Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Jak Troskie
Wyle mnr Jonathan (Jak) Troskie
Skokkende en onbesonne
aanval op Bassonsberg
SOMERSET-OOS
ONS GEMEENSKAP was verslae en tot in sy fondasie geskok gelaat met Donderdag 12 Desember se plaasaan-val en sinnelose moord op mnr Jonathan (Jak) Troskie en die aanranding van sy eggenote, Idelette, op hul plaas Bassonsberg net buite Somerset-Oos. Genadiglik is die kleinkinders wat by hulle gekuier het nie beseer nie. Dit opsigself is net genade. Ons hoop en bid dat daar nie sielkundige en emosionele skade aangerig is nie. Vriende en kennisse van die bekende gesin is in absolute rou gedompel deur die onbesonne dade van die lafhartige aanvallers/moordenaars. Geen politieke, maatskaplike of enige ander redenasie kan die optrede van die aanvallers regverdig nie. Die bitterste pil van alles om te sluk is die feit dat hierdie familie en egpaar net goed gedoen het vir hul werkers en medemens. Mnr Troskie was die vredeliewendste en nederigste mens wat enige persoon die voorreg kan hê om te kon ontmoet. Ek kan aan ‘n hele paar gevalle dink waar hy sy medemens en verskeie kerke in ons gemeenskap in swaarkry gehelp, ondersteun en geseën het. Dieselfde kan gesê word van mev. Troskie of tannie Idelette soos almal haar ken. Vandat ek as ‘n jong skoolseun kan onthou, is sy maar altyd die sameroepster van ons NG Kerk se beskuitbasaartafel. Sy bak, dwarsdeur die jaar, die lekkerste boerebeskuit om sodoende fondse vir die kerk se basaar in te samel. Sy het toevallig dieselfde dag van die plaasaanval, die Donderdagoggend, ‘n baksel beskuit vir my ma kom aflaai. Hierdie egpaar wat ek nou net in ‘n baie kort opsomming, maar waaroor ek eintlik bladsye oor kan skryf, wil probeer beskryf aan die lesers, se lewens is deur onnodige en niks anders as barbaarse optrede verwoes. Hul mooi voorbeeldige huwelik is kortsigtig deur lafaards beëindig. Ek/ons sukkel om dit te verwerk en te verstaan. Ek wil vra dat ons geagte President, sy regering en die georganiseerde landbou begin om standpunt in te neem oor die toenemende getal plaasaanvalle en –moorde. Ons land het mense en leiers met ruggraat en sterk leierseienskappe nodig om iets aan hierdie saak te doen. Ons kan nie hande gevou sit en toelaat dat hierdie onbesonne gruweldade voortduur nie. Families en gesinne se lewens word verwoes en die ergste van alles is, niemand weet wie is volgende nie. Dit saai onnodige paniek en emosie onder ons landbougemeenskap. My beskeie en miskien oningeligte mening is dat die Ooskaap Landbou Unie meer vokaal moet raak oor hierdie aangeleentheid en nie ‘n steen onaangeraak moet laat om hierdie krisis onophoudelik en ergerlik tot in die hoogste raadsale van ons land se regering te opper, aan te roer en aan te dring vir oplossings en strenger wetgewing en strawwe vir soortgelyke moorde en/of enige moord op onskuldige landsburgers, oor alle kleurgrense heen nie. Dit voel vir my net asof daar nie genoeg gedoen word nie, maar soos reeds genoem is dit miskien ‘n oningeligte mening, oningelig aangesien ek/ons miskien nie genoeg in die media lees en sien wat die georganiseerde landbou hieromtrent doen nie. Mnr Troskie se begrafnis was een van die grootstes wat die dorp nog gesien het, met familie, vriende en medeboere wat van heinde en verre gekom het, om hul laaste eer te betoon aan hierdie nederige Godsman. En om ook na die boodskap van ds Chris du Raan te luister om sodoende te probeer sin maak uit sy ontydige afsterwe. Ds du Raan verdien vermelding oor die mooi manier waarop hy hierdie uiters moeilike taak (Jak was ‘n groot vriend en geestelike vertroueling/vader vir hom) verrig het, met trooswoorde vir een en elkeen wat die diens bygewoon het. Die trooswoorde aan die kleinkinders wat die aand van die aanval teenwoordig was, dat hierdie slegte gebeure nie hul droom wat die Here vir hul lewe het, moet laat onderkry nie, bly mens onwillekeurig by en het menige met ‘n knop in die keel en trane in die oë gelaat. Ons gedagtes en gebede is saam met mev. Troskie hul kinders en familie om hierdie gebeure te verwerk. Baie van ons was geseën om hierdie beskeie man en boer te ken. Rus sag oom Jak!

