Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Boer van die jaar - paneel

JONG boer van die jaar 

WILNA DE KLERK

CRADOCK :

Cradock Distrik Landbou Unie gaan binnekort die distrik se jong boer van die jaar aanwys.  ‘n Komitee is aangestel en alle boere onder die ouderdom van 35 jaar wat aan die kriteria voldoen, kan inskryf.

Volgens die organi-seerders is 20 inskrywings reeds ont-vang en is die keuringspaneel reeds besig met keuring en om punte toe te ken.  Die keurders sal alle betrokke plase besoek en alle kandidate sal onder dieselfde kam geskeer word.

Die name van finaliste sal later bekendgemaak word en die wenner sal by ‘n galageleentheid aangewys word.

Cradock se Jong Boer van die Jaar sal later aan die Oos Kaap Jong Boer van die jaar kompetisie deelneem.

Die borge van die geleentheid is Cradock Saad, John Deere, Toyota, Agrico, K A Animal Nutrition, Landbank, ABC Pumps.

Moordenaars Sit Lewenslank 

WILNA DE KLERK

CRADOCK :

Die drie moordenaars wat in die Hoog-geregshof in Graham-stad skuldig bevind is aan die moord van ‘n bejaarde boervrou van Tarkastad is Vrydag deur ‘n regter in die Hoog-geregshof tot gesament-like gevangenisstraf van 170 jaar gevonnis.

Die saak spruit uit die dood van Aletta (Lettie) Rupping (86) van die plaas Rietpoort in Tarkastad se distrik gedurende Maart 2014.

Rupping, wat alleen op die plaas gewoon het, het die besondere Sondagoggend nog ‘n kerkdiens op Tarkastad bygewoon maar het na die diens nooit op Rietpoort opgedaag nie. Haar liggaam met verskeie skietwonde is die Maandagoggend om 06:00 deur padwerkers in Whittlesea omgewing opgespoor.  Daar het verskeie patroondoppies langs haar op die toneel gelê en haar motor is eers na die voorval op ‘n verlate plek naby Cradock gevind.

Die twee mans en ‘n vrou wat in verband met die moord in hegtenis geneem is, is al drie skuldig bevind op aanklagte van moord, gewapende roof, ont-voering, besit van vuurwapens en die besit van ammunisie.

Die mans, Xolani Frans (44) en Ayanda Frans (33) is elk tot lewenslank vir moord, vyftien jaar vir gewapende roof, tien jaar vir ontvoering en vyf jaar elk vir die besit van wapens en ammunisie gevonnis.  Die vrou, Thandiwe Kondile (29) is tot lewenslank vir moord, vyftien jaar vir gewapen-de roof en tien jaar gevangenisstraf vir ontvoering, gevonnis.

Boere in die  omgewing is oor die algemeen tevrede met die uitspraak van die Hooggeregshof en baie dankbaar vir die polisie se flink optrede om die die beskuldigdes aan die pen te laat ry.  Hulle het egter hul kommer uitgespreek oor opgeleg-de vonnisse wat nie altyd ten volle uitgedien word nie.

Brig. Madoda Zamkana bevelvoerder van die polisie op Cradock het die swaar straf wat opgelê is verwelkom en belowe dat die polisie onder sy aanvoering dag en nag sal werk, indien nodig, om beskuldigdes op te spoor en in hegtenis te neem.

Lees binne:

  • Middelburg – Treine, ‘n vae herinnering
  • Why the past cannot be blamed for Eskom’s woes
  • Fort Beaufort – Fort “Beautiful”
  • Somerset-Oos – Gill-Kollege vier 146ste bestaansjaar
The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now