Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Cradock-200-Logo-Colour1
Wyle mnr Jonathan (Jak) Troskie
Cradock 200 – 21 Janaurie 2014
aanval op Bassonsberg

Een van die grootste feesdae in Cradock se bestaan, breek eerskomende Dinsdag aan wanneer hierdie pragtige en geskiedkundige dorp sy tweehonderdjarige bestaan vier. Sir John Cradock, wat van 1811 tot 1814 goewerneur van die Kaap Kolonie was, het, volgens kennisgewing in die Staatskoerant van 21 Januarie 1814 verlof gegee dat hierdie dorpie op die walle van die Groot Visrivier gestig en na hom vernoem mag word.
Diè dorp het deur die jare sy merk op die omgewing se geskiedenis afgedruk en gegroei totdat dit vandag een van die Oos Kaap se bekendste dorpe is. Met die koms van water uit die Oranje Rivier skema in 1975 het besproeiing in die Groot Visriviervallei gedy en die dorp is vandag die middelpunt van ‘n vooruitstrewende landboudistrik .
Cradock se 200-jarige feesvierings skop Dinsdag af met ‘n reuse parade deur die dorp waaraan na raming 1000 mense uit die hele gemeenskap gaan deelneem. Groot luister gaan aan die verrigtinge verleen word deur die teenwoordigheid van ‘n blaasorkes, trompoppies, tradisionele dansers en ‘n groep rubberskoen- (gumboot) dansers. Verteenwoordigers van Cramtour (Cradock en Middelburg toeriste bemarking) verteenwoordigers van Inxuba Yethemba munisipaliteit, Chris Hani Distriks- munisipaliteit, al die plaaslike sportklubs in hul klubkleure, verteenwoordigers van die landbouskou, nie winsgewende organisasies, mense in tradisionele drag, perdekarre, ossewaens en ruiters te perd gaan almal deelneem. Skole gaan ‘n groot rol in die verrigtinge speel en meer as 400 graad 11 leerders van al vyf plaaslike hoërskole sal deelneem.
Deelnemers aan die parade sal uitgeken kan word aan hul klub of organisasie se baniere wat spesiaal vir die doel ontwerp is. Motorplakkers wat aandui dat Cradockers hul dorp se 200ste bestaansjaar vier, is verkrygbaar by Albert House (tel. 048 881 4624), Victoria Manor, Schreiner Museum en die gholfklub.
Dinsdag se optog, wat na raming twee ure gaan neem om te voltooi, gaan stiptelik om 10 v.m. vanaf die skougronde vertrek, oor die Gilfillanbrug in Kerkstraat op beweeg tot by die N G Moederkerk en dan regs draai oor die Markplein, links voor die Victoria Manor verby, weer links in Adderleystraat af tot by hoek van Albertstraat waar die groep weer links draai en in Calatastraat af te stap tot by Kerkstraat en terug na die skougronde.
By die skougronde sal die uitvoerende burgemeester van Chris Hani Distriksmunisipaliteit, Mxolisi Koyo en Cradock se burgemeester, Njameka Goniwe ‘n toesprake lewer. Die koor van Inxuba Yethemba munisipaliteit sal die Volkslied sing en die dag se feestelikhede sal afgesluit word met die vrylating van ‘n klomp posduiwe.
Daar word beplan dat Cradock, na die 21ste Januarie se verrigtinge, nog heel jaar gaan verjaarsdag vier deur onder meer ‘n groot rugbywedstryd, straatmyl, kosfees, die Schreiner Skrywersfees, Hansa Groot Visrivier kanomarathon, die skou en vele meer feestelike geleenthede wat almal hul deel gaan bydra.
 

IMG-20140109-00069
INXUBA YETHEMBA
MUNICIPALITY ELECTRICITY PROBLEM
CRADOCK
On the 9th and 10th of January residence of ward 4 (Hillside) and ward 5 (town) within Inxuba Yethemba municipality did not have electricity due to two of the main feeder cables that were damaged by the heavy rains that the Cradock had.
The municipalities Electricians had to work 24 hours during these days by first digging up the cables and exposing them for repairs. The parts for the two feeder cables were delivered early on the morning of the 10th by suppliers from Port Elizabeth and work got started immediately to repair these.
The community was then informed that the situation was under control and that they would be getting short intervals of electricity as the electricians were doing load shedding to avoid not supplying electricity to the community.
Electricity was then restored to the community normally at 18:00.
The municipality would like to apologize to our community for any inconvenience and appreciate the trust and patience the community showed at the time of this crisis.

Lees binne:
  • Middelburg is ‘n gerieflike oornagplek
  • Cradock – Hoërskool matrieks jubel
  • Uitkenningsparade uitgestel
  • Somerset-Oos – Prefek-kamp Gill-Kollege

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now