Pearston vloed
DIE HOOFSTRAAT DEUR PEARSTON, was in ‘n rivier verander gedurende Sondag se swaar reën.
Die Water Hol Golfhoogte in
die Holsloot, Pearston
Priester van Pearston
Dit was ‘n rustige Sondagmiddag, 5 Januarie 2014, en terwyl die inwoners van Pearston in hulle huise luister na die mooi klanke van sagte donderweer-reën, soos enige ander keer, het daar ewe skielik na ‘n donderslag-blits ‘n harde bui begin val, met rampspoedige gevolge. Hierdie bui het die water van die Voëlrivier en Holsloot gevaarlik hoog laat styg. Dit het die mooi nuwejaar vir Pearston in ‘n oogwink verander in ‘n nagmêrrie met lewens-gevaarlike gevolge. Die hele Pearston is oorstroom, huise se geute het afgeval, plafonne ingegee en ‘n aantal huise langs die Holsloot in die bruinwoonbuurt, Nelsig, is verwoes. Volgens senior inwoners van Pearston is hierdie tipe neerslag tot meer as 50 jaar gelede gesien. Binne ‘n halfuur is 125mm (5 duim) reën gemeet. Die voorstraat (hoofstraat) van Pearston was oorspoel en gesluit vir verkeer. Die res van die Pearston se grondstrate is onmiddellik verander in modderriviere/slote/swembaddens. Volgens die inwoners van Nelsig (woonbeurt buitekant Pearston-dorp) het die water in die Holsloot ongeveer teen 5:30 nm ewe skielik ‘n hoë 4 meter bruin seegolf gevloei, wat veroorsaak het dat menigte huise (ongeveer 50 huise), drie tot vier strate diep, langs die Holsloot oorspoel is. Daar word vermoed dat ‘n gronddam hoër op in die riviertjie (Blyde Rivier) se damwal gebreek het, wat die massawater op die dorpie afgestuur het. Die hele gebeurtenis van destydse Laingsburg het voor die oë van Pearston se inwoners afgespeel, met inwoners wat hul kinders gryp en uit hulle huise moes vlug; nadat waardevolle besittings en soms duur waardevolle Kersgeskenke agterge-laat is. Die meeste van die inwoners, wat nie verseker was nie, het alles wat hulle in die lewe versamel het, verloor. Die hartseer van die gebeurtenis is, die wat dit die minste kon bekostig, is in die proses geruïneer. Bejaardes het alles verloor en moes met die klere aan hul lyf uit hul huise vlug. Dit was nie net die swaar donker wolke in die lug wat die onheil aangedui het nie, vir menigte inwoner langs die Holsloot het die donkerte hul toekoms aangekondig. Hul het alles (‘hul lewe’) verloor! Hul nuwejaar het in diep waters begin! Hulle nuwejaarsdrome is deur bruin golwe verwoes! Die huis van Joyce Arendse het erg skade opgedoen en sy het baie van haar meublement en besittings verloor in die vloed. Lizzie van Rooyen moes die modder kniediep uit haar huis vee. Verdere skade is aan die wonings van mnre Geswindt (skoolhoof van die Pearston Primêr), Lessing (oud-skoolhoof van Middelplaas Primêr) , Strydom en Joseph (eienaar van Barbie’s Tavern) aangerig. Die inwoners van Nelsig het mekaar onmiddellik bygestaan en probeer om op te ruim en tot in die laat oggendure huise skoon te maak en vloedwaters uit te skep. Baie van die inwoners het wasmasjiene, yskaste, mikrogolwe en vrieskaste verloor wat deur die vloed weggevoer en verwoes is. Verdere skade is opgedoen deur lewende hawe soos hoenders, skape en bokke wat deur die rivier meegesleur is en huisdiere wat verdrink het. Die voetbrug, wat as oorgang tussen Nelsig en Die Erwe (Dorp) dien, is ook deur die massa water weggespoel. Op ‘n stadium moes die brug oor die Holsloot wat op die R63 geleë is, gesluit word vir die besige verkeer, aangesien die water bo-oor die brug begin vloei het. Die Taxi-verkeer na Kaapstad via Graaff-Reinet is deur die plaaslike Polisie gestuit vir ten minste twee uur lank. Meeste van die inwoners is uit hulle huise verwyder en woon tans in die Blousaal (Gemeenskapsaal) in Nelsig of by familielede. Die Munisipaliteit het ook die huise ontruim van meublement waar die strukture te gevaarlik is om in te bly. Die ramp het die arm bruin gemeenskap van Pearston hard getref en baie gesinne het alles verloor. Dokumente en persoonlike besittings is vernietig en vir baie is dit als behalwe ‘n geseënde, gelukkige Kersfees en Nuwejaar. Gelukkig was daar geen lewensverlies nie maar vir die arm gemeenskap van Pearston hou die lewe ook nie nou veel meer in nie. Daar moet van voor af weer opgebou word en hard gewerk word om hulle lewensom-standighede na normaal toe te laat terugkeer. Die Rampbestuur van die Blue Crane Munisipaliteit, Somerset-Oos, het die gebied kom besoek en beramings is gemaak om gesinne by te staan met hulp. Die Polisie van Pearston help ook op verskeie terreine. Menigte inwoners van Pearston het ook die gesinne bygestaan met kosvoorraad, klere en komberse. ‘n Winkeleienaar, Mnr Saleiman Gangat, van Avonworld Stores, en ander winkeleienaars het ‘n ruim bydrae gelewer tot die welsyn van die rampgesteisterdes. Ons dank gaan uit aan die Hemelse Vader wat steeds ons bewaar het van erge gevaar-gevolge en ook aan al die inwoners van Pearston wat soos een groot gesin mekaar bygestaan het in die tyd van nood. Indien iemand dalk verdere hulp wil verleen kan die plaaslike owerhede of een van die plaaslike leraars, ds Franz Burger (Tel nr: 042-2461302) gekontak word. Ons dank aan almal oor die hele Oos-Kaap en Suid-Afrika wat Pearston dra in hul gebede. Terwyl hierdie berig ter perse gaan val die reën steeds swaar oor Pearston. Vir menigte inwoners hou dit kommer in en dalk verdere verlies. Ons dank die Heer vir reën – bewaar ons van enige verdere verlies – o Heer!

2014 is wat jy daarvan gaan maak…
MET HIERDIE ONS EERSTE uitgawe vir 2014 wil ons vir een en almal ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toewens. Mag ons almal van krag tot krag gaan en met die krag van ons Hemelse Vader die terugslae en teenspoed wat oor ons pad mag kom te bowe sal kom. ‘n Nuwe jaar bring baie onsekerhede, maar met ‘n positiewe uitkyk en die wete dat die Here oor ons wag hou, kan ons die ou jaar onder sy stert skop en die nuwe jaar met passie en vol moed aanpak. 2014 gaan baie uitdagings aan ons almal op verskeie vlakke bied, maar dit gaan wees wat jy daarvan gaan maak wat die verskil gaan beteken. Net jy en niemand anders nie kan dit ‘n sukses of ‘n mislukking maak. Jy is die enigste persoon wat jou eie vermoëns kan gebruik, niemand anders kan dit vir jou doen nie. Staan op uit jou gemaksone en laat dinge vir jou en die gemeenskap waarin jy jou bevind gebeur. As jy nie soos ‘n visserman ‘n lyn, hoek en aas in die water het nie, gaan jy nie ‘n visvang nie. So kom ons laat 2014 vir ons uitwerk soos ons graag wil hê dit moet vir ons uitwerk, hand aan hand met die Vader aan ons sy en Sy vermoëns wat hy aan ons geskenk. Voorspoed van ons redaksie en kom ons maak dit ‘n groot jaar. Redakteur.
2014 is going to be what you make of it..
WITH THIS BEING OUR FIRST edition for 2014 we want to make use of the opportunity to wish each and everyone a very prosperous and blessed new year. May all of us have a great year and with the help of our Father reach the goals and accomplish the dreams we have set for ourselves to achieve. Every new year also brings along it’s doubts and fears, but with a positive attitude and the knowledge that our heavenly Father is looking out for and over us, we can kick 2013 under it’s butt and are we able to embrace the new year with vigour and passion. 2014 will certainly have it’s challenges and tribulations, but at the end of the day it is going to be what you make of it, that is going to be the difference. Only you and nobody else can make it happen and that is going to the difference between success and failure. You are the only person on earth who can use your ability. No one else can do it for you. So, let us get out of our comfort zones and make things happen for ourselves and the community we live in. Let 2014 work out the way you want it to work out, hand in hand with our Father who gave us the ability to do so in abundance. Our Editorial staff wish you well and let’s make 2014 a BIG year! Editor.

Lees binne:

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now