Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Dit en Dat verjaar

WILNA DE KLERK CRADOCK:

Dit en Dat, bekende tuisnywerheid op Cradock, wat vanjaar ‘n volle vyf en veertig jaar oud is, het verlede Vrydag sy verjaarsdag op gasvrye wyse gevier. Kliënte wat op die dag kom inkopies doen, is getrakteer op heerlke gebak met tee of koffie.

Dit en Dat, het op 9 Julie 1969 sy deure vir die eerste keer oopgemaak. Die winkeltjie was die blink idee van ‘n klompie huisvrouens uit Samenkomste se wyk, wat ekstra sakgeld wou verdien. Die onderneming het in sy beginjare ‘n hele klompie kere van perseel verskuif voordat dit in 1986 die perseel in Adderleystraat betrek het.

Waar die onderneming in die beginjare veral op plaasprodukte gekonsentreer het, word daar nou ‘n groot verskeidenheid artikels, insluitende klere, boeke, gevriesde produkte, geskenke, droë vrugte en dan ook die welbekende fyngebak waarvoor die winkel so bekend is, te koop aangebied. Allerlei plaasprodukte is nog op die rakke maar hulle word deesdae oorskadu deur pragtige koeke, terte, koeksisters, kleinkoekies en wye verskeidenheid soutigheid . Van die baksters maak ook versjaarsdagkoeke volgens ‘n spesifieke tema terwyl Pieter Kruger sorg vir pragtige handgemaakte geskenkkaartjies om saam met die verjaarsdagkoek te stuur.


OPWINDENDE

WINTER-FAMILIEPRET OP PAD

Die 24ste Castle Lager Oos-Kaap Biltongfees

gaan hierdie naweek die harte

van elke familielid warm laat klop.

Maak seker om die naweek die Blue Crane Route-munisipaliteit te besoek vir die onvergeetlike 24ste Castle Lager Oos-Kaap Biltongfees vir ‘n unieke ervaring wat die harte (en mae) sal verwarm. Dié fees beloof om alle tekens van winter-verdriet in ‘n japtrap te verdryf. In die middel van die winter is alles koud en somber …. behalwe vir die vuurwarm gebeure in Somerset-Oos, ‘n sonderlinge dorpie in die hartjie van die Oos-Kaap.

Vanjaar se fees gaan ‘n mengelmoes van die ou en nuwe gardes wees. Kunstenaars soos Oskido, Heavy-K, Theuns Jordaan, Henk Grimsell en Arno Jordaan is reg om die Castle Lager Stadium te stormloop. Hierdie egte Suid Afrikaanse kunstenaars, saam met optredes deur die Oos-Kaap gebaseerde groepe soos Take Note, Point 5 en Chapter Three, is reg om die Karoo te ontvlam met hul gesamentlike talent en sodiende hierdie jaar se fees ‘n winters gebeurtenis te maak wat nie misgeloop mag word nie.

Saam met al die bogenoemde musiek, wat jou sal definitief sal oorhaal om jou hande te klap en jou voete te stamp teen die grond, het die fees ook ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat sal sorg dat jou smaakknoppies sal sing van genot. Die fees spog al reeds met ‘n snoesige Bier Tent en oor die 200 stalletjies wat almal kan geniet, van geurige biltong tot die koddigste speelgoed, klere en eetgoed. Ouers kan ook uitsien daarna dat hul kinders deur Popsie die Nar en ‘n seleksie van karnaval speelritte vermaak kan word.

Neem al jou sintuie in beslag die winter en besoek ons by die voet van die Boschberg vir groot winter-familiepret.


 

Lees binne:

  • Adelaide – Transkei uitreik is geseën deur die Here
  • Expect to pay four times as much for water & sanitation if Chris Hani District Municipality is not stopped
  • SASKA East Coast karate open championships hosted at Fish

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now