Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

March 1 / 2012

Landbousektor

lei Miljoene Rande se skade


weens Slenkdalkoors

Dit is duidelik dat entstof teen slenkdalkoors wat boere tydens verlede jaar se uitbraak miljoene rande se skade berokken het nie aan die doel waarvoor dit aangekoop is voldoen het nie, sê die voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die Rooivleis Produsente-organisasie, dr Pieter Prinsloo.Vyf-en-twintig boere in die distrikte van Graaff-Reinet en Aberdeen het sowat 40 000 lammers tydens die uitbraak verloor. Een boer het alleen meer as R1,8-miljoen se skade gehad. Prinsloo het op Aberdeen tydens die bekendmaking van die resultate van navorsing wat deur Prof Leon Prozesky namens Onderstepoort Biologieseprodukte (OBP) gedoen is, gevra dat kommoditeite oorweging skenk om dit by die Verbruikersraad aan te meld.“Ons as produsente is ook nou verbruikers en is mislei oor die doeltreffendheid van die entstof wat vir ‘n bepaalde doel aangekoop is, terwyl OBP versuim het om onmiddellik nuwe virusstamme te isoleer toe boere se klagtes ontvang is.“Die hele kwessie moet verwys word na die Nasionale Dieregesondheidsforum om saam met Prof Prozeski, OBP en die
Departement van Bosbou en Visserye verdere navorsing te doen om te bepaal of daar rede is tot verdere optrede. Dit is belangrik om daarop te wys dat boere heeltemal onskuldig verklaar is in die verslag.“Die verskillende bedrywe kan ook daaraan dink om n onafhanklike Landbou-ekonoom aan te stel om ‘n skadebepaling by elke geaffekteerde boer te doen, want hier is beslis rede tot skadevergoeding, dit moet nog net bewys word,” Prinsloo gesê, en bygevoeg dat serologiese toetse, geverifieer deur OBP wat pas eers ontvang is, wel swak nawerking van veral die lewendige entstof aandui.Boere het gekla dat die OBP te lank geneem het om hulle klagtes te ondersoek en ‘n onafhanklike ondersoeker aan te stel. Hulle wil ook weet wie verantwoordelikheid vir die verliese gaan aanvaar.Volgens Prozesky was die entstof op die meeste plase doeltreffend, hoewel dit op etlike plase, hoofsaaklik in die twee genoemde distrikte, nie beskerming aan die diere verleen het nie. Die oorsaak van die mislukking van lewende entstof kan hoofsaaklik toegeskryf word aan produksie mislukkings, koueketting mislukkings, asook administratiewe probleme en die immuniteit status van die diere tydens inenting.

Hy het gesê daar is tans ‘n hoë vlak van immuniteit in die betrokke gebiede, terwyl daar geen gevalle van slenkdalkoors sover vanjaar aangemeld is nie.

“Twee vergaderings is met ‘n taakspan gehou, terwyl besoeke ook aan
boere in die betrokke gebiede gebring is asook besprekings met veterinêre konsultante. Die ondersoek na die klagtes is sewe maande (September verlede jaar) na die hoogtepunt van die 2010/2011 uitbraak onderneem,” het Prozesky gesê.

Berig deur Lourens Schoeman.

Somerset Budget

Foto: Dr Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die Rooivleis Produsente-organisasie.

Fotograf: Lourens Schoeman

 


JONG BOER OORLEDE OP GRONDPAD
FORT BEAUFORTDit is met skok dat ons verneem het van die tragiese afsterwe van ‘n jong boer in die Winterberge na ‘n motorongeluk op die grondpad in die Tarkastad/Adelaide distrik.Charles, enigste seun van Eric en Janet Truter van die plaas Sterling Chase, was met twee vriende Charl Rogers en Shawn Wittstock, op pad huis toe na ‘n skou op Tarkastad, toe die motor die grondpad verlaat het en hy noodlottig beseer is. Charl was verlede jaar die hoofseun van Winterberg Landbouskool.Ons verseker die Truter familie van ons innige meegevoel. Die grondpaaie in bogenoemde distrikte is in ‘n swak toestand. Motoriste word gemaan om uiters versigtig te bestuur.

Blue Crane

Municipality Water Indaba

Blue Crane Route Municipality hosted a water indaba on Tuesday the 28th of February 2011 , at the Blue Crane Development Agency, according to a Press Release by Mr. Mene, the Municipal Manager. The Water Indaba is a platform created by the Municipality to engage with all stakeholders to seek a solution to water challenges, and other key issues that stakeholders may regard important. The Water Indaba further discussed the importance of water in the planning of all development and growth initiatives for greater sustainability within the municipality. This Indaba was successful and productive. The Municipal Manager said it is important to show the history but now it is not about the history but to set a way forward and the following has happened:A team from Rapid Response Unit to deal with

  • Human response capacity
  • Technical expertise
  • Operational skills
  • Mentoring skills

The skills of personnel have been assessed and classed. The equipment that needs to be installed in water works is being set.

The Council is committed to change the situation around so as to have a suitable provision of water and has set full focus on the water situation to satisfy the citizens of this municipality.


Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Beheerliggaamverkiesings 2012
  • DBV se gru fonds op Cradock
  • Swemprestasies van leerders
  • DA Middelburg kom sy beloftes na
  • Wolpryse styg effens
  • Karoo Mighty Men Conference Middelburg

To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days