Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
WêRELDKAMPIOENSKEERDER
BESIG IN OMGEWING
SOMERSET-OOS
Zwelile (Elias) Hans, ‘n Wêreldkampioenskeerder, is tans deel van ‘n BKB skeerspan wat besig is om skaap te skeer in die omgewing.
Die 49-jarige Zwelile, ‘n boorling van Sterkspruit, was al 9 keer Suid-Afrikaanse skeerkampioen en het die Wêreldkampioenskappe in 1998 in Ierland gewen asook 2000 in Suid-Afrika, 2008 in Noorweë en 2012 in Nieu Seeland. Dit wil darem gedoen word! Hy weet dus van 5-ster hotelle oral in die wêreld asook die lewe in skeerhuise waarin hulle moet oorslaap.
Zwelile Hans, viermalige wêreldkampioenskeerder.

GROOT DRUK
OP WOL- EN VLEISPRODUKSIE GEPLAAS
NWKV KONGRES IN PE GEHOU
Deur Lourens Schoeman
Biosekuriteit en dieregesondheid is op nasionale vlak ononderhandelbaar as instrument vir voedselveiligheid en -sekuriteit, maar daar is in die afgelope drie jaar groot druk op wol- en vleisproduksie geplaas in hierdie verband.
Hierdie mening is verlede week deur die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), mnr Harry Prinsloo, uitgespreek in sy voorsittersrede op die jaarkongres van die organisaie in Port Elizabeth.
“Uitbrake van bek-en-klouseer en slenkdalkoors het weer die belangrikheid beklemtoon van ‘n goeie dieregesondheidsinstellings soos Onderstepoort en die Departement van Veeartsenydienste.
“Die stigting van die Dieregesondheidsforum is dus ‘n ligpunt. Dit kan nie nagelaat word om die belangrikheid van hierdie forum te onderstreep nie. Dit moet die voertuig wees om hierdie bedreiging op gekoördineerde wyse saam met ander produsenteorganisasies en veeartsenydienste met die regering te bespreek.
“Formele, kwartaallikse skakeling met die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery is reeds in plek. Johne’ se siekte is reeds op die agenda van die forum geplaas deur die kleinvee-advieskomitee vir dieregesondheid en die forum is reeds in gesprek met dié departement oor die instelling van verpligte diens deur afgestudeerde veeartse,” het Prinsloo gesê, en bygevoeg dat die NWKV reeds die behoefte aan staatsveeartse in die platteland geïdentifiseer en aan die Dieregesondheidsforum voorgelê het.
Hy het verder gesê die uitbreiding van wolskaapboerdery is een van daardie boerderyvertakkings wat sonder enige gevolge van oorproduksie van wol of vleis, ’n positiewe impak op voedselsekuriteit, die skep van werksgeleenthede en armoede verligting kan hê.
“Die harde feite is dat die afname in skaapvleis en wolproduksie ongetwyfeld gesetel is in die onvermoë van die staat om volhoubare landboustrategieë in plek te stel. Met ‘n verdere verwagte daling van 3-4% in die afgelope produksiejaar is daar groot rede tot kommer.
“Die uitdaging bly steeds vir die bedryf om saam te span om wetgewing te beïnvloed op maniere wat kan lei tot ‘n volhoubare landbou-omgewing, om die afname in produksie te stuit deur middel van behoorlike, goed gefun-deerde studiegroep-resultate ten opsigte van die winsgewendheid van wolskaapboerdery.
“‘n Holistiese benadering van die bedryf is egter die sleutel vir sukses om die wolskaapbedryf as ‘n volhoubare en winsge-wende bedryf te bemark,” aldus Prinsloo.
Volgens hom was die afgelope seisoen nogtans een van die bestes in dekades en hoë pryse is deurgaans gehandhaaf. Die merino-aanwyser het in Januarie vanjaar sy hoogste vlak nóg van R105,15/kg (skoonwol) bereik. Die aanwyser het bokant die sleutelvlak van R100/kg gebly voordat dit in April sywaarts begin beweeg het, hoofsaaklik weens die onsekerheid wat deur die Europese skuldkrisis en gepaardgaande afname in bestellings uit Europa geskep is.
Die gemiddelde aanwyser tot en met die voorlaaste veiling van die seisoen was R98,83/kg, wat 37% hoër is as die gemiddelde aanwyser verlede seisoen. Die verbetering in pryse is bemoedigend, het hy gesê.


Gary Player besoek Cradock
Gary Player, internasionaal bekende gholfspeler, het verlede Saterdag met sy teenwoordigheid luister aan Hoërskool Cradock se jaarlikse gholfdag verleen.
Player, wat beurtelings saam met groepe van vier spelers gespeel het, was baie beïndruk met die plaaslike gholfbaan en die feit dat spelers van so ver as Bloemfontein, Port Elizabeth, Queenstown en ander omlig-gende dorpe gekom het om aan die dag se spel deel te neem.
‘n Plaatjie om Player se teenwoordigheid en bydrae tot die sukses van die gholfdag te gedenk, is in die gholfklubhuis aangebring en deur Player self onthul. Die skool het ook ‘n Hoërskool Cradock onder-steunersbaadjie aan hom geskenk.
Ten spyte van die bitter koue van die naweek het ‘n vol veld van 64 spelers aan die gholfdag deelge-neem. Hannes Coetzee van Cradock het die eerste prys gewen gevolg deur Deandrè Dreyer, ook van Cradock, in die tweede plek en Ignus Goosen in die derde plek.
Gary Player internasionaal bekende gholfspeler, onthul sy naamplaatjie in die Cradock Gholfklubhuis.

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Know where your Biltong Comes From – 2011’s drought leads to shortening of 2012’s hunting season
  • Op die Man Af met Permissie – Heil die leser of lag hy?
  • Musiekliefhebbers – Waar was ons??
  • Demands Finality on Payment and Appointment of Teachers
  • Wolpryse effens Laer op Laaste Veiling van Seisoen
  • Amathole District Municipality waste Millions on Consultants
  • Platteland Crime is Exacting an Incalculable Toll on Rural Communities
  • Confusion at Fort Beaufort Museum

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days