Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Middelburg Marianne
Mariaan Stannard, nuwe hoof van die Hoërskool Middelburg.
HOËRSKOOL MIDDELBURG
KRY NUWE SKOOLHOOF
Op 11 Januarie het me. Marianne Stannard die goeie nuus ontvang dat sy aangestel is as hoof van die Hoërskool Middelburg – die eerste vrou om die pos te beklee. Sy was vir ‘n paar jaar Departementshoof en het na mnr. Albré Wagner se vertrek die laaste 6 maande van verlede jaar as hoof waargeneem.Sy het B.Sc.en ‘n Onderwys Diploma aan die Universiteit Stellenbosch behaal waarna sy vir 6 maande by die King Edward Hoërskool in Matatiele en daarna vir 6 maande aan die Hoërskool D M Pretorius, Noupoort verbonde was.Op 1 Januarie 1998 het sy ‘n Beheerliggaampos by die Hoërskool Middelburg aanvaar, maar na drie maande het sy ‘n permanente aanstelling gekry en vandaar het sy net van krag tot krag gegaan.

Verskeie van haar leerders het uitstekend presteer in die Nasionale Expo en drie van hulle, Gert Kruger, Pieter du Plessis en Christopher Wilken se take was so goed dat hulle na die buiteland is, Gert na Swede, Pieter na Reunion en Thailand en Christopher na die VSA.

Sy is getroud met Cyril Stannard en is die ma van drie dogters.

Dit gaan goed by die Hoërskool Middelburg. Die personeel is voltallig en Woensdag as die skole heropen sal almal skouer aan die wiel moet sit en met hul volle program begin.


DIE VGK RING VAN GRAAFF-REINET NEEM STANDPUNT IN TEEN DIE PROSES VAN HIDROLIESE ROTSBREKING/FRACKING IN
DIE KAROO EN DIE TOESTAND
VAN DIE ONDERWYS
Die Ring glo dat die kerk in die lig van die aard en gevolge van hidroliese breking ‘n stem het en wil dit gebruik om die implementering van die proses teen te staan. Die Ring besef dat armoede en werkloosheid brandende kwessies is wat werkskepping en investering noodsaak. Die Ring is van mening dat armoede en werkloosheid nie argumente is wat gebruik moet word om ‘n proses te regverdig wat ‘ katastrofale impak op die omgewing kan hê nie. Alle inligting tot ons beskikking dui daarop dat die proses van hidroliese breking ‘n onomkeerbare negatiewe effek op die omgewing wat reeds onder groot druk is sal hê. Die Ring is besorg oor die feit dat die staatsdepartement wat mineraalregte en energie hanteer ten spyte van die empiriese getuienis en ten spyte van openbare protes, steeds die proses van hidroliese breking oorweeg. Die Ring wil die Suid Afrikaanse samelewing aanmoedig om sy natuurlike omgewing te koester en bereid te wees om wat ons het met ander te deel sodat ons en ons kinders in ‘n gesonde omgewing mag bly leef.
Ten slotte wil die Ring sy lidmate oproep tot leidelike verset teen die implementering van die proses van hidroliese breking in die land en hulle aanmoedig om aktief die hand van die regering te neem in die verbetering van lewensomstandighede van al sy mense.
Die toestand van die Onderwys in die Ooskaap
Die Ring van Graaff-Reinet het tydens die Ringsitting te Willowmore, gedurende die naweek van 31 Augustus 2012 tot 02 September 2012, diep bewus geword van die onderwyssituasie in die Ring se bedieningsarea, in besonder, en in die Ooskaap in die algemeen. In die lig hiervan wil die Ring die volgende persverklaring maak:
Die VGK Ring van Graaff-Reinet som die situasie op in ‘n neutedop:
Van die brandpunte is die drastiese verswakking van skooldissipline, asook probleme ten opsigte van die voorsiening, aanstelling en betaling van onderwysers. Dit skep ‘n ernstige uitdaging vir sinvolle en doelmatige onderwys- en verswak die gehalte van onderwys. Slaagsyfers daal en van die druipelinge verlaat die skool en word deel van die werkloosheidsyfer. Die laat of nie- aflewering van skryfbehoeftes- insluitend hand- en leesboeke is ‘n ernstige uitdaging vir gehalte-onderwys. Geweld in skole neem ernstige afmetinge aan en die gesag van onderwysers word tot die uiterste beproef. Swak dissipline by sommige onderwysers dra ongelukkig by tot hierde situasie.
Aspekte wat deurslaggewend kan wees om onderwys weer koers te kry…
Ouers moet besef dat hulle primêr verantwoordelik is en bly vir die opvoeding en onderwys van hulle kinders. Kerk en skool moet nou saamwerk om opvoedings- en onderwysdoelwitte te verwesenlik, en beide onderwysers en leerders geestelik te ondersteun en te bemagtig. Die onderwys van ons kinders moet as vennootskap bedryf word tussen staat, ouers en onderwysers en ondersteun word deur die kerk as sosiale vennoot. Die herbevestiging van goeie en aanvaarbare lewenswaardes, gesag en dissipline in die onderwysstelsel kan die onderwyser weer op koers bring.
Die Provinsiale Onderwysdepartement moet die volgende aanspreek: Die onverwylde voorsiening van uitstaande hand- en skryfboeke aan skole. Die voorsiening van voldoende onderwysers sodat alle leerders onderrig kan ontvang in ‘n onderwyssituasie met ‘n opvoedkundig aanvaarbare onderwyser – leerderverhouding. Die ondersteuning van skole en onderwysers om dissipline terug te bring in alle skole. Noukeurige beplanning om in toekomstige behoeftes met betrekking tot leermateriaal, toerusting en geboue/fasiliteite te voorsien. Noukeurige beplanning om voldoende te voorsien in die toekomstige personeelbehoeftes van die onderwysstelsel (onderwys- en ondersteuningspersoneel). Verseker dat skryf en handboeke betyds gelewer sal word vir 2013 sodat onderrig op die dag van die heropening van skole ‘n aanvang kan neem.
In haar profetiese stem stel die kerk haarself beskikbaar as vennoot van die Onerwysdepartement, deur te help met geestelike opbou van die samelewing.
VGKerk Ring van Graaff-Reinet.


