Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Haelstorm in Mei?

CRADOCK

‘n Haelstorm wat die Karoo in ‘n Europese Kersfeestoneel omskep het, het Maandagmiddag oor dele van die distrik getrek. Skade is aan geboue en gesaaides aangerig en pasgebore lammers kon nie die geweld van die storm oorleef nie.Volgens mnr. PW Michau van Bergplaas is boere dit eens dat hulle hierdie tyd van die jaar nog nooit van so ‘n storm gehoor het nie. Hy sê alhoewel die haelkorrels gelukkig nie groter as albasters was nie, het dit uiteindelik ongeveer 15cm diep gelê en was dit Dinsdag nog op party plekke sigbaar. Michau sê die kern van die storm het oor sy plaas, The Hope, getrek waar ten minste 100 jong lammers deur hael doodgeslaan is.Ongeveer 25% van sy mielies, wat oes gereed was, is ook weggeslaan.“Ek het op ‘n plaas grootgeword en boer al self ‘n geruime tyd, maar het nog nooit gesien dat hael pitte van ryp mieliekoppe kan afslaan nie,” het hy gesê.

Op Vissersdam, van Dirkie en Rosie Visser Boerdery, het ‘n sterk wind gedurende die storm die dak van ‘n skuur gedeeltelik afgewaai en het ‘n muur gekraak en omgewaai. Volgens Visser is hul gesaaides vroeg gestroop en het hulle nie skade op die lande gehad nie.

By Erik Lombard, van Littlefields, waar die hael enkeldiepte gelê het, is skade aan tuine en lusern aangerig. Hy sê sy mielies is gelukkig al ryp en aangesien die haelkorrels nie te groot was nie, is die blare afgestroop maar is die koppe nie beskadig nie.

“Alhoewel my reënmeter toegepak was van die haelkorrels, het ek 60 mm reën gemeet,” het hy gesê.

Verskeie ander boere in die gebied het ook pasgebore lammers verloor.

Hael wat gistermiddag ook dik gelê op die hoofpad na Port Elizabeth het veroorsaak dat ‘n polisievoertuig omgeslaan en nog ‘n privaatmotor 25km van die dorp van die pad af geloop het. Ander motoriste op paaie in die omgewing het tydens die storm onder bome en in skure probeer skuiling soek.

Hael in Mei….Op bostaande foto kan duidelik gesien word hoe dik die hael gelê het in die omgewing van Daggaboersnek.

R6,4 miljoen Ontwikkeling

by Cradock se Markplein

CRADOCK
‘n Splinternuwe ontwikkeling van 1000m2 (duisend vierkantemeter), verrys tans teen ‘n geraamde R6,4 miljoen op Cradock se markplein. Die ontwikkeling sluit aan by dié van die Spar-winkelkompleks wat in 1999 opgerig is. Met die ontwikkeling gaan die naam van sentrum ook verander na –KAROO GARDEN CENTRE. Dit sal in ‘n mate ‘n vorm van erkenning aan die destydse Karoo Tuine gee wat vroeër jare hier was.Die bouproses vir die nuwe ontwikkeling sal na verwagting teen einde September voltooi word. Daar sal plek vir vier winkels, kantore en ‘n restaurant wees. Die ontwikkelaars soek dringend na ‘n eienaar vir die restaurant. Belangstellendes kan gerus met Hein Steenkamp, mede-eienaar, in verbinding tree by 082 7705 992.Die belangrikste faktor is egter dat die ontwikkelaars beplan vir ‘n ruim ingang wat sal lei na ‘n portaal rondom die gedenknaald ter ere van plaaslike soldate wat onderskeidelik in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog en die Grensoorlog gesterf het. Een van hulle was die bekende Manny Faulds, aan wie die Victoria Kruis vir dapperheid in 1916 toegeken is. Plek sal ook gemaak word vir die gedenkteken wat in 1938 opgerig is ter herdenking van die Groot Trek van 1838. Die lugafweerkanon uit die Tweede Wêreldoorlog wat langs die gedenknaald gestaan het, is die eiendom van die Port Elizabeth-kommando en sal aan hulle terugbesorg word.Volgens mnr. Hein Steenkamp, sal die straat tussen die nuwe gebou en die geskiedkundige NG Moederkerk ook opgegradeer word vir ekstra parkering en toegang. Vanaf hierdié straat sal daar ook direkte toegang tot die restaurant wees. Die restauranteienaar het die geleentheid , om teen geen ekstra koste ,die binnehof rondom monument , te gebruik vir tafels en stoele as deel van sy bedieningsarea.

Die doel van die sentrumuitbreiding is om ‘n leefstylsentrum te skep , waar toerisme , besigheidsverteenwoordigers , sportmanne en breë publiek , binne een omgewing sy basiese benodighede met kruideniersware , mediesebenodighede, sportbenodighede , vleis en drank , selfoon- en rekenaartoerusting asook eiendomsagentskapsdienste kan geniet. Ook is daar n ontbyt restaurant en n nasionale geskenkwinkel . Om die balans van die sentrum reg te kry , is dit vir die ontwikkelaar baie belangrik om n middag/aand restaurant ook te akkommodeer. Die ontwikkelaar is bereid om die restaurantarea spesifiek vir n belangstellende volgens spesifikasie te bou en af te rond. Tyd loop egter uit en ‘n belangstellende kandidaat moet so gou moontlik die ontwikkellaar kontak.

Alle aanbouings en verbeterings asook die reëlings met betrekking tot die monumente is deur Inxuba Yetemba Munisipaliteit goedgekeur. Die ontwikkelaars is al vir 2 jaar besig met beplanning en magtigings om die projek met integriteit en deursigtigheid te voltooi. Alle prosedures is met profesionaliteit hanteer en is top profesionele mense gebruik. Die Cradock publiek kan gerus wees dat n kwaliteit produk gelewer sal word wat die belange van die gemeenskap op die hart sal dra.

‘n Argiteksvoorstelling van hoe die ontwikkeling wat bekend sal staan as “Karoo Garden Centre” gaan lyk as die projek afgehandel is.


VONDS VAN VERMINKTE LYK

LAAT POLISIE OP FORT BEAUFORT KOPKRAP
FORT BEAUFORT
Polisie en speurders hier krap kop nadat die lyk van ‘n vrou Dinsdag in ‘n sloot naby ‘n dam in die Magaleni woonbuurt gevind is. Kinders wat in die omgewing gespeel het, het gister omstreeks 13:45 die gruvonds gemaak.Luidens ao Bradley Rawlinson is die vrou in haar vroeë vyftigs. Sy was slegs in ‘n rompie en ‘n skoen aan haar een voet geklee. Van die oorledene se liggaamsdele is verwyder en haar kopgedeelte is onherkenbaar vermink. Die polisie vermoed dat die misdaad die vorige nag gepleeg is aangesien die liggaam nog geen tekens van ontbinding getoon het nie. Die oorledene se identiteit kon nog nie deur die polisie vasgestel word nie.

ANTHONY VENTER


Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Eden Agri Supports Emerging Farmers
  • Traffic halted between Fort Beaufort and Alice
  • Kry poffadder op agterstoep
  • Dohne Merinos donated to Grootfontein
  • The four seasons of Asthma
  • Organic Waste opening an can of worms
  • Wolmark effens verswak

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days