Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Jong boer vd jaar Christiaan, Paul en William

Cradock se Boer van die Jaar 2015

WILNA DE KLERK

CRADOCK

Cradock Distriks Land-bou-unie se 2015 Boer van die Jaar is op ‘n gala- geleentheid op die dorp onder groot belangstelling aangewys.

Paul Collett van die plaas Speelmanskop is as wenner aangewys met William Copeman van Rooiberg in die tweede- en Christiaan Moolman van Molenhof in die derde plek.

Volgens Billy van Zyl wat as woordvoerder van die beoordeelaarspaneel opgetree het, was daar vanjaar twintig deel-nemers.  “Die doel van die kompetisie,” het hy gesê, “is hoofsaaklik daarop gemik  sodat boere by mekaar kan leer en moontlike foute kan regstel.”

Onder vanjaar se deelnemers was daar vir die eerste keer ‘n wildboer  en ‘n opkomende boer uit die distrik.  Volgens Van Zyl het ‘n besoek aan Busa Mandela, die opkomende boer, se plaas, lede van die paneel laat besef watter moeilike omstan-dighede hierdie jong boere ondervind.  Op die plaas van Bernard Marais, die wildboer, het  beoorde-laars gevind dat die wyse waarop hy die onder-neming bedryf ‘n voor-beeld vir baie kan wees en was hulle veral beïndruk met die higiëniese omstandighede by die slagplaas.

Van die ander jong boere het ‘n verskeidenheid fasette bedryf waaronder ‘n pillemasjien wat 24 uur per dag produseer, ‘n suksesvolle boom-kwekery, ‘n ontwerpte voerkraal vir skaap wat sonder arbeid bedryf kan word.  Ander jong boere het beïndruk met hul vinnige en hardwerkende wyse van boer, ‘n lusernmaalonderneming, verskeie voedselsisteme en self ‘n jong boer wat lande onder sprinkel-besproeiing wat met sonkrag aangedryf word,  tussen die Karoo klippe aangelê het.

Cassie Blignaut, same-roeper van die span beoordelaars, het die jong boere verseker dat die wenners diè deelnemers is waarby die ses lede van die paneel die meeste geleer het.  Volgens hom is elke plaas afsonderlik besoek en is daar op swak en sterk punte gefokus terwyl daar in onderhoude met die betrokke boere ook gefokus is op bate bestuur, produksie-metodes en bemarking, die opstel van begrotings en noukeurige finansiële state.  Die beoordelaars het ook gelet op verbeterings in die algemene plaasuitleg, omgewing- en bodem-bestuur, personeel- en arbeidsverhoudings en wat die jong boere dink van swart ekonomiese bemagtiging.

“Mededinging was goed en dit was ook ‘n goeie en leersame ondervinding vir al die beoordelaars,” het hy gesê.  Hy het die deelnemers bedank en hulle aangemoedig om volgende jaar weer deel  (volg op bl. 7 )

Rooftop

DORP SE MOOI GEBOU BRAND

SOMERSET-OOS

Die dorp was Dinsdag geskok om te hoor dat Rooftop van Francois Labuscagne, asook Jabama Communications van Martin Swart, in Louis Trichardstraat deur ‘n brand verwoes is wat net ná 19:00 uitgebreek het.

Die gebou was vir baie jare die Vrymesselaars-losie en is een van die mooi, ou geboue op die dorp.  Op die foto kan rook gesien word, want gedeeltes van die gebou was nog smeulend.

Sover vasgestel kan word, is daar nie sprake van  kwaadwillige brand-stigting nie, maar die werklike oorsaak van die brand kon ook nog nie deur die polisie vasgestel word nie.

Ernia Vorster

Oud-Middies ontvang prestige toekenning

MIDDELBURG

“Golden Key is the world’s largest collegiate honor society. Membership into this Society is by invitation only and applies to the top 15% of college and university sophomores, juniors and seniors, as well as top-performing graduate students in all fields of study, based solely on their academic achievements. As an international honor society with more than 400 chapters at colleges and universities around the world, Golden Key is committed to a high standard of scholastic achievement, and an ethos of integrity, innovation, respect, collaboration and diversity”.

Middelburg Hoërskool het met trots verneem dat Ernia Vorster, dogter van Henning en Cariena Vorster, hierdie toekenning onvang het. Ernia is tans besig met ‘n BSc graad in Aktuariële Wetenskap aan die Noordwes-Universiteit. Sy het haar skoolloopbaan aan MHS voltooi en is tans ‘n derdejaarstudent. Baie geluk Ernia, jy maak ons trots!

Guillau du Toit1

NUWE LEIERSKAP VIR WOL-KWEKERS

Baie geluk aan Guillau du Toit van Fraserburg wat verkies is om die leisels by Harry Prinsloo oor te neem vir die posisie van Nasionale Voorsitter van die Wolkwekers (NWKV).

Casper

Casper Labuschagne, huidige voorsitter van die Ooskaap Wolkwekers is verkies as Visevoorsitter (kommersieel) en Sipiwo Makinana is herverkies as visevoorsitter (kommunaal). “Ek gaan volg in die voetspore van my voorgangers om dieselfde hoë standaard van werkverrigting binne die NWKV te handhaaf en ek maak staat op die kennis en vaardigheid van ons personeel, my Uitvoerende Komitee en elke wolprodusent om hierdie taak te vervul”, sê du Toit.

Die NWKV sien uit na die visie en wat die toekoms sal oplewer tydens die ampstermyne van die nuwe leierskap in belang van alle wolprodusente in Suid Afrika.

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now