Warning against the abuse of liquor
The South African Police Service in the Eastern Cape urges members of the public to use alcohol responsibly and to liquor operators in the Province to comply with the conditions of their liquor licenses and take up their share of responsibility towards the safety of their patrons.
During the past Christmas break we had an alarming number of incidents where people were stabbed and killed and serious physical altercations occurred between patrons whilst coming from drinking places. “A stern warning is therefore sent to those who operate outlets, including taverns and/or bottle store owners to ensure compliance with the conditions of their liquor licenses and those selling liquor illegally will face the full brunt of the law, as the SAPS is ready and geared to act according to our mandate”, said Lt General Celiwe Binta earlier today. Community members are advised that drinking of intoxicating substances or engaging in festive activities should be done in moderation and without infringing on the rights of others. Extra precautionary measures must be taken when visiting the places where alcohol is sold and consumed. Extra precautionary measures must also be taken for the young children and elderly people who are left behind at home, as many incidents of abuse of children and the elderly have been reported during the past Christmas break.
Police have also found that many of these liquor outlets are not complying with the conditions of their liquor licenses and the following was found to be prevailing:
* opening and closing times, not being observed;
* allowing patrons to drink outside the designated structure and in full view of the public;
* serving alcohol to already severely intoxicated people;
* allowing their patrons to disturb the peace of neighbours and turning a blind eye to disorderly and abusive patrons;
* allowing firearms and other dangerous weapons such as knives onto the licensed premises;
*serving alcohol to minors and allowing them access to the premises, when they are not supposed to.
We also make a call to community leaders and parents to support the SAPS in the fight against liquor abuse and to report such activities. The following people can be contacted to report liquor abuse; Major General Jones Mbambala 082 779 7195 and Colonel Derrick Koesnell 082 410 7473

SELFS AASVOËLS KOM
KUIER IN SOMERSET OOS
Wie sou nou ooit kon raai dat ons op Sondag die 30ste Desember op hierdie pragtige ( maar gevaarlike voël ) sou afkom. My skoonpa, Ken Melson, het hom in die agterplaas van die Somerset Hotel gewaar, waar hy uit ‘n boom uit geval het. Die eerste ding wat ons gedink het is dat hy dalk beseer was en dit die rede was dat hy nie kon vlieg nie.
Robyn Cuyler was so gaaf om ons te kom help. Sy het die veearts ( dr. J.W. Louw) ontbied en hy het die voël gevang en plaas toe gevat om verdere ondersoek in te stel. Ons was toe in kennis gestel dat die voël na die Addo se “Rapture Reptile” sentrum geneem is vir rehabilitasie. Na ‘n onlangse gesprek met Darren van die sentrum is ons gesê dat dit baie goed gaan met Griffen (Addo se troetelnaam vir hom). Hy het geen beserings gehad nie. Hy is blykbaar ook so mak soos ‘n lammetjie en volg Darren rond sodra hy die hok oopmaak. Ons was ook gesê dat die rede dat hy nie kon vlieg nie, sy ouderdom was. Hy was net 4 maande oud! Ek is ook maar bly dat hy net ‘n babatjie was want ek weet nie of my hart dit sou hou met ‘n volgroeide aasvoël wat my in die oë staar nie. Sjoe!!
Daar is ook ‘n groot raaisel oor hoe die voël hier beland het en hoe hy in die boom gekom het, want volgens Darren is die naaste kolonie +/- 200km van ons af weg.
Ons wil net baie dankie sê vir Robyn Cuyler wat dadelik kom help het asook dr. J.W. Louw. Dit word opreg wardeer.
Die Kaapse Aasvoël is ‘n bedreigde spesie – so streng boetes word toegepas vir enige persone wat hulle aanhou of bedreig.
vulture3
Die Kaapse Aasvoël wat op Somerset-Oos sy opwagting gemaak het

LEES BINNE/READ INSIDE
  • The Water Shop – Somerset East’s first water shop
  • Pearston – Pasop vir die donkies
  • Bekende gaan in Amerika tennisspeel
  • Twelve of Somerset East to take part in SpecSavers Ironman 70.3.

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now