Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Juan Wentzel met sy boerbok Heidi
JUAN WENTZEL
JONG OPKOMENDE BOERTJIE
Juan Wentzel van die plaas Groendraai in Adelaide en ‘n leerder van Laerskool Cradock het onlangs aan twee Jeugskoue deelgeneem waarvan een in Tarkastad en die ander in Middelburg was. Hy het by beide skoue weggestap met eerste posisies vir Junior vleisbokke. Verlede jaar het hy aan die Cradock skou deel geneem en tweede plek gewerf. Juan en sy boerbok, “Heidi” werk sy aan sy saam en maak ‘n goeie spannetjie en albei gaan die OP Jeugskou Span verteenwoordig by die “Nationals” in Vryburg, September.

Middelburg Wilhelm Stahl Hospitaal
Wilhelm Stahl Hospitaal
spog met groter
komponent van kliniese
personeel
MIDDELBURG
Vanjaar is dit die eerste keer in die geskiedenis van Middelburg se hospitaal dat daar in 2014 twee kliniese gesondheids-professionele persone per kategorie kliniese personeel aangestel is. Elke jaar word van die geleentheid gebruik gemaak om die kliniese personeel wat hul gemeenskapsjaar, bv van 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014 in die Oos-Kaap department van Gesondheid in Wilhelm Stahl doen, te absorbeer in voltydse poste. Vanjaar het die plaaslike hospitaal as voltydse, permanente kliniese personeel die volgende soos op die foto verskyn: Agter vlnr dr Thilendran Nadasan; mnr Bandela Mgoqi (Apteker); me Adele Knoetze (Fisioterapeut); mev Anneri Rautenbach (Hospitaalbestuurder); mev Rowena Koopman (Arbeidsterapeut); mev Carmen van Zyl (Radiografis). Tesame met bogenoemde personeel, werk die volgende kliniese personeel wat deur Bisho in Wilhelm Stahl Hospitaal geplaas is, vir die jaartydperk (Community Service Health Professionals). Hulle is ook op die foto, Voor vlnr dr Juan Vermeulen; Me Mariska Strydom (Apteker); Me Tamlin Wingrove (Fisioterapeut); Me Marita Mostert (Arbeidsterapeut) en Me Tuliswa Badji.

Jagseisoen in Oos-Kaap Middellande

Ons het al heelwat navrae oor die jagseisoen gekry en by navraag het mnr Francois Froehlich die volgende aan ons verskaf, en ons publiseer graag wat in die Oos-Kaap Middellande gejag mag word. Jagters moet hulself ook vergewis van al die reëls en regulasies. Wat die Middellande betref, (waarin ons koerant versprei word), is die volgende van toepassing:
Koedoe
In die distrikte van:

  • Aberdeen
  • Adelaide
  • Alexandria
  • Bedford
  • Cradock
  • Fort Beaufort
  • Graaff-Reinet
  • Grahamstad
  • Hofmeyr
  • Jansenville
  • Joubertina
  • Kirkwood
  • Paterson
  • Pearston
  • Somerset-Oos
  • Tarkastad
  • Willowmore
Koedoe mag gejag word vanaf 1 Junie tot 31 Augustus 2014 teen een per jagter per dag. Beperkings: Slegs die jag van bulle vir JUNIE alleenlik – geen beperkings vir Julie en Augustus.
Middelburg
In die distrikte van Middelburg, kan koedoe gejag word vanaf 1 Junie tot 31 Augustus 2014 teen 1 koedoe per 500ha per jagseisoen. Beperkings vir die jag van bulle vir JUNIE alleenlik – geen beperkings vir Julie en Augustus. Soos reeds genoem, moet jagters hulle vergewis van die nuwe jagproklamasie, maar bostaande word gepubliseer vir algemene inligting alleenlik en geld net vir ons dorpe in die Oos-Kaap Middellande. U kan op aanvraag afskrifte by ons laat maak van die 2014 Jagproklamasie wat ons ontvang het.

Lees binne:
  • Eskom-rekenings: R2,3 miljard
  • CHS old scholar lives her dream
  • KMMC needs prayer partners for 40-days and other prayer campaigns

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now