Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

ScreenHunter_252 Jan. 20 09.44

MIDDELBURG WATERKRISIS

RAAK ERGER

MIDDELBURG

Die plaaslike Wilhelm Stahl hospitaal in Middelburg het vanaf Vrydag 9 Januarie ‘n erge waterkrisis begin beleef toe daar geen water beskikbaar was in die hospitaal vir enige dienste .

Volgens die amptenare gemoeid met water was die waterdruk te laag van waterpompe wat nie werk of lug suig om water in die

watertenks te pomp en om die dorp se reservoirs vol te maak .

Die pasiënte se besoekers en familielede moes water begin saambring hospitaal toe.

Die DA Raadslede van Middelburg , Me Ada Sammy en Engela Kruger met helpers het begin water aanry in houers . Sondag is daar in alle kerke in die dorp afgekondig dat alle inwoners asseblief houers water na die hospitaal moet bring om die nood te verlig en is water tot Maandag-oggend aangery .

Dinsdagoggend 13 Januarie is die druk verlig na daar ‘n dringende vergadering Maandag-oggend 12 Januarie aangevra is met die Hoof Waterdienste en Area Bestuurder van Chris Hani , die amptenare saam met die Belasting-betalersforum

[ Donwatt Pringle en Fred Serfontein ] en Raadslede van IYM Engela Kruger en LD Zizi. Die vergadering is gelei deur Rev Fatyela [ Verteenwoordiger : water en sanitasie –Middelburg ] .

Na afloop van ‘n “warm” vergadering is water-verleggings dadelik gedoen en water het teen gisteraand in die watertenks begin inloop by die hospitaal .

Die Middelburg publiek in die dorp word hartlik bedank vir hul skenkings van water veral Sondag toe die nood en krisis in die hospitaal op sy hoogste was . Dit is net weereens ‘n bewys dat die Middelburgers kan saamstaan as die nood hoog is .

 


 

AfriForum stel

 

24-uur krisislyn bekend

 

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n 24-uur krisislyn bekendgestel, waar die organisasie se meer as 117 000 lede en hulle gesinne misdade en ander noodgevalle telefonies kan aanmeld en dringende hulp kan vra.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie besluit om dié gratis nooddiens aan lede, genaamd AfriForum 911, te loods in die lig van die groeiende misdaad-krisis in die land en die feit dat die polisie dikwels traag in noodgevalle reageer. ”Waar die regering misluk in sy basiese verpligtinge om burgers se veiligheid te verseker, moet ons self begin doen wat ons kan om ons lede se veiligheid te probeer verseker”, het Kriel gesê.

Die telefoonsentrum, waar die krisislyn 365 dae per jaar beman word, sal sodra ‘n noodoproep rakende ‘n misdaad ontvang is, namens die inbeller die die polisie, die inbellers se bure en familie, sekerheids-maatskappy en naaste AfriForum-gemeenskaps-veiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. AfriForum se lede kan die kontak-besonderhede van diegene wat in noodgevalle gekontak moet word, by www.afriforum911.co.za registreer.

Mediese noodgevalle kan volgens Kriel ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word. ”Aangesien lede vooraf besonderhede rakende hulle mediese fonds, bloedgroep en allergieë kan registreer, sal dit mediese bystand in noodgevalle verge-maklik”, het Kriel bygevoeg. Volgens hom vorm telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies ook deel van die diens.

As deel van die diens, word ‘n groen AfriForum 911-armband met die noodlyn se nommer aan elke lid gestuur. Elke armband het ook ‘n unieke nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en ander besonderhede gekoppel word. Sodoende sal die lid, sou hy of sy bewusteloos wees, identifiseer kan word. Die armband, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan byvoorbeeld ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsituasies deur die krisislyn op te spoor.

 


 

Lees binne:

  • Pieter Retief: Held en bankrot skelm?
  • John Midgley – an appreciation

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now