 2013 – The year of the Snake
  • Wolveilings hervat in PE
  • Stop Pay-Cheques for Teachers on 1 Februay
  • Bedford the new holders of the Midland Bat

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now