Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

May 2, 2012

 

Rowers met outomatiese
masjiengewere slaan op
De Freitas Spar toe
SOMERSET-OOS
Die gemeenskap van Somerset-Oos is Maandagoggend weer tot stilstand geruk deur ‘n waaghalsige rooftog op De Freitas Spar hier. Die rowers, na beraming 7 van hulle, het doodluiters net na 09h00 die oggend buite en binne Spar stelling ingeneem. Toe die plaaslike sekuriteitsfirma BG Sekuriteit die langnaweek se kontant by Spar gaan kollekteer om na die bank te neem het hulle toegeslaan. Die rowers, almal gewapen met outomatiese masjiengewere het een van die sekuriteitswagte binne Spar oorrompel, waarna ‘n gestoei in die winkel ontstaan het. Die gestoei vir die geldtrommel het na buite beweeg waarna die ander rowers tot die geveg toegetree het. ‘n Wilde skietgeveg het hiernaa gevolg tussen die sekuriteitsfirma se lede en die bende rowers. Die rowers het al skietende na hul wegkomvoertuig, wat voor Tops parkeer was, beweeg en al skietende met skreeuende bande weggejaag. Hulle het doodluiters nog ‘n makker van hulle op ‘n straathoek opgetel en met die trommel swaar verdiende geld van Spar op die vlug geslaan. Hulle voertuig is later deur die SAPD by die Ondersmoordriftafdraai gevind, waar hulle na bewering met ‘n ander voertuig verder is. Na verneem word is bloed binne die motor gevind wat aandui dat een van die rowers gewond is. Volgens die Polisie is die voertuig wat gevind is vroeër die maand in PE gesteel. Geen arrestasies is tot en met ons ter perse gaan gemaak nie en leidrade word opgevolg. Die georganiseerde mis-daadeenheid van PE is nou in beheer van die ondersoek. Volgens die SAPD is altesaam 88 skote in die roofproses afgevuur. Na die rooftog het die dorp se hoofstraat omtrent na ‘n oorlogsone gelyk met patroondoppies wat die hele straat voor Spar besaai gelê het. Omstanders moes vinnig skuiling soek. Oral is motors getref. Dit is net ‘n wonderwerk dat daar nie ernstige of noodlottige skietwonde opgedoen is nie. Almal wat op daardie tyd van die oggend in die omgewing van Spar was, het sy eie storie om te vertel. Daar was geen genade getoon deur die booswigte nie. Hulle het ook geen respek vir eiendom nie en ons platteland is geensins uitgesluit nie. Ons moet maar baie versigtig wees daarbuite. Gerugte doen oral die rondte, maar ons hoop en bid net dat die persone wat verbonde was vasgetrek sal word, want hulle gaan weer toeslaan. Intussen dank ons net die Here vir wonderwerke wat gebeur het met talle omstanders. Dit is die 5de keer dat De Freitas Spar deur gewapende rowers beroof is en ons harte gaan uit na die De Freitas-familie wat al hierdie aanslae moet verwerk. Dit kan nie maklik wees nie! Baie vrae word ook nou gevra, soos waarom die SAPD so lank gevat het om op die toneel te verskyn en al die paaie uit die dorp nie versper was nie en hoekom Kookhuis se SAPD nie die Kookhuis- en Longhope paaie blokkeer het nie?

Koekie de Villiers wen SA Grootkampioen

Vyfgangkampioenskap in Bloemfontein

CRADOCK
Die S A Kampioenskappe vir Saalperde vanaf 24-28 April vanjaar te Bloemfontein gehou.Dit is die grootste opelug Saalperdskou in die wêreld met 987 perde ingeskryf en is ook die grootste Saalperdskou in die Suidelike Halfrond.Koekie de Villiers van die plaas Penfields by Mortimer in Cradock-distrik het vanjaar die heel belangrikste kampioenskap gewen wat die S A Grootkampioen Vyfgangkampioenskap is. Sy het dit reeds 5 keer voor-heen gewen en het dit vanjaar vir die 6de keer gewen wat dit ‘n nuwe S A rekord maak. Sy het ook self die perd, “War Survivor”, van mev Karen van Graan van Port Elizabeth, afgerig en ook geskou. Sy het ook die vorige wenners self afgerig.De Villiers is ‘n teler en afrigter van Saalperde en het ook ‘n toekenning ontvang in die afdeling “teler van kampioene”.Hierdie berekening word jaarliks gebaseer op die deelname van alle perde op Bloemfontein en die telers met die beste prestasies kry hierdie toekennings. Haar stoet was vanjaar tweede en as in ag geneem word dat sy nie die meeste merries het in vergelyking met die ander deelnemers nie, maak dit die sukses ratio uitstekend. Heelwat van perde deur haar stoet geteel het dan ook weer vanjaar op die S A Kampioenskappe gewen in hulle afdelings. Daar is ook reeds heelwat perde uit hierdie stoet uitgevoer na Amerika
Koekie de Villiers op die perd “War Survivor” waarmee sy die afgelope naweek die heel belangrikste kampioenskap tydens die Bloemfontein Skou gewen het, naamlik die S A Grootkampioen Vyfgangkampioenskap. Sy het dit reeds 5 keer voorheen gewen en het dit vanjaar vir die 6de keer gewen wat dit ‘n nuwe S A rekord maak.


SA Kampioenduiwe op Cradock

hierdie Naweek
CRADOCK
Soveel as 600 van die land se beste vliegduiwe ding die naweek hier mee om die onderskeie Suid Afrikaanse kampioenskapstitels.Volgens mnr. Jackie Vertue, voorsitter van Cradock se duiweklub is hulle in hul noppies oor die groot aantal inskrywings wat ontvang is. Hy sê omdat daar soveel duiwe gaan meeding was hulle genoodsaak om die dienste van ses beoordelaars vanaf die Transvaal, Vrystaat en twee van Jeffreysbaai in te span om hierdie belangrike taak te verrig.Die skou word gereël en aangebied deur die Cradock Duiweklub en vind Saterdag in die saal van Cradock Voorbereidende skool plaas. Beoordeling sal Sater-dagoggend gedoen word en belangstellendes kan die duiwe vanaf 14:00 kom besigtig.

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Boer wen eis van R100 000 teen polisie
  • Save A Pet Somerset East scaling down drastically
  • Music Festival in Bedford a real feast this weekend
  • Reuse kruis op Pearston R63 roete dra Blye Boodskap
  • Half of EC Municipalities have vacancies for Senior Managers

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days