Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Kyknet

KykNET besoek

Gill-skole

SOMERSET-OOS

Op 1 Maart het KykNET die Gill Skole kom besoek om die eerste episode van Uitblinkers (voorheen bekend as ‘Solis vir Christus’) te kom verfilm. Dit is veilig om te s? dat dit ‘n vetpretdag was.

Die eerste opname was in die NG Kerk waar albei skole bymekaargekom het om saam met die orkes te sing. Daarna het Manie Kapp vir ons ‘n orreluitvoering gelewer. Van die kerk af is ons terug klaskamers toe waar daar ‘n paar klasse verfilm en sommige leerders het selfs die kans gehad om bietjie met die kameras te gesels. Daarna is daar opnames van die kampus, die leerlingraad en die Gr.12’s gedoen.

Die dag word afgesluit met ‘n konsert. Sestien items is opgevoer en verfilm. Dit sluit in drama, monolo?, soliste, die Gill-koor en vele meer. Ses soliste het hulle liedjies gesing en die gehoor het daarna tyd gekry om te stem vir hulle gunstelling solis deur ‘n sms te stuur.

Die aand was propvol talent en die keuses was moeilik, maar aan die einde van die aand is twee wenners aangewys. Zaanri Snyman is as die gehoor se wenner aangewys met haar optrede van Pie Jesu en Bongana Kuhle was die vervaardigers se keuse met sy lied “I walk with God.” Ons sien uit daarna om die episode op KykNET Nou te kyk wat in Mei uitgesaai sal word.

DVD’s van die aand kan bestel word teen R150 per DVD by Jomarlé: 078 252 9944. Bestellings sluit 10 Maart.

Baie dankie aan almal wat gehelp het om die dag ekstra spesiaal te maak. ‘n Spesiale woord van dank aan die Gill-leerders (al 128 van julle) vir julle harde werk en fantastiese optredes.

 


Dr Pieter Prinsloo2

Dr Pieter Prinsloo.

Foto: Lourens Schoeman

Dit is van kritieke belang dat veeboere die kern van hulle kuddes in goeie kondisie moet kan hou deur die komende wintermaande, sê Dr Pieter Prinsloo, vise-voorsitter van die nasionale rooivleis produsenteorganisasie (RPO).

Dit is belangrik omdat dit noodsaaklik is dat die veebedryf se kalf- en lampersentasies verhoog moet word om die nasionale kuddes te kan herbou wanneer die knellende droogte uiteindelik gebreek word.

Finansiële hulp aan boere is dus van kritieke belang. “Die RPO was deel van die droogte-taakspan wat Nasionale tesourie onlangs gevra het vir R7,8 miljard in ‘n beste scenario waar ons normale reënval patrone sien van Maart tot Augustus, laat ryp kry in die somer reënval streke en daar geen beperkings op besproeiingsskemas is nie.

“As die veebedryf finansiële hulp ontvang om hierdie uitmergelende droogte te oorleef, sal dit die bedryf twee seisoene neem om te herstel, maar as die veebedryf geen hulp ontvang nie, sal dit die kommersiële sektor vier seisoene neem om te herstel.

“Dit, terwyl die opkomende sektor in so ‘n geval nooit sal herstel nie, want dit is ‘n feit dat hierdie sektor baie meer kwesbaar is as die kommersiële sektor,” het Dr Prinsloo, voormalige voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die RPO in ‘n onderhoud gesê.

Die RPO voorspel ‘n rooivleis prysverhoging van 12-14% vir hierdie jaar weens die skerp daling van die nasionale kudde syfers as gevolg van verhoogde slagtings weens die droogtetoestande, boere tans in ‘n kudde herbou fase is enj minder diere geslag word. Verhoogde uitvoere van keursnitte plaas ook druk op produksie.

Die beweging van die mielieprys na invoer pariteit weens verlaagde oesskatting vir 2016 maak ook vleispryse hoër omdat mielies die basis van voerkraal rantsoene uitmaak vir beeste, skape, varke en hoenders, aldus Prinsloo.

Sommige van die intervensies wat deur die veebedryf voorgestel is vir die heropbou van boere se kuddes sluit in subsidering van die aankoop van voer, en die daarstelling van ‘n subsidie om veeboere weer op hulle voete te kry.

Volgens Prinsloo het Agri SA etlike risikos identifiseer waarmee rekening gehou sal moet word as die landbousektor nie hulp van die regering sou ontvang nie. Dit sluit in voedselsekerheid, inkomste onsekerheid en werksverliese.

“Die erodering van die belastingsbasis, ‘n sosio-ekonomiese afname in landelike gebiede en ‘n drastiese toename rooivleispryse is ook baie groot risikos wat nie uit die oog verloor mag word nie,” het hy gesê.

“Veeproduksie is ‘n fundamentele element van sosio-ekonomiese ontwikkeling en ook ‘n belangrike bydraer tot voedselsekerheid, voedsel onafhanklikheid en inkomste sekuriteit.

“Sewentig persent van landbougrond kan slegs vir vee en wild aangewend word, terwyl die veebedryf 27% tot die verbruiker se kosmandjie bydra. In Suid-Afrika besit 1,2 miljoen huishoudings vee.

“Hiervan behoort 60% aan die kommersiële sektor, terwyl 40% aan die opkomende/bestaansboere behoort,” het Prinsloo gesê en bygevoeg dat die doelstellings van die veebedryf is groei, die skep van werksgeleenthede, landelike ontwikkeling en voedsel en inkomste sekerheid.

Einde

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now