Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Leon de Beer
Leon de Beer
WOLBEDRYF
POSITIEF OOR TOEKOMS
Deur Lourens Schoeman
Met wolpryse op die hoogste vlak ooit, en gesteun deur ‘n sterk vraag na goeie gehalte wol, is die vooruitsigte vir 2014 uitstekend vir die wolbedryf, sê die hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekers-vereniging, Leon de Beer.
De Beer het in ‘n onderhoud gesê die verswakking van die Rand teen die belangrikste geldeenhede sal uiteraard ook wolpryse ondersteun, maar aan die anderkant druk op insetkoste plaas ten opsigte van produkte wat ingevoer moet word.
“Wol uitvoersyfers vir die afgelope ses maande van die 2013/14 bemarkingseisoen (Julie tot Desember) na die belangrikste uitvoerbestemmings, soos China, Tjeggiese Republiek en Italië, toon ‘n positiewe tendens wat tekenend is van ‘n verbetering in die Europese ekonomie.
“Hierdie verbetering in die ekonomie ondersteun verder die vraag na wol in China, aangesien Europa ‘n belangrike mark vir verwerkte wolprodukte vanaf China is,” aldus De Beer.
“Die uitvoere van onverwerkte wol van Suid-Afrika na China en die Tjeggiese Republiek het met onderskeidelik 21% en 29% toegeneem teenoor die vorige seisoen. Die uitvoer van onverwerkte wol na Italië het met 68% toegeneem teenoor die vorige seisoen, terwyl die uitvoer van verwerkte wol na Italië met 116% toegeneem in die ooreenstemmende tyd en die uitvoer van onverwerkte wol na Egipte met 56% toegeneem het,” het hy bygevoeg.
Maar, sê De Beer, daar is ook etlike uitdagings wat die bedryf die hoof moet bied, soos die grondhervormingsbeleid van die regering wat ‘n groot impak het op landbou in die algemeen, asook die beloftes wat deur politici gemaak word in die aanloop tot die verkiesing.
“Wol is ‘n belangrike uitvoerproduk en bly uiters kwesbaar vir uitbrake van siektes in die land, soos Bek-en-Klouseer en Slenkdalkoors, terwyl die voortdurende bedreiging van roofdiere, veral vir kleinvee, kommerwek-kend is.
“Die bedryf sal voortgaan met pogings om beleid en ondersteuning van programme deur die Prestasie Bestuursforum te beïnvloed, asook om opleiding in predasiebestuur te voorsien in samewerking met die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO), die SA Sybokhaartelersvereniging en ander betrokkenes,” het De Beer bygevoeg.
De Beer het gesê die wolbedryf sien uit na twee belangrike internasionale byeenkomste wat gedurende April en begin Mei in Suid-Afrika gehou sal word. Die eerste is die kongres van die Internasionale Wol- en Tekstielvereniging wat van 28-30 April in Kaapstad gehou sal word, en die Merino 2014 kongres wat vanaf 29 April tot 1 Mei in Stellenbosch aangebied sal word.

Vodacom rugby in Cradock
CRADOCK
Rugby geskiedenis gaan binnekort gemaak word wanneer Cradock sy tweehonderdste be-staansjaar met Vodacom rugby op die platteland vier.
Dit is die afgelope naweek bevestig dat die Oostelike Provinsie se Southern Kings op 29 Maart die Vrystaat in ‘n Vodacom-kragmeting op Cradock gaan aandurf. Diè belangrike wedstryd vind op 29 Maart op die plaaslike sportgronde plaas.
Volgens Debbie Ellis, operasionele bestuurder van die OP Kings, is Vodacom-kragmetings vir die hele gemeenskap en is die OP-bestuur verheug dat hierdie wedstryd nie net tot die mense van Port Elizabeth beperk gaan wees nie, maar dat die hele Oos Kaap daarby betrokke kan wees.
“Ons wil graag die hele gemeenskap blootstel aan Vodacom rugby en nie net uitgesoekte enkeles nie,” het sy die naweek gesê toe sy en lede van haar bestuurspan Cradock besoek het om die dorp se rugby fasiliteite te inspekteer. Sy het gesê die span vir die besoek aan Cradock is nog nie bekendgestel nie, maar dat sy toeskouers kan verseker dat Southern Kings wel hul sterkste span in die veld gaan stoot teen die Vrystaat.
Volgens haar is die spelers net so opge-wonde oor hierdie wedstryd. “Dit is vir hulle ‘n hele nuwe ondervinding,” het sy gesê en bygevoeg dat dit die span se “eerste tuiswedstryd (steeds in OP) maar tog weg van die huis af” sal wees. Volgens haar gaan dit ook baie opwindend vir drie oud Marlow spelers, te wete Steven Sykes, Paul Schoeman en Marlou van Niekerk wees om voor hul tuisskare te speel.
Die Oostelike Provinsie se rugbyspan word reeds op 25 Maart op Cradock verwag en hulle sal eers Sondag na die wedstryd weer terug-keer na Port Elizabeth. Verskeie uitstappies en onthale word vir die span beplan en hulle sal ook verskillende afrigtings-klinieke vir skoolseuns behartig.
Intussen word ‘n groot saamtrek van alle oud Noord Oos Kaapland spelers by die wedstryd verwag. Almal wat wil meedoen moet vir Hendrik Opperman (048 881 1943 / 082 325 5748) kontak.
Na verwagting word meer as 6000 toeskouers by die wedstryd verwag. Die organiseerders benodig losstaande pawiljoene en enige iemand wat kan help word gevra om met Charles Garth (072 474 181) in verbinding te tree.
Intussen is 29 Maart ook die afskopdag van Marlow se jaarliks onder dertien rugbyweek waaraan 34 spanne van so ver as Gauteng, Pretoria en Kaapstad kom deelneem.

MAN STERF NA
RAAISELAGTIGE AANRANDING
FORT BEAUFORT:
‘n Familie van hierdie rustige dorp is stomgeslaan na die bizarre dood van een van hul lede die afgelope Saterdag. Die 48 – jarige Reagan Trompetter het in ‘n hospitaal op Oos Londen aan erge kopbeserings beswyk nadat hy verlede Donderdagoggend daar opgeneem is.
Luidens ‘n familielid wat verkies om anoniem te bly is hulle vroegoggend verlede Donderdag deur kinders na ‘n huis in die Newtown woonbuurt, waar die oorledene woonagtig was ontbied Hy is bewusteloos en in ‘n plas bloed aangetref en is onmiddellik hospitaal toe geneem. Hy is vermoedelik met ‘n yster aangerand.
‘n Neef van die oorledene wat die woning saam met hom gedeel het is die afgelope Saterdag deur die polisie in verband met die voorval in hegtenis geneem en is tans in aanhouding.
Nolan Venter

Lees binne:
  • Skoonheid van Adelaide verloof aan Shark Rugbyspeler
  • Fort Beaufort Skoolhoof slap op skool se dak
  • A Dog, a Child, and a Small Karoo Town
  • Crisis at Aeroville Secondary School in Somerset East

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now