Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koedoejagseisoen Drasties Ingekort

Soos te verwag na die ernstige droogte in die Ooskaap Middellande van ‘ n jaar gelede, is die Koedoejagseisoen, drasties ingekort om die koedoepopulasie ‘n kans te gee om aan te teel.
Die Koedoejagseisoen strek van 1 Julie tot 31 Augustus (2 maande) hierdie jaar in vergeleke met 3 maande ‘n jaar gelede.
Verder word gestipuleer dat 2 jagters net een koedoe per eiendom mag oes. Koedoe mag ook nie geoes word op kommersiële lande soos mielie-, lusern- en koringlande nie.

In die distrikte van Somerset-Oos en Pearston mag net koedoebulle gejag word vir die maand Julie, waar die jagseisoen strek vanaf 1 Jullie tot 31 Augustus. Soos ons dit lees mag koedoekoeie dus net in Augustusmaand gejag word, en dit deur 2 jagters wat net een koedoekoei mag oes per eiendom per dag.
In Aberdeen is die koedoejagseisoen gesluit verklaar. In Hankey en Steytlerville mag daar net een maand alleen gejag word vir koedoe naamlik 1 Julie tot 31 Julie. Onthou die maksimum van 2 jagters per koedoe op ‘n eiendom.

In Tarkastad is die jagseisoen van koedoe ook van 1 Julie tot 31 Augustus maar word beperk tot 10 per eiendom oor 2 maande.
In Burgersdorp, Queenstown, Steynsburg, Venterstad mag net 2 koedoes per eiendom gejag word in die 2 maande van die koedoejagseisoen.
1 Julie tot 31 Augustus
Die volgende distrikte mag koedoe gejag word vanaf 1 Julie tot 31 Aug. met 2 jagters wat een koedoe mag oes per eiedom op een dag:

  • Adelaide
  • Alexandria
  • Bedford
  • Cradock
  • Fort Beaufort
  • Graaff-Reinet
  • Grahamstad
  • Hofmeyr
  • Jansenville
  • Joubertina
  • Kirkwood
  • Middelburg
  • Paterson
  • Pearston – Restricted to the hunting of bulls only for the month of July
  • Port Elizabeth
  • Somerset East – Restricted to the hunting of bulls only for the month of July
  • Uitenhage
  • Willowmore

Soos reeds genoem, moet jagters hulle vergewis van die nuwe koedoejagproklamasie, maar bostaande word gepubliseer vir algemene inigting alleenlik en geld net vir ons dorpe in die Ooskaap Middellande.