Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

DSCN2912

WAARNEMENDE SKOOLHOOF 

OP AMPER-AFTREE-JARE

SOMERSET-OOS

By haar gesin is sy vrou vir Hennie en Ma vir Franke en Piet.  By die skool is sy nou egter Mevrou of Juffrou,  die Skoolhoof.

Marina Marais neem Sedert Januarie vanjaar  waar as skoolhoof by Gill-Kollge nadat Steven Zietsman die hoofskap te Brandwag, Uitenhage, aanvaar het. Sy erken dat sy maar lugtig was vir die groot taak, maar tog, ná lange kopkrap besluit het om die uitdaging te aanvaar, alhoewel dit haar onkant gevang het hier in haar amper-aftree-jare. Sy sê dat sy en haar span steeds droom van uitnemendheid en glo in dit wat hulle het en dit wat hulle kan doen.  Hulle beoog om dit wat hulle kan doen behoorlik te doen en dit te geniet.  Om getrou te wees in die klein dingetjies en om die waardes soos respek, integriteit, werksetiek, finesse en omgee uit te leef.

Vanaf 1983 tot 1987 het Marina by verskeie geleenthede by Gill-Kollege ingestaan wanneer onderwysers met verlof was. Sedert 1989 is sy permanent op die personeel met hoofsaaklik Afrikaans as vak aangestel. Sy was ook verantwoordelik vir die Debatsvereniging, Redenaarskompetisies en die afrigting van Netbal.  Sedert 1997 is sy ook organiseerder en leidster van die Kringe-toer wat leerders jaarliks na Knysna onderneem. Hierdie leersame, opvoedkundige toere is op haar inisiatief begin nadat Kringe in die Bos, deur Daleen Matthee,  as voorgeskrewe werk behandel is.   Sy is in Julie 2013  as Departements-hoof aangestel.

Hier word ‘n bres vir vroue geslaan aangesien Marina die eerste vroulike skoolhoof is wat nóg aan die stuur van sake by Gill-Kollege was sedert die skool se stigting, 146 jaar gelede, in 1869.

Die slotwoord hier gaan aan Marina in haar eie woorde:  ”Ek word soms oorweldig by die gedagte dat ek DIE GILL nou só moet dien.  My enigste doel en wens is dat ek met waardigheid waar-devolle diens aan Gill sal kan lewer en waarde sal toevoeg in hierdie oorgangstyd aangesien Gill-Kollege dit oor en oor werd is.”SURSUM PRORSUSQUE


Afriforum stig tak 

WILNA DE KLERK

CRADOCK

Stigting van ‘n Afriforum tak vir die dorp het verlede week goed afgeloop.  Daar was groot belangstelling en ‘n goeie opkoms in die Skousaal.

Marnus van Staden, Oos Kaap koordineerder  en Tiaan Esterhuysen, gemeenskaps-ontwikkelaar van Afriforum het verduidelik dat die forum, wat in 2006 gestig is, hom beywer vir Christelike beginsels, A-polities is en die Afrikaner se taal en kultuur ondersteun.  Hy het vertel van die vordering wat reeds gemaak is in verskeie sake en dat plaasmoord as ‘n prioriteitsmisdaad beskou word.  Onwettige grondbesit  sowel as rassekwotas in sport word ook op nasionale vlak aangespreek terwyl munisipale kwessies, omgewingsake en gemeenskapveiligheid ook hoog op hul prioriteitslys is.  Daar is reeds 100 takke landwyd nadat hulle in 2012 begin het om takke dwarsdeur die land te stig.  Hy het klem daarop gelê dat die gemeenskap moet saamstaan om ‘n verskil in hul omgewing te maak.   ‘n Minimum van 50 lede is nodig om ‘n tak in ‘n dorp te stig.

Die sprekers het verduidelik dat ‘n dorp se takbestuur probleme  oor munisipale begrotings, veiligheid en omgewingsake wat in die gemeenskap ondervind word, na die hoofkantoor kan verwys waar dit deur kundiges aangespreek sal word,

Abel Jordaan is as die eerste voorsitter van Cradock Afriforum aangewys met Hendrik van Zyl as onder-voorsitter.  Die ander bestuurslede is : Andrè Pretorius (penningmeester), Adriaan de Lange (sekretaris), Charles Featherstonehaw (addisionale lid met portefeulje munisipale sake), Jaco Swart (veiligheid) en Kobus  Ferreira (omgewingsake).

 

Lees binne:

  • Hofmeyr VLV word benoem as tak van die jaar tydens 81ste Sirkelkonferensie
  • Eastern Cape members walk away with top honours at the SAPS National Service Excellence Awards
  • Gill-Kollege Ma-en Dogteraand
  • CHS neem deel aan Pearson Hokkietoernooi
The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now