Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Jurie en Deon in gesprekSchreiner Fees

WILNA DE KLERK
CRADOCK :
Ten spyte van ysige koue wat die gebied vanaf Saterdag getref het, was vanjaar se Schreiner Skrywersfees weer ‘n klinkende sukses met boekwurms wat bekroonde skrywers kon ontmoet en wie se harte warm geklop het met die ontdekking van soveel nuwe boeke oor ‘n verskeidenheid onder-werpe.
Deon Meyer, Suid Afrika se groot misdaad-spesialis, wat die Engelse vertaling van sy jongste blitsverkoper, Cobra kom bekendstel het, het groot aftrek gekry. In ‘n openbare gesprek met Jurie Taljaard het die skrywer se aanhangers ‘n vroeë kykie in sy lewe gekry. Meyer het grappenderwys vertel hoe hy sy eerste geld met die pen reeds as skoolseun verdien het deur Engelse opstelle vir sy klasmaats te skryf. Geld waarmee hy glo ‘n kitaar gekoop het.
Meyer sê sy groot liefde vir lees en die feit dat sy pa hom van vroeg af biblioteek toe geneem het sodat hy kon kennis maak met boeke, het hom laat smag om ook sulke wonderike stories te kan vertel. Sy raad aan voornemende skrywers is om baie te lees, goed te luister en notas te maak en uitknipels te bêre van al die interessante dinge wat hy hoor. Hy moet ook besef dat ‘n boek nooit net uit een idee gebore kan word nie. Hy het ook die belangrikheid van goeie navorsing beklemtoon en gewaarsku dat jy die leser verkul as jou agtergrond nie volkome korrek en in plek is nie. Karakters, soos sy eie komplekse Bennie Griesel neem naderhand jou hele lewe oor en jy mis hulle as die boek klaar is.
‘n Nuwe Deon Meyer sal ongelukkig nie voor Maart volgende jaar op die rakke wees nie.
‘n Storie wat toehoorders se hartsnare geroer het, was diè van Patricia Glyn se ontmoeting met die 76-jarige Khomani Boesman, Dawid Kruiper. Sy het haar boek “What Dawid Knew” op die fees bekendgestel. Nog boeke wat bekendgestel is, sluit in Neil Stemmet se “agter+blad” in Afrikaans en Engels, verskeie nuwe boeke oor die lewe van Olive Schreiner en Stephen Gray se versameling gedigte, “Rough Passage”.
Bekroonde en voornemende skrywers het ook, soos elke vorige jaar, geleentheid gekry om van hul werk voor te lees. In hierdie afdeling was die stemme van onder meer Toast Coetzer, Randall Wicomb, Dorothy Driver, Jurie Taljaard, Bronwyn Taljaard en Dorothy Driver gehoor.
Verskeie werkswinkels, staptoere deur die Cradock wat vir Olive Schreiner bekend was, voorlesings en onderhoude het deel van die naweek se genot uitgemaak.
Die fees is Saterdagaand afgesluit met ‘n vertoning van “Die Ballade van Robbie de Wee”, ‘n film in eg Deon Meyer tradisie wat deur Meyer geskryf is met Darryl Roodt as regisseur.


Dis weer tyd vir die Wildsfees

MIDDELBURG
Daar is die afgelope tyd met onvermoeide ywer gewerk vir die nodige voorbereidings vir die Wildsfees wat die NG Kerk Middelburg Karoo op Wellington gaan hou. Dit vind op 2 Augustus plaas. Daar is groot gedink want daar gaan omtrent 3½ ton wildsvleis af wat met bakkies en sleepwaens vervoer word. Helpers is ook nodig om met die verkoping daar te help. Die laaste stukkie werk wat nog hier verrig sal word, was om op Woensdag, 30 Julie, nagenoeg 800 sosaties in te ryg.
Die manne wat weet hoef nie vir ‘n slaghuis terug te staan nie. Op die spyskaart is braaiwors, pasteie, afgekookte wildsvleis, maalvleis, biltong en droë wors. Dan word daar ook nog verpakte wildsbokke geneem tesame met rugstringe, salami en lendeskywe.
Die eerste span val reeds Woensdag in die pad, dan volg nog ‘n groep Donderdag en die laaste lot vertrek Vrydagmôre met die bussie. Daar sal om en by 15 persone wees. Van die boere het ook nog elande, rooibokke en nog wild gegee wat ‘n reserwe prys het.
Daar is defnitief groot gedink.


Lees binne:

  • Dominee in pajamas vang drie boewe flink
  • Gerda Vermeulen is ‘n nuwe opkomende skrywer van kinderverhale
  • Cradock 4×4 klub gesinsuitstappie
  • New sheriff for Somerset East


The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now