Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Hettie Philps

Moordenaars

SWAAR gestraf

WILNA DE KLERK

CRADOCK:

Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Hettie Philps, ‘n verpleegsuster van die dorp, op 29 Januarie 2013 in haar huis in Aalwynstraat op die dorp vermoor het, is Maandag baie swaar gestraf in die Hooggeregshof in Grahamstad.Een van hulle, die 19-jarige Malibongwe Dywili is twee lewenslange vonnisse vir moord en verkragting opgelê en is ook gevonnis tot 68 jaar gevangenisstraf vir huisbraak met die opset om te steel (5 jaar), roof met verswarende omstandighede (20 jaar), die besit van ‘n wapen en ammunisie (5 jaar), besit van ‘n semi outomatiese vuurwapen (15 jaar), huisbraak met die doel om te steel, diefstal (8 jaar) en vyf jaar elk vir drie bykomende klagtes van diefstal. Al hierdie vonnisse sal gelyktydig met die vonnis vir moord uitgedien word.Een van Dywili se medepligtiges, Asekho Malambile (26) sal effektiewe tronkstraf van 20 jaar uitdien terwyl Sinethemba Mzimkulu (26) tot tronkstraf van 25 jaar gevonnis is.

Brig. Madoda Zamkana, hoof van die polisie het sy dank en waardering uitgespreek teenoor die ondersoekbeampte a/o Theo van Zyl vir sy harde werk en toewyding wat gelei het tot die arrestasie en vonnis van die drie beskuldigdes. “Ons lede doen alles in hul vermoë om misdaad te bekamp en kriminele elemente in die gemeenskap uit te roei,” het hy gister gesê.

Die beskuldigdes is kort na die moord op die dorp in hegtenis geneem en sommige van die gesteelde eiendom is teruggevind.


Chris Hani

Distriksmunisipaliteit

keur bekostigbare
watertariewe goed,
na druk deur AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum se volgehoue druk op die Chris Hani Munisipaliteit het vrugte afgewerp. Dit, nadat drasties verlaagde watertariewe afgekondig is, nadat tariewe aanvanklik tot so hoog as 600% sou verhoog het vir sekere verbruikers in Queenstown, Middelburg, Cradock, Dortrecht, Tarkastad, Hofmeyer, Molteno, Cala, Sterkstroom en Elliot. AfriForum het reeds hulle regspan opdrag gegee om voort te gaan met ’n hofaansoek, maar het besluit om ’n laaste poging aan te wend om die munisipaliteit te oortuig dat hulle astronomiese tariewe onverdedigbaar sou wees. Pieter Rautenbach, die hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum en Frik Mulder, ’n plaaslikeregeringsake-konsultant het verlede week afsonderlike vergaderings bygewoon om die munisipaliteit daarop te wys dat hulle onwettig sou optree indien hulle sou voortgaan met die aanvaarding van die tariewe. Die tariewe is daaropvolgens drasties verlaag. Die tarief van die hoogste blok is verminder van R84 na R18 per duisend liter verbruik.“AfriForum is nog altyd van mening dat ’n onderhandelde skikking beter is as om regte deur ’n hofbevel te laat afdwing. Ons sal graag wil voortbou op hierdie gesindheidsverandering van die burgemeester, raadslede en amptenare en wil in die toekoms eerder hande vat om dispute op te los,” het Rautenbach gesê.

Volgens AfriForum sal die volgende uitdaging wees om die hoë tariewe van die 2013/2014 begroting ook te laat verminder. Talle verbruikers het dispute verklaar en nie meer as 6% verhoging sedert Julie 2013 betaal nie. Huise vir senior burgers se water-rekenings sou onder meer van R2500 na R22 000 per maand verhoog het.

Vir meer inligting oor AfriForum se sake in die Oos-Kaap, SMS jou dorp se naam na 45268 (R1/SMS).


Reënval, Somerset-Oos

Altyd interessant om statistieke van reënvalsyfers onder oë te kry. Tom Retief, Birdstraat, het die volgende met ons redaksie kom deel: (Baie dankie oom Tom!)

  • Jan 2013 48mm
  • Feb “ 58mm
  • Mrt “ 126.5mm
  • Apr “ 39 mm
  • Mei “ 9mm
  • Jun “ 7.5mm
  • Jul “ 3.5
  • Aug “ 7mm
  • Sept “ o
  • Okt “ 109.5mm
  • Nov “ 68.5mm
  • Des “ 123.5mm
  • Jan 2014 107mm
  • Feb “ 135mm
  • Mrt “ 34mm
  • Apr “ 124.5mm

Lees binne:
  • Great winter family fun in the karoo
  • NWKV Nasionale Kongres
  • Helpende Hand versprei nog twaalf ton kos in platinumgordel
  • Gill-Kollege se personeel trek soos een man op om Kankerbal te ondersteun

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now