Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Nxuba Municipality

non-appearance at

Budget Meeting

As usual the Nxuba Municipality, has come up with their usual TOTAL disregard for the ratepayers interests and concerns. Last Thursday the 10th May 2012 on a meeting advertised later than the prescribed time period allowed for such notice, some of us arrived before the published time of 10.00am to find no one present. By 10.10am Councillor Auld put in an appearance, by 10.14am Councillor Lombard showed his face. There were NO printed copies of the IDP Budget available. NO Mayor/Speaker to be seen and at 11.00am the meeting was called off!. This is not the first time, last year we called off 3 IDP meetings for non-appearance of management staff from the Municipality together with NO printed copies of the IDP Budget. What a pathetic show. As Chairman of the Ratepayers Association, I also wish to make public the ongoing water problems in Bedford – large Areas of the Townships without water for at least 4weeks plus, and after repeated requests to Amathole District Municipality to meet with us to discuss the problems, and after numerous promises over the last 3 years.Finally I am a co-owner of a house in Bedford. This house caught alight on Tuesday evening 15th May, at 5:10 pm. The Fire Engine/Bakkie was phoned, and was not answered. The Adelaide police were asked to find the people concerned so that they could attend to the fire – the fire crowd eventually arrived at 9.15pm, by which time the fire had been contained – thanks in the main to Mr. Jan Gouws and his assistant from the Electricity Department in Bedford. – WELL DONE

Oorweldigende steun vir

Melkprodusente-Organisasie

Bykans 80% van alle melkprodusente in die land het reeds hul goedkeuring verleen vir die Melkprodusente-Organisasie (MPO) se eerste ledegeldeverhoging in 19 jaar. Die MPO beplan om die huidige vrywillige ledegeld van 0,4 sent per liter op aanbeveling van die MPO-direksie vanaf 1 Julie te verhoog na 0,5 sent per liter. Dit sal die MPO in staat stel om sy dienste voort te sit en verder te verbeter.Die huidige ledegeld is in 1992 deur die destydse Melkraad as ’n heffing aangekondig en is reeds sedert 1 Januarie 1993 van krag. Die MPO het sedertdien ’n omvattende reeks dienste vir sy lede ontwikkel en het ’n bewese rekord as Suid-Afrika se voorste produsente-organisasie.As ’n dinamiese organisasie streef die MPO daarna om sy dienste by die veranderende behoeftes van die moderne melkprodusent aan te pas. Só is daar byvoorbeeld ’n groeiende behoefte dat die MPO die leemtes aanvul wat gelaat word deur gebrekkige ondersteuning en dienslewering deur die staat. ’n Voorbeeld hiervan is die bestuur van invoere, wat daartoe gelei het dat onwettige en substandaard suiwelinvoere grootliks beperk is.Mnr Dèan Kleynhans, voorsitter van die MPO, sê die feit dat melkprodusente onder moeilike ekonomiese toestande ingestem het tot verhoogde ledegeld is ’n klinkklare bewys van die vertroue wat produsente daarin stel dat die MPO se bestaande en beplande dienste ’n aansienlike bydrae lewer om volhoubare produksie van hoë gehalte melk te verseker.


Gemeentefees

van NG KerkMoedergemeente
22 Mei 2012
CRADOCK
Van vroegoggend was alles in rep en roer op die Cradock skouterrein. Terwyl groot vragmotors troppe vee inbring en aflaai vir die veeveiling, het die gemeentelede gewerskaf om boereworsrolle, pannekoek, tee, koffie, koeldrank, ens. gereed te kry vir verkope.Die middag het die groot pret begin met boeresport, toutrek en “touch rugby”. Die genotvolle dag is afgesluit met ‘n Steakaand in die skousaal.Daar was krale en krale vol beeste en skape wat opgeveil is tydens die jaarlikse elite vetveeveiling van die NG Moederkerk in samewerking met Hobson & Co wat Dinsdag op Cradock gehou is.

OUMA ELLEN PIETERSEN WORD 100 ….

en werk steeds!
SOMERSET-OOS
Sy het haar ouers waardeer en gerespekteer, en nooit gedrink of gerook nie. Dit is Ouma Ellen Pietersen, wat Sondag 27 Mei 100 jaar oud word, se geheim. Sy het vandeesweek aan Die Budget gesê haar grootste ervaring was toe die Televisie in 1976 in Suid Afrika sy verskyning gemaak het.

Werk

Sy bring die meeste van haar dagtyd deur in haar stoeltjie in die TV kamer, waar sy ‘n ogie hou oor haar kinders wat in die straat voor die huis in Proteastraat, met hulle maatjies speel. “dit is my werk”, sê sy en praat hartseer oor die euwels in die wêreld wat vir kinders soveel gevare inhou. En sy spaar steeds vir daardie gemakstoel wat haar al jare ontwyk!

Hoogtepunt

“Vandag help dit my om in kontak met veranderinge te bly, maar ook om die leë ure te vul”, het sy gesê. Die inwoner van Somerset-Oos, wat aan die buitewyke van die dorp in Waterford opgegroei het, sê haar hoogtepunt was toe sy in haar volwasse jare dorp toe getrek het.

Uitdaging

Om haar vyf broers en susters groot te maak na hulle ouers se vroeë afsterwe, was vir Ouma die grootste uitdaging. Een suster en een broer leef nog.

Blydskap

Ouma Ellen se grootste blydskap deur die jare het gekom wanneer n nuwe kleinkind of agterkleinkind gebore is. Sy het self 9 kinders, 29 kleinkinders en 23 agterkleinkinders.

Hartseer

Wat haar hartseer maak is wanneer die kinders van ver kom kuier en weer moet weggaan om te gaan werk, sê sy.

Boodskap

Ouma Ellen se boodskap aan die jeug, is as volg; Respekteer en waardeer julle ouers, en onthou dat drank en rook ‘n hoë prys van jou liggaam eis. Ouma het onder andere die koms van motors (1913), die eerste radiouitsending en die koms van die stofsuier, ketel, yskas en gevriesde kos in 1920 beleef.

Daarna was dit nylonsykouse in 1935, die tweede wêreldoorlog, die eerste nieroorplanting (1954) en hartoorplanting (1967). ‘n Verjaarsdagpartytjie word Saterdag op die dorp by die Jeugsentrum gehou

Die familie bedank graag die bestuur van SPAR vir die R100 donasie, en die Somerset-Oos Munisipaliteit vir hul bydrae.

Ouma Ellen word 100!

Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Good news for Heritage buildings in Fort Beaufort
  • Die NG Gemeente Glen Lynden hou basaar en dankdiens
  • Bedford Proposed Annual Arts and Crafts Ramble
  • Reuse Kruis op Pearston se R63-route dra Blye Boodskap
  • Jean Louw, Top Veeartsenystudent in Land vir 2012-05-23
  • Bookings open for Addo Birding weekend
  • Bekende Apteker oorlede in Cradock

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
To receive an online copy of this newspaper please complete the form below to receive a subscription advice.

Order Form
  1. (required)
  2. (valid email required)
  3. (required)
  4. (required)
 

cforms contact form by delicious:days