Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
skilder1
3500 PLAASOPSTALLE GEKWAS – rondreisende kunstenaar Rudolph Clench, waar hy op sy gelukkigste is, agter ‘n kwas en voor sy esel en skilderdoek.
RONDREISENDE SKILDER BRING
BESOEK AAN CRADOCK
CRADOCK
RUDOLPH CLENCH (70) ‘n rondreisende kunstenaar het al 3500 plaasopstalle en meer as 500 dorpswonings met sy skilderkuns verewig . Hy reis op die oomblik deur hierdie omgewing en het sover vier dorpshuise, insluitende die Olive Schreiner-museum met olie op doek verewig . Daar is glo nog ‘n goeie klompie opdragte wat op hom wag.
Hierdie voormalige Spoornet werker wat nou landwyd rondreis agter sy passie aan, se eintlike tuiste is Oudtshoorn, maar na sy aftrede skilder hy al vir tien jaar voltyds en lê hom die afgelope sewe jaar toe op plaashuise en ‘n paar dorpswonings.
Hy sê skilder is sy passie en sy vingers brand gedurig om die kwas op te neem. Alhoewel hy ook landskappe en portrette skilder dink hy dit is belangrik vir elke mens om ‘n skildery van sy eie blyplek te hê. “‘n Goeie skildery is ‘n belegging vir die nageslag,” sê hy.
Clench vertel so tussen sy skilderwerk lekker stories oor ondervindings wat hy op sy omswerwinge gehad het. Soos die ou oom op ‘n eensame plaas – hy skat hom so 80 jaar oud – wat hom ingenooi het vir koffie. In die kombuis het hy ‘n pompstofie opgesteek, twee blikbekers uitgehaal en toe … ‘n sokkie vol koffiemoer gebring om in elke beker te doop. Hy vertel toe ook hoe hy eenkeer verdwaal het en naby Uniondale tussen “Daleen Matthee se boskappers” beland het.
Volgens Clench ontvang mense hom oral baie hartlik. “Behalwe natuurlik die superrykes wat ‘n Pierneef vir R50 verwag!”
Clench het die vyftigerjare by die Italiaanse kunstenaar, Carlo Sodja, kunslesse geneem. Hy sê die belangrikste les wat hy geleer het, is passie vir jou werk en hoe belangrik die spel tussen lig en donker is.
Clench, ‘n pad- en landloopatleet van klompie jare gelede, was vir twaalf jaar sekeretaris van die Transvaalse landloopvereniging en vir vyfjaar skriba van S A Landloop. Hy het in 1977, in die era van ‘n jong Graeme Pope Ellis en Danny Biggs aan die Duzi kanomarathon deelgeneem.
‘n Portretskildery deur Clench van die oud-president is deur die Nelson Mandela Stigting aangekoop en hy het onder meer ook al bekendes in die rugbywêreld met sy kwas verewig.
As Clench se werk op Cradock klaar is, wil hy sy motor se neus in die rigting van die Vrystaatse mielieboere stoot. “Maar,” sê hy, “ek is soos Andrè Brink. As daar ‘n afdraaipad is, vat ek hom!”

