Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Tam1

Tam verjaar

WILNA DE KLERK

CRADOCK

Cradock Spar het verlede week hul vyfde verjaarsdag herdenk met ‘n gesellige byeenkoms vir kliënte, verskaffers en hul personeel.

Keith Tam, wat die personeel van die winkel bedank het vir hul goeie diens, het ‘n kort opsomming van sy familie se suksesverhaal in Cradock geskets.  Hierdie geskiedenis strek oor ‘n tydperk van 113 jaar en is begin toe sy oupa, Alec Tam, met min kapitaal en baie entoesiasme, ‘n klein winkeltjie begin het op die perseel waar Tams Superspar vandag is.

Toe Alec Tam 41 jaar oud was, het hy in Canton, Sjina met Miriam (Ouma) getrou.  Alec Tam het in 1963 afgetree en die besigheid oorgeneem deur sy seun, Peter wat saam met sy vrou, May, die onderneming opgebou het tot die groot winkel met verskeie onder-afdelings wat dit vandag is.

Gedurende die 1980’s en 1990’s het  hulle twee seuns, Irvin en Keith en hul vrouens Therese en Nan by hulle aangesluit totdat Irvin in 2000 die winkel verlaat het om op sy jagonderneming te konsentreer.  Die winkel behoort deesdae aan Keith Tam maar die hele gesin is nog betrokke op ‘n daaglikse basis.

Cradock Spar het in 2009 deel van die onderneming geword en is nou vyf jaar oud.  Die winkel, wat met ‘n personeel van 50+ begin is, se personeel  het vermeerder tot die nagenoeg 80 werknemers wat vandag daar diens doen.


 

Suid-Afrika ryk aan 

Plaaslike Waterkundiges 

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag in Pretoria 54 CV’s aan die departement van water en sanitasie (DWS) voorgelê en gesê dat Suid-Afrika ryk is aan gekwalifiseerde en ervare wateringenieurs en -spesialiste. Die veldtog volg nadat die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, 35 buitel-andse ingenieurs aangestel het om waterverwante sake in Suid-Afrika te hanteer.

“Die dreigende water-krisis in die land is suiwer die gevolg van politiek. Ons het binne ’n week 54 CV’s ontvang van bekwame Suid-Afrikaanse waterin-genieurs en water-spesialiste wat in die land wil werk en die waterkrisis help oplos. Dit is ongelukkig duidelik dat politieke invloed die land verhinder om te floreer in die bestuur van watergehalte en van vraag en aanbod, sê Julius Kleynhans, AfriForum se Hoof van Omgewingsake.

“Ons waterhulpbron-geriewe gaan agteruit as gevolg van die onbekwaamheid van die huidige waterbestuur, verkrygingsbeleide en regulering. Ons moet gebruik maak van ons eie spesialiste wat ons stelsels ken. Van die kandidate wie se CV’s ons voorgelê het, het meer as 30 jaar ervaring en ’n omvattende publikasierekord. Hulle moet die mentors en leiers vir jong plaaslike ingenieurs wees. Water is so ’n kritieke hulpbron en ons moet dit verantwoordelik bestuur en natuurlike kapitaal in ag neem,” voeg Kleynhans by.

“Die minister het vroeër vanjaar in die sosiale media die teenwoordig-heid van buitelanders in SA se sakegemeenskap afgekeur, nou neem sy die voortou met die skep van geleenthede vir die internasionale gemeen-skap om werk van ons eie gekwalifiseerde professionele persone weg te neem in ’n bedryf wat volhoubaar bestuur en bedryf moet word,” sê Kleynhans.

Die DWS sal miljoene bespaar indien dit bekwame personeel in diens neem deur middel van proaktiewe bestuur, tydige uitbreiding en beplanning verseker, infrastruktuur in stand hou, behoorlike finansiële bestuur verseker, en so die gesondheid van mense en die ekostelsel bevorder.


AFRIFORUM

CRADOCK

Die goeie nuus dat Afriforum van plan is om ‘n tak op die dorp te kom stig, Is die afgelope week ontvang.  Die stigtings-vergadering sal op 12 Maart om 17:30 in die Skousaal plaasvind en alle belangstellendes word genooi om teen-woordig te wees.

Van die krisisse wat Afriforum al in ge-meenskappe aange-spreek het, sluit in rioolverwydering, inligting oor plaasmoorde, skaliegas ontginning en buitensporige tariewe wat onder meer vir water en elektrisiteit gehef word.

Die plaaslike Sakeforum is nog steeds besig met hul onderhandelings met Chris Hani Distriks-munisipaliteit oor die verhogings vir water en riolering wat beplan word en as ‘n plaaslike tak van Afriforum hul hande kan sterk, sal dit tot voordeel van alle belastingbetalers wees.

Sake soos die voorgestelde naamsver-andering vir Cradock (Kradokwe) en Middel-burg (Metele) asook die herindeling van Cradock se kieserswyke  sal ook met behulp van Afriforum beter beveg kan word.

Marnus van Staden, Afriforum se Oos Kaap koordineerder, sal as spreker optree.  Alle belangstellendes word genooi om die geleentheid by te woon.

POLISIE WAARSKU

TEEN INBRAAK

EN DIEFSTAL

CRADOCK

Huisbrake in Cradock en omgewing kom nog voor en wat ‘n mens bekommer is dat woonbuurtes soos Michausdal en Lingelihle ook onder diewe en inbrekers deurloop. Die polisie rig weer ‘n versoek aan inwoners om die nodige voorsorgmaatreels te tref om te voorkom dat daar by hulle eiendom ingebreek word.

Inwoners word weer gemaan om asseblief nie deure ongesluit te laat nie en om toe te sien dat alle hekke ten alle tye gesluit is. Vir inwoners wat nie oor diefwering of ‘n alarmstelsel in wonings beskik nie, is die boodskap, maak sonder versuim voorsiening daarvoor of jy kan groot skade lei. Dit klink of mense nog onnodig herinner word om hulle bure in te lig wanneer hulle vir ‘n rukkie iewers heen vertrek, maar dit gebeur nog dat daar by wonings ingebreek word wanneer die eienaars weg is en dan weet die bure nie eens hulle is weg nie.

Wees ook versigtig wanneer mense by huise aanklop en sê hulle is verwant aan die huishulp of tuinhulp en hulle kan nie die doel van hulle teenwoordigheid verdui-delik nie. Raak so vinning as moontlik ontslae van sulke mense aangesien hulle moontlik van plan is om ‘n misdaad te pleeg.

Lees binne:

  • Eastern Cape Fire Fighters getting ready for the upcoming fire season
  • Suksesvolle veertiende Tjaart Vorster Toernooi het plaasgevind
  • Eskom – die feite. Die verlede kan nie blameer word nie
The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now