Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
louis traut en coleen
Louis en Coleen op hul troudag
BEJAARDE BOER SINNELOOS VERMOOR
IN PLAASAANVAL
Die Hofmeyrgemeenskap is in rou na die wrede aanval op Louis Traut (80jaar) van die plaas Doornkop, sowat 11 km vanaf Hofmeyr. Oom Louis was ‘n staatmaker in die Hofmeyrgemeenskap en sy goedhartigheid teenoor almal was bekend.
Oom Louis, het verlede Sondagaand aan ‘n meswond beswyk en sy vrou en twee dogters is aangerand in ‘n sinnelose plaasaanval op Doornkop, tussen Cradock en Hofmeyr.
Volgens kapt. Stefanie Smith, polisiewoordvoerder, is die boer, Louis Traut (80) vermoor en het sy vrou, Coleen (48) en dogters Mariska (45) en Louisa (50) steek en kneuswonde opgedoen toe drie mans hulle na bewering Sondagaand om ongeveer 20:00 in die huis aangeval het. Die verdagtes was met messe gewapen en het toegang tot die huis verkry deur ‘n agterdeur oop te breek.
Smith het bevestig dat twee van die verdagtes in hul vroëe twintigs na ‘n spanpoging van die polisie se honde-afdeling, hoofwegpatrollie, publiekeordepolisie en vingerafdrukdeskundiges van Cradock en Middelburg ‘n skrale ses ure na die aanval verby was, naby Middelburg in hegtenis geneem. Gesteelde goedere, wapens en die voertuig is teruggevind.
Volgens Coleen Traut was sy Sondagaand net klaar gebad toe sy die lawaai in die televisiekamer gehoor en haar man hoor skree het : “Julle gaan my doodmaak!” Sy sê toe sy probeer het om die mes van een van die verdagtes af te neem het sy geweldige snywonde in haar linkerhand se palm en regterhand se duim opgedoen.
“Die wonde het vreeslik gebloei en ek moes hulpeloos staan en toekyk hoe my arme man met ‘n kierie geslaan, geskop en gesteek word,” het sy gesê. Sy sê dat sy toe al besef het dat haar man nie die aanval gaan oorleef nie en dat ‘n skielike kalmte toe oor haar gekom het. Die mans het geld en vuurwapens geëis en almal se selfone, behalwe diè van Mariska wat sy weggesteek het, gevat. Hulle het ook die telefoondrade afgesny voordat hulle die drie vasgemaakte vrouens in die huis toegesluit het.
Die mans, wat intussen die kluis oopgemaak het, het hulle ongeveer twee ure na hul aankoms op die plaas met kontant en vuurwapens in die gesin se Fiat motor uit die voete gemaak.
Volgens Coleen het Mariska eerste losgekom en nadat sy die ander ontset het, het hulle hulp ontbied. Die hele aanval het ongeveer twee ure geduur. Die drie vrouens kon na behandeling in die Cradock hospitaal ontslaan word. Hulle is almal geweldig getraumatiseer en geskok.
Coleen is drie jaar gelede met Louis Traut getroud. Hy word oorleef deur sy twee dogters, Mariska en Louisa, ‘n seun, Ferdi, wat naby Richmond boer en twee kleinkinders.
Brig. Madoda Zamkana het die betrokke polisielede geprys vir hul goeie werk en misdadigers gewaasku dat geweld nie in hierdie gebied verduur gaan word nie.


The Quality of Irrigation
water in the Great Fish River
By Lourens Schoeman
The quality of irrigation water in the Great Fish River in the Eastern Cape has deteriorated dramatically and it is feared that it could lead to animal diseases not normally found in the province.
Speaking at the annual congress of Agri Eastern Cape in Port Elizabeth, Ted Collett of the Fish River Farmers Association, said the total coliform count currently stands at 1 011cfu/100ml, while it should be less than 100cfu/100ml.
The ecoli count was measured at 125cfu/100ml while it should be under 50cfu/100ml for livestock and zero cfu/100ml for humans.
“Irrigation water is very important for both agricultural and domestic use and the Orange/Fish/Sundays scheme covers a large area of the Eastern Cape. This polluted water is used to irrigate pastures and is also consumed by animals.
“When an animal’s resistance is compromised due to stress, disease and environment factors there is a potential threat for these pathogens to proliferate, causing diseases not normally found here,” Collet said.
According to Collett the river is used to dispose of the domestic waste of some farms, it is used as a convenient disposal means for carcasses and other waste. This, he said, was in addition to river pollution caused by inadequate municipal effluent treatment plants and informal settlements along the rivers.
“The river is a lifeline to agriculture in the Eastern Cape and as such, its health is of utmost importance to the agricultural community. I would like to know if the Department of Water Affairs is monitoring the water quality of the river, and if so, are test results being used to identify problem farms/settlements/industries along the river?” Collett asked.

Vullis(1)
SOMERSET-OOS
RAAI-RAAI-RIEPA…….UITGEVANG……..Enkele maande gelede het ons berig oor die publiek wat hulle vullis op die draai naby Lake Bertie oppad na die dorp se vullisterrein, ‘n skrale 1km verder, stort. ‘n Inwoner, Ken Melson, het na plasing van die berig ‘n beloning aangebied vir persone wat kan positiewe bewys lewer van skuldiges wat daar hul vullis stort. Dit het dadels opgelewer en daar is Dinsdag besluit om besoek daar te gaan aflê om te sien hoe dit nou daarna uitsien. Met die loop tussen die stinkende rommel wat bestaan uit bottels, plastiek, ou koerante en tydskrifte en persoonlike dokumente het ons agtergekom dat meeste van die dokumente van ons plaaslike Blue Crane Route Munisipaliteit afkomstig is. Salarisstrokies, Selfoonrekeninge en IDP dokumente om ‘n paar te noem, lê die wêreld vol gestrooi. Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat die vullistrokke of persone wat aangestel is om ou dokumente van ons Munisipaliteit na die stortingsterrein te neem, self te lui is om die ekstra kilometer na die vullisterrein te ry en skandelik die vullis daar stort.
Op bostaande foto kan duidelik gesien word hoe die vullis bestrooi lê in die veld oppad na die stortingsterrein. Lake Bertie is ook in die agtergrond sigbaar. Dit gaan ons verstand te bowe dat mense net eenvoudig te lui is om die ekstra kilometer, indien sover, te ry om hulle rommel daar onder toesig en beheer te gaan stort. Ons arme natuur word hierdeur verwoes en afgetakel. Dit is ‘n groot oogseer op die oomblik. Kan die Munisipaliteit nie miskien die eerbare ding doen en daardie area opruim nie?
Die publiek word weereens ook weer mooi gevra om nie daar hul vullis te stort nie, want dit is nie net die Munisipaliteit alleen wat daar hul vullis stort nie. Kom ons laat dinge vir ons nageslag behoue bly, moet nie net alles wil bestrooi met vullis en vernietig so ver ons gaan nie!!

 

LEES BINNE/READ INSIDE

  • Agri Oos-Kaap Kongres – President Ernest Pringle aan die woord.
  • Schreinerfees weer eersdaags op Cradock
  • A plethora of activity at the 2013 Castle Lager East Cape Biltong Festival
  • Wêreld rekordprys vir sybokhaar
  • Holiday fun at Mountain Zebra National Park
  • Rural Municipalities owed R86 million in Government Service Fees




The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now