Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Mnr. en Mej. CHS CRADOCK

 

CHS

Mnr en Mej CHS CRADOCK

CAPTION: Op bostaande foto is agter van links Ruan Stroebel (2de Prins), Anniëla Saptoe (2de Prinses), Zanèl Mulder (1ste Prinses) en Hannes Labuschagne (1ste Prins) met Karla Taljaard, Mej. CHS 2012, en Paul Janse van Vuuren, Mnr. CHS 2012, voor.


Paul Janse van Vuuren en Karla Taljaard is verlede Vrydagaand onder streng mededinging as Hoërskool Cradock se Mnr. en Mej CHS vir 2012 aangewys. Zanèl Mulder en Anniëla Saptoe is die eerste en tweede prin-sesse terwyl Ruan Stroebel en Hannes Labuschagne onderskeidelik eerste en tweede prinse was.
Mauritz Kruger en Mara Roux is as vanjaar se Mnr. en Mej. Persoonlikheid aangewys.
Die kroning van Mnr en Mej CHS, wat vanjaar in die Cradock Laerskoolsaal plaasgevind het, was soos gewoonlik ‘n klinkende sukses met 24 van die skool se bestes wat deur die leerlinge self vir die kompetisie gekies is. Die 24 deelnemers het baie hard gewerk en daar is ure gespandeer om hulle tuis te laat voel op die loopplank. Die deelnemers het die aand geopen met ’n dans wat deur mev. Angelique Steenkamp afgerig is. Sy het ook die res van die finaliste se afrigting behartig.
Vanjaar se tema was “Moulin Rouge” en, soos gewoonlik, is die spanning tussen optredes van die deelnemers aansienlik verlig deur verskeie dansnommers deur die leerlinge van Renèe Ferreira se dansskool.
Die moeilike taak om die uiteindelike wenners aan te wys, het vanjaar op die skouers van Jack Adam, ‘n voormalige Mnr CHS, Yolande Marais en Jackie Jordaan geval. Mev. Louisa Pretorius van Theron du Plessis het die kroning waargeneem.


Beroep op Wolboere om teen

Slenkdalkoors in te Ent

Cape Wools het ’n dringende beroep op wolboere gedoen om hul skape betyds teen slenkdalkoors in te ent, veral omdat die siekte geneig is om tydens hoë reënvalseisoene in laat somer tot herfs (Februarie tot Maart) voor te kom.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het in Desember verlede jaar reeds gewaarsku dat ’n nuwe uitbreking moontlik is omdat La Niña-toestande oor Suid-Afrika van Desember tot Februarie moontlik hoër as normale reënval kan veroorsaak, wat ’n toename in muskiete tot gevolg kan hê. Die slenkdalvirus word deur besmette muskiete na diere versprei.

Mnr. Louis de Beer, bestuurder van Cape Wools, sê boere word aanbeveel om die Kloon 13-entstof te gebruik. Voorlopige resultate van proewe wat in same-werking met Onderstepoort, die Universiteit van Pretoria, die Nasionale Wolkwekersvereniging en ’n private veearts gedoen is om die doeltreffendheid van entstowwe te toets, toon dat Kloon 13 baie doeltreffend is om die produksie van teenliggaampies in die diere te stimuleer.

Kloon 13 word ook deur dr. Bob Swanepoel, ’n wêreldkenner op die gebied van hemorragiese virusse, onderskryf.
Diere moet verkieslik reeds vroeg in die somer geënt word om die siekte te voorkom. Jong diere kan met veiligheid vanaf die ouderdom van twee maande geënt word, mits hul moeders nie geënt was nie, in welke geval inenting op ses maande moet plaasvind.
Kloon 13 is ook veilig vir gebruik in dragtige diere. Jaarlikse inenting word aanbeveel.

Produsente moet kennis neem dat enige entstof kan faal weens verskeie redes, waaronder die verkeerde gebruik daarvan. Die koueketting moet byvoorbeeld nie verbreek word nie, terwyl die instruksies ook noukeurig gevolg moet word.