VERVOER VAN
WINDPLAASTURBINES EN
-LEMME ONTWRIG VERKEER
SOOS REEDS voorheen gemeld in hierdie koerant, het die Patryshoogte Windplaas, naby Kookhuis, reeds in ‘n Persverklaring genoem dat hul turbines en die lang lemme daarvan, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf Port Elizabeth na Kookhuis vervoer sal word. Vasgestelde tye.
Verder het hulle ook in die Persverklaring gemeld dat die Olifantskoppas gesluit sal wees op daardie dae vanaf 10h00 tot 11h00. Dit gee die publiek min of meer ‘n goeie idee hoe hulle ritte ná en van Port Elizabeth moet beplan.
Hierdie week egter is die verkeer omvergewerp toe ‘n ander Windplaas se turbines vanaf Port Elizabeth na die Noorde (Steynsburg, Molteno) se omgewing vervoer is. Dit het veroorsaak dat daar ‘n uur wagtydperk ingestel is sodat die lemme en turbines deur Olifantskoppas vervoer kon word. ‘n Groot omwenteling.
Oorspronklik het sommige persone van hierdie Oos-Kaap Middelland se gebied gedink dat dit Patryshoogte se turbines is en dat hul dus verantwoordelik is vir die opeenhoping van verkeer.
Hierdie is ‘n netelige saak omdat die vervoer van ander Windplase se Turbines miskien nie op vasgestelde tye plaasvind nie.
Wat ons redaksie betref probeer ons kontak maak met die Provinsiale Verkeersowerhede om vas te stel of daar nie dalk ‘n persoonlike nommer is wat ons kan skakel omtrent oponthoud op die N10 pad na Port Elizabeth.
Op soek na meer inliging oor wie kan help met die tye wanneer Olifantskoppas gesluit sal wees, het ons redaksie ook met die verkeershoof van Provinsiale Paaie in Port Elizabeth gepraat. Hy het genoem dat alles nog aan die beginstadium is omdat daar 60 Windplase in die Oostelike Provinsie binne die volgende paar jaar gebou sal word en die 335 turbines sal met 3350 vragte vervoer word.
Die groot vragmotors sal binne die tydperk wat kom, ‘n algemene gesig op ons paaie wees.
Omdat dit die beginstadium is van “turbine vervoer”, sal die media en radio ingespan moet word.
Vir die huidige sal ons dit maar moet verdra en dit geld vir al die paaie in die provinsie.
Intussen probeer ons redaksie ‘n skakelpersoon vind van South African National Road Agency, daar in die Baai, om meer inligting te bekom oor wanneer groot vragte deur die Olifantskoppas vervoer sal word. Môre, Vrydag 26 Julie is daar weer ‘n vrag wat deurkom tussen 9 en 11 uur.
Noodvoertuie sal darem voorkeur geniet volgens die Verkeershoof waarmee ons gepraat het. Die oponthoud in die pas is ongeveer ‘n driekwartuur, maar intussen moet ons maar sien en kyk wat gebeur, totdat kommunikasie bewerkstelling word.

Helpende Hand befonds Eerste
Onderwysassistente in Afrikaanse Skole
met Projek Leerkrag
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND se Projek Leerkrag het vandeesmaand momentum gekry toe die eerste 50 onderwysstudente wat by die projek se onderwysassistenteprogram gaan baat, aangekondig is. Die studente word deur Helpende Hand gesubsidieer en gaan by 27 skole regoor die land as onderwysassistente aangewend word om die druk op oorlaaide onderwysers te verlig en self waardevolle indiensopleiding te ontvang.
Met Projek Leerkrag het Helpende Hand besluit om daadwerklik op te tree en ‘n oplossing te bied vir oorvol klaskamers en oorwerkte onderwysers en terselfdertyd vir onderwysstudente indiensopleiding te gee.
Suid-Afrika ondervind ‘n tekort aan gekwalifiseerde onderwysers. Jaarliks moet sowat 15 000 nuwe onderwysers opgelei word om in die totale nasionale behoefte te voorsien. Verder is slegs 10% van die funksionele skole in die land verantwoordelik vir ‘n 96%-matriekslaagsyfer.
“Met Helpende Hand se onderwysassistentprogram – Projek Leerkrag – word onderwysstudente in die klaskamer sy aan sy met ‘n gekwalifiseerde onderwyser opgelei,” sê Riaan du Plooy, die adjunkhoof van Onderwys en Opleiding by Solidariteit Helpende Hand. “Dit verlig die onderwyser se las en bied waardevolle indiensopleiding aan die student. Die belangrikste element is egter dat leerlinge nou en in die toekoms op gehalte-onderwys kan staatmaak.”
Aansoeke van skole wat aan Projek Leerkrag wou deelneem, het sedert die bekendstelling van die projek ingestroom. Uiteindelik is die eerste groep skole wat aan die kriteria voldoen, geïdentifiseer. Dié 27 skole is regoor die land versprei.
“Ons is baie opgewonde om hierdie eerste 50 onderwysassistente in skole te plaas,” sê Du Plooy. “Dit is die eerste stap in ’n groot droom wat nou verwesenlik word. Van hier af gaan die projek net groter word.”
Om die krag terug te sit in leer, SMS die woord “ONNIE” na 38969 en skenk so R10 vir Projek Leerkrag.

LEES BINNE/READ INSIDE

  • All the Mandela Day stories and photos
  • New crèche for poorest of poor
  • Laaste kans om jou dorp te grader
  • Athol Trollip to address Somerset East Community
  • Karel-Günter Jordaan aangewys as Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar



The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now