Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Die Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees beloof om die jaar ‘n ikoonbelaaide geleentheid te wees met gewilde sterre soos Steve Hofmeyr, Zahara, Theuns Jordaan en Professor. Die is slegs ‘n paar van die groot name wat die verhoog in Somerset-Oos gaan volstaan. Twintig eg Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan die Karoo aan die brand sing met hul vertonings, en sal die 22ste Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees op 13 en 14 Julie 2012 ‘n fees maak wat nie misgeloop kan word nie.Steve Hofmeyr, ‘n veteraan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en een van die grootste name in die Afrikaanse musiekindustrie, sal na ‘n lang afwesigheid weer sy verskyning by die Fees maak. Nog ‘n hoogtepunt is SAMA-wenner Zahara wat die gehoor gaan vermaak met haar kitaar. Sy het Suid-Afrika behoorlik op horings geneem met haar debuutalbum “Loliwe” waarvan ‘n verstommende 100 000 eksemplare binne die eerste 19 dae van die rakke gevlieg het. Ander bekende name wat ook by die fees gesien gaan word en optree is – Theuns Jordaan, Elvis Blue en orkes, Professor, Wicus van der Merwe, Arno Jordaan, Robbie Wessels, Flooze, Emo Adams, Jamali, Denzil Africa, Zandre, Andries Ver-meulen, Henk Grimsell en nog meer.Die Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees is egter meer as net pret en plesier, dit is ‘n trots Suid-Afrikaanse inisiatief. Die Fees word ook gebruik as ‘n middel om ‘n helpende hand aan die minderbevoorregte mense van die gemeenskap uit te reik. Oor die afgelope sewe jaar is die winste van die Fees se gewilde biertent, wat deur die Somerset-Oos Round Table behartig word, aan verskeie organisasies wat minderbevoorregtes help, geskenk. Tans is daar al meer as R175 000 geskenk.

Die jaar se spyskaart spog met meer as 200 stalletjies wat wissel van biltong van elke kleur en geur, ‘n groot verskeidenheid toestelle, klere en eetgoed vir die smulpape. Feesgangers kan ook uitsien na uitstekende vertonings deur onder andere Elvis Blue, Jamali, Emo Adams, Robbie Wessels en nog vele meer. Die topgehalte vermaaklikheidsprogram en aktiwiteite by die jaar se Castle Lager Oos-Kaapse Bil-tongfees waarborg om jou Karoo winter te laat vlam vat.

Vir meer inligting oor die 22ste Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees, besoek gerus www.eastcapebiltongfestival.co.za / Volg ons op Facebook (www.facebook.com/BiltongFestival) en op Twitter (www.twitter.com/BiltongFestival) of kontak Marette Liddell by 042 – 243 1333.

Die mediabekendstelling van die 22ste Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees, wat op 13 en 14 Julie op Somerset-Oos gaan plaasvind, is verlede Vrydag in Port Elizabeth gehou. Teenwoordig by die bekendstelling wat deur al die dagblaaie en radiostasies bygewoon het, was van links Marrette Liddell (feeskoördineerder), Riaan van Jaarsveld (SAB – Castle Lager), Johan Steyn (SAB – Castle Lager), me Marjorie Scott (burgemeester) en Sarina Engelbrecht van die bemarkingsagentskap Design@Bay.

S A Kampioen Duiwe

op Cradock

CRADOCK
Suid Afrika se bestes is die naweek op die dorp aangewys tydens die S A Nasionale Duiweskou. ‘n Totaal van 525 duiwe van die land se voorste telers het meegeding.Duiweboere van Oos Londen het skoonskip gemaak en met al die groot pryse weggestap. Hulle is die pa en seuns kombinasie van Peter en Lex Webster van Webster Lofts in Oos-Londen wat die grootkampioen wyfie, wat ook uiteindelik as die grootkampioen voël van die skou aangewys is, vertoon het en mnr. Tinus Marais, ook van Oos- Londen wat die beste mannetjie duif vertoon het. Die grootkampioen van die skou wat die meeste punte ingesamel het, was mnr. Chris Jacobs ook van Oos-Londen wat die wisseltrofee verower het. Die skou is geborg deur Medped en word as een van die groter Suid Afrikaanse skoue wat in ‘n lang tyd plaasgevind het, beskou. Beoordelaars vanaf Kaapstad, Bloemfontein, Jeffreysbaai en Kroonstad was gelas om die bestes aan te wys.
Die wenners Tinus Marais, en Lex en Peter Webster


CLEAN-UP OPERATION OF NXUBA MUNICIPALTY

ADELAIDE
At a special council meeting of NXUBA, dated 11 April 2012 the council received a report on allegations of misconduct against several officials of Nxuba. Several people were suspended for further investigation. The names of the officials could not be published, because it’s still ‘sub judice’. The investigation report will be submitted at the next Ordinary Council meeting to be held on 23 May 2012. The new acting Municipal Manager, Mr S Caga and his council has a ZERO TOLERANCE for any misconduct or corruption in NXUBA Municipality. It is a new breakthrough for Adelaide and Bedford.

A Mother’s Love

There are times when only a Mother’s love
Can understand our tears,
Can soothe our disappoints
And calm all of our fears.
There are times when only a Mother’s love
Can share the joy we feel
When something we’ve dreamed about
Quite suddenly is real.
There are times when only a Mother’s faith
Can help us on life’s way
And inspire in us the confidence
We need from day to day.
For a Mother’s heart and a Mother’s faith
And a Mother’s steadfast love
Were fashioned by the Angels
And sent from God above.
Author Unknown

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Adelaide get it’s own Traffic Testing Station
  • Middelburg in Rapport Town of the Year Competition
  • Obituary – Roy Painter of Fort Beaufort
  • Diamant Reünie by Gill-Kollege
  • Nkonkobe Municipality still Failing